SA-nuus605 Videos

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle
0
03:37

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
0
00:31

Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool

ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, wie glo onderwysers is, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
0
00:15

Betogers maak amok; N4 gesluit

Die N4-snelweg buite Emalahleni (Witbank) is Vrydag, 18 Augustus 2017 gesluit nadat woedende betogers die pad met ʼn groot hoeveelheid steenkool en klippe versper het.
THE BATTLE OF CUITO CUANAVALE
0
00:55

Leerling glo by Hoërskool Parys aangerand

Die Hoërskool Parys in die Vrystaat betreur ʼn voorval wat Maandag in ʼn gr. 9-klaskamer by die skool plaasgevind het waarin een leerling glo ʼn ander aangerand het.
Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees
0
02:52

Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees

Die burgerregte-organisasie AfriForum was vanjaar vir die tweede keer deel van die Monumentale Cantus-koorfees wat op 12 Augustus by die Voortrekkermonument gehou is. Dié inisiatief is moontlik gemaak deur Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, albei gesoute koorleiers en-afrigters, ten bate van die behoud en voortbestaan van dié monument, wat ʼn belangrike deel van Afrikaners se erfenis uitmaak. Die koorfees sluit ook aan by die herdenking van Afrikaans as lees- en skryftaal, met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876.
Real reason for Ochoa’s execution
0
00:21

Skoolseun rand meisie aan

Die departement van basiese onderwys het gesê hy het met “afgryse en skok” bewus geword van ʼn gewelddadige video wat op sosiale media versprei word.
Real reason for Ochoa’s execution
0
01:27

KFC-voorval: Vyf in hof

Vyf mans staan op ʼn aanklag van poging tot moord tereg in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria. http://maroelamedia.co.za/tag/kfc-voorval/
Icarus – Coenie de Villiers
0
01:12

Vyf in hof oor KFC-voorval

Vyf mans staan op ʼn aanklag van poging tot moord tereg in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar by ʼn KFC-restaurant in Pretoria. http://maroelamedia.co.za/tag/kfc-voorval/
Icarus – Coenie de Villiers
0
00:37

Ondersoek ná polisielede glo net toekyk

Die SAPD het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word waarop gesien kan word hoe ʼn man aangerand word terwyl polisiebeamptes in uniform skynbaar net staan en toekyk.
Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou
0
02:39

Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek sy argumente as ’n respondent aangevoer tydens die persombudsman se appèlverhoor in die saak teen Verashni Pillay, voormalige hoofredakteur van HuffPost South Africa. Dít volg na AfriForum HuffPost SA en Pillay aangekla het vir die publikasie en verdediging van dié artikel, getiteld “Could it be time to deny white men the franchise?”, waarin onder meer aangevoer word dat wit mans van hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word om ten einde “wanbalanse” reg te stel.
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day Seventeen
0
03:03

AfriForum loods veldtog teen afknouery in skole

Die burgerregte-organisasie AfriForum se veldtog teen boelies het vandeesweek afgeskop by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng. Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers sowel as ouers in. Dit is belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met kinders en ouers te werk om ʼn verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:52

AfriForum toets riooluitvloei in Kaapse See

Die voortslepende rioolkrisis in die Kaapse See het die burgerregte-organisasie AfriForum genoop om die gehalte van die riooluitvloei in die see te gaan toets. Die burgerregte-organisasie het in 2015 druk begin uitoefen en die gemeenskap gemobiliseer om betrokke te raak om die metrorade te dwing om die rioolprobleem op te los. In daardie stadium is 40 miljoen liter riool daagliks in die see gestort. Dit wil voorkom of die situasie ietwat verbeter het, maar dis steeds ’n reuse bedreiging vir mens en dier.
AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak
0
02:32

AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied. Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word. Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas
0
02:23

AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas

AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld
0
02:17

AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld

AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes. Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma. Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos. Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
0
00:28

Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek

ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi. Die video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te […]
Real reason for Ochoa’s execution
0
01:01

Nuwe wêreldrekord vir langste ‘drift’

ʼn Ambisieuse Jesse Adams, motorskrywer van The Star Motoring, het onlangs vir Toyota gevra of hulle hom sal help om die wêreldrekord vir die langste drift te oorskry.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2
0
01:44

Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2

Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae
0
01:07

Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae

Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.