SA-nuus605 Videos

knysna brand N2 middag
0
00:24

knysna brand N2 middag

Toestande in die Eden-distrik wat Knysna insluit het vererger nadat stormsterk wind sedert Saterdag om 11:00 brande in die omgewing laat opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-knysna-brande-stormsterk-wind-belemmer-brandbestryding/
Knysna-brande
0
01:01

Knysna-brande

Toestande in die Eden-distrik, waaronder Knysna, het vererger nadat stormsterkte winde seder 11:00 brande in die omgewing opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. Die video is Saterdag omstreeks 09:00 op sosiale media gedeel van die N2-snelweg buite Jeffreysbaai wat vir verkeer gesluit was.
Knysna-brande: Video van smeulende onderbos
0
00:47

Knysna-brande: Video van smeulende onderbos

Anton du Plessis en dr. Wallace Vosloo het beeldmateriaal waarop ʼn mens kan sien hoe die rook uit ʼn dig beboste gedeelte van die inheemse woud in die Elandskraal-omgewing borrel aan Maroela Media verskaf. Die beeldmateriaal is op 29 April deur ʼn hommeltuig wat oor die woud vlieg, geneem. Die inwoners het glo die brandweer […]
Op soek na SA se gesondheidsamaritane
0
01:42

Op soek na SA se gesondheidsamaritane

Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nomineer-en-wen-op-soek-na-sa-se-gesondheidsamaritane/

Lang herstelpad lê voor vir Piet Botha ná val

Piet Botha (Die foto is gepubliseer met vergunning van die fotograaf, Colin Windell) Die operasie wat Piet Botha, gewilde blues-en-rockmusikant, die afgelope week moes ondergaan nadat hy twee rugwerwels tydens ʼn konsert gebreek het, was suksesvol. Maroela Media het vroeër berig die sanger het twee rugwerwels gebreek toe hy van die verhoog afgeval het tydens […]
AfriForum & Solidariteit – Veiligheidsberaad
0
03:55

AfriForum & Solidariteit – Veiligheidsberaad

Die ongekende reeks aanvalle en moorde op plase, hoewes én in stedelike gebiede sedert die begin van die jaar, het honderde mense verlede naweek na die veiligheidsberaad van AfriForum en die Solidariteit Beweging in Pretoria laat stroom. Die doel van dié veiligheidsberaad was om nasionale veiligheidsmeganismes tussen gemeenskappe, die staat en privaat sektor te bespreek ten einde misdaad te bekamp, met die tema Kom ons maak ons strate veilig. Kundiges het die misdaadsituasie in die land onder die loep geneem en voorstelle en strategieë is bekend gemaak oor hoe gemeenskappe moet saamstaan om hulself beter te beveilig.
knysna brand N2 middag
0
02:52

Brand by Welkom-polisiestasie

‘n Brand het op 8 Mei 2017 by die voertuigeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Welkom in die Vrystaat uitgebreek. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-brand-by-sapd-voertuigeenheid-in-welkom/
Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie
0
01:32

Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie

ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.
‘Hoër belasting kom’
0
02:25

‘Hoër belasting kom’

“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.” Só sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:57

Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus

Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is. Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.
Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
0
01:38

Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie

ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
Opposisie verenig teen Zuma
0
01:33

Opposisie verenig teen Zuma

Duisende mense het Woensdag 12 April vanaf Kerkplein na die Uniegebou opgeruk en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:37

AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus

AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry. Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.
Rugbyseuns se danspassies bring hoop
0
01:40

Rugbyseuns se danspassies bring hoop

“Dit is hoe Suid-Afrika se toekoms lyk, trots Suid-Afrikaans.” Lees meer hier: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/video-rugbyseuns-se-danspassies-bring-hoop/
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.
Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval
0
01:00

Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval

Die restaurantgroep Spur het Donderdag ʼn gedeelte van kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het, aan die media beskikbaar gestel.
Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein
0
02:19

Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein

Laerskoolleerlinge se uitmuntende spelvernuf het volwassenes se monde laat oophang tydens vanjaar se Spel-en-Speel kompetisie in Bloemfontein. Dié spelkompetisie word sedert 2014 deur die burgerregte-organisasie AfriForum, in samewerking met Volksblad en die Onafhanklike Skool Eduplus, vir beide moedertaal en-eerste addisioneletaalsprekers aangebied.
AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
0
01:21

AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.