SA-nuus605 Videos

Bejaarde helder oordag in oprit van huis in Johannesburg beroof
0
01:04

Bejaarde helder oordag in oprit van huis in Johannesburg beroof

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn bejaarde vrou (86) verlede week helder oordag in die oprit na haar huis in Edendale in Johannesburg beroof is. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-bejaarde-helder-oordag-in-oprit-beroof/
JMPD-beampte in hospitaal ná kerkgangers hom aanval
0
00:50

JMPD-beampte in hospitaal ná kerkgangers hom aanval

ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is in die hospitaal opgeneem nadat hy en ʼn kollega Sondag deur ʼn groep kerkgangers aangeval en hul vuurwapens afgeneem is buite ʼn kerk in Hillbrow.
Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017
0
02:19

Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017

Martin Luther het 500 gelede sy 95 stellings teen die misbruike in die kerk van sy tyd aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. AfriForum Jeug het vandag klipstapel opgerig wat die Reformasie vier wat die begin van ons kerklike tradisies is.
Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord
0
03:18

Boer se hartroerende boodskap ná plaasmoord

ʼn Video van ʼn boer se hartroerende boodskap, nadat Joubert Conradie (47) ná ʼn aanval Dinsdag op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl gesterf het, word wyd op sosiale media versprei.
Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag
0
01:28

Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag

Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-polisievrou-boer-glo-op-foon-terwyl-mense-wag/
Steve Hofmeyr in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo
0
05:51

Steve Hofmeyr in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo

Steve Hofmeyr is Dinsdagoggend in die noorde van Pretoria “in hegtenis geneem” terwyl hy in spitsverkeer beeldmateriaal vir ʼn nuwe musiekvideo geskiet het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/steve-in-herrie-oor-nuwe-musiekvideo/
Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol
0
03:43

Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol

AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad. Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan. Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.
Steve Hofmeyr in ‘herrie’ oor nuwe musiekvideo
0
02:03

Las Vegas skietery

Die video is deur Drew Akiyoshi geneem en aan nuusagentskappe verskaf.
Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.
0
00:24

Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.

Byron Sherman, ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser is nou al amper nege jaar lank in Sjina. Hy is deur die Beijing Universiteit vir Buitelandse Studies se Skool van Asies-Afrikastudies genader om Afrikaans daar aan te bied. In dié video wat hy aan AfriForum gestuur het, is hy en sy klas besig om "Kinders van die Wind" te ontleed.
AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af
0
04:38

AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af

AfriForum het vandeesweek sy nasionale vullisterreinouditprojek afgeskop deur ʼn wisseltrofee aan die plaaslike vullisterrein in Tzaneen te oorhandig vir die beste munisipale vullisterrein vir 2016/2017. Dié munisipaliteit het in 2016 én vanjaar AfriForum se oudit met lof geslaag te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur, ʼn grootskaalse komposprojek en die herwinning van sowat 200 ton vullis elke maand, waardeur hul jaarliks R7 miljoen se onkostes kan bespaar. Howel die vullisterrein reeds in 2010 gesluit moes word, is sy leeftyd ook met nog 20 jaar verleng.
HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop
0
03:11

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Nantes Kelder, De Goede Hoop se koshuisvader vir 2018, en HK-lede het met Forum Nuus gesels oor wat dié koshuis uniek maak.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
0
04:55

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
SAL/SAA
0
01:05

Omstanders plunder geldwa ná transitoroof

As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.
Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik
0
05:47

Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik

AfriForum se nuwe inisiatief AfriVriendelik, ʼn eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings, het die afgelope week met entrepreneurs soos Hennie Lötter van die Kapoet Padstal, Kobus Galloway van Idees Vol Vrees en Johannita Eksteen en Anneke van Rooyen van Funky Ouma-speserye gesels om uit te vind wat die redes vir hul sukses is.