SA-nuus616 Videos

’n Blik op Mike Bolhuis
0
01:40

’n Blik op Mike Bolhuis

Maroela Media het die private speurder Mike Bolhuis gevra wat die boodskap is wat hy hoop mense neem uit die nuwe televisiereeks Bolhuis wat handel oor die sake wat hy en sy span speurders ondersoek. Die reeks vertoon tans op kykNET-kanaal 144 op Woensdagaande om 20:00. Kyk die video om te hoor wat hy hierop antwoord. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/n-blik-op-mike-bolhuis/
Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet
0
01:57

Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet

Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.
Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval
0
01:00

Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval

Die restaurantgroep Spur het Donderdag ʼn gedeelte van kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het, aan die media beskikbaar gestel.
Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek
0
02:32

Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek

Terwyl staatsverval ongekende vlakke in Vanderbijlpark bereik het, het die plaaslike AfriForum-tak hul #VegEnBou-week gehou waar daar onder meer slaggate herstel en parke skoongemaak is. Volgens Jan Labuschagne, die plaaslike takvoorsitter, lewer die plaaslike munisipaliteit nie die nodige dienste nie. “Ons het ons gemeenskap en lede baie nodig om ’n verskil in Vanderbijlpark te maak. […]
Forum Nuus: Nuwe veiligheidsentrum help buurtwagte, SAPD en ander rolspelers om misdaad hok te slaan
0
03:04

Forum Nuus: Nuwe veiligheidsentrum help buurtwagte, SAPD en ander rolspelers om misdaad hok te slaan

AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum vir die sentraalstreek is gisteraand amptelik in Bloemfontein geopen en gaan AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal bedien. Hierdie sentrum beskik oor ’n beheerkamer wat 24 uur per dag beman word, opleidingsgeriewe om buurtwaglede met kennis en vaardighede toe te rus, asook ’n traumakamer, wat aan slagoffers van geweldsmisdaad ’n onmiddellike […]
Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024
0
04:32

Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024

AfriForum en StratCol het gister MSW Ondersteuningsdienste (Edms.) Bpk. in Durbanville bekendgestel aan verskeie maatskappye sonder winsoormerk (MSW’s). MSW Ondersteuningsdienste het ten doel om MSW’s te help deur AfriForum en Stratcol se goed gestruktureerde en suksesvolle model beskikbaar te stel sodat hierdie organisasies in staat sal wees om aan die behoeftes te voldoen van die […]
Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023
0
02:52

Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023

Die AfriForum-traumaeenheid se Hardloop vir Hoop is die afgelope naweek in Stellenbosch by die Vredenheim-wynplaas gehou. Meer as 200 mense het aan die 5 km- en 10 km-wedlope deelgeneem. Stalletjies en musiek het ’n heerlike atmosfeer geskep vir die gesinne wat daar was. Fondse wat ingesamel is, sal ten bate van die traumaeenheid se slagofferfonds […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum en Saai skenk skoffelploeg aan Gung’s Boerdry 02-06-2023

AfriForum en Saai het as deel van die organisasies se gesamentlike boerderyprojekte ’n skoffelploeg aan Gung’s Boerdry geskenk. Husqvarna het opleiding aan Cynthia Sekgobela, stigter van Gung’s Boerdry en ’n lid van Saai, en haar werker gegee sodat hulle dié skoffelploeg doeltreffend kan aanwend. Hierdie skenking gaan hulle help om hul produktiwiteit te verhoog aangesien […]
Forum Nuus: (Orania deel 1) Dromers, doeners en bouers 17-11-2022
0
09:33

Forum Nuus: (Orania deel 1) Dromers, doeners en bouers 17-11-2022

Al hoe meer mense leef die Orania-droom van Afrikaner vryheid en onafhanklikheid uit. Ontwikkelings en die uitsit van erwe het die afgelope paar jaar drasties toegeneem met waglyste vir mense wat hul in Orania wil vestig. Die ideaal om van dorp na stad met uiteindelik sowat 10 000 inwoners te groei, gaan waarskynlik baie vinniger […]
Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22
0
03:15

Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22

Nege studente van regoor die land het vanjaar aan AfriForum se jaarlikse internskap deelgeneem. Die interns het aan heelwat aktiwiteite en sessies deelgeneem om meer oor die werksaamhede van die organisasie te leer. Hulle was dit eens dat hierdie ’n baie leersame week was wat hulle toegerus het met verskeie vaardighede. “Indien jy belangstel in […]
Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan
0
05:19

Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan

“Een van die redes waarom ek as ’n buurtwaglid aangesluit het, is omdat AfriForum Gemeenskapsveiligheid vir jou ’n baie groot infrastruktuur, gevestigde netwerke, goeie toerusting en fantastiese opleidingsgeleenthede, soos dié kamp, kan bied,” sê Nelis van Rensburg, voorsitter van AfriForum se Hartebeespoort-buurtwag. Van Rensburg is een van sowat 23 AfriForum-buurtwaglede wat die afgelope naweek ‘n […]
AfriForum-buurtspanne skud Naboomspruit se vere reg vir Bokkieweek 2026
0
02:56

AfriForum-buurtspanne skud Naboomspruit se vere reg vir Bokkieweek 2026

Die Bosveld skud sy vere reg vir Bokkieweek 2026 op Mookgophong (Naboomspruit) en AfriForum se Groter Moot- en Centurion-buurtspanne het gaan help om dié dorp op te knap voor die land se hokkie-, rugby- en netbalspelers van 6 tot 11 Julie daarop toesak. Die buurtspanne het slaggate gevul, padmerkers oorgeverf en bome gesnoei ter voorbereiding […]
Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks
0
04:30

Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks

Konstruksie aan Akademia se nuwe kampus in Pretoria-Oos vorder goed. Forum Nuus het gaan inloer by Francois van Vuuren, ontwikkelingsbestuurder by Kanton, om meer oor hierdie projek uit te vind.
subway-1447365
0

South Africa The MOST Dangerous Tourist Country in The World For Solo Women Travelers, By Far!

A study of the world’s most dangerous tourist countries for women traveling alone reveals the good, the bad, the ugly and then all three in one at the top of the list, or rather bottom: South Africa, which stands out head and shoulders above countries like Brazil, Mexico, Iran, Morocco, etc. as the most dangerous tourist destination for solo women travelers. The "good" in South Africa's "Good, Bad and Ugly, is it's attitude towards women from a religious perspective, whereas all the Muslim countries, predictably, take top honours here... but shhh, don't tell the liberal mainstream media, we would not want hard facts to get in the way of their fake news...
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef
0
00:13

Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters op 8 Junie 2019 by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in 'n hospitaal gelaat het. Lees meer:
Passasiers spring uit brandende bus
0
00:12

Passasiers spring uit brandende bus

Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Bela-Bela-baken brand af
0
00:28

Bela-Bela-baken brand af

ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand. Na wat verneem word, het die brand omstreeks 21:30 by die Rodeos-restaurant en kuierplek van die Bela-Bela Waterfront ontstaan, waarna dit vinnig na die omliggende hout en grasdak strukture versprei het.