SA-nuus605 Videos

Speaker in Baai sy pos kwyt
0
00:56

Video: Koben (15) maak vordering ná nekbesering

Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, kan amper al sy vingers beweeg, het sy pa Donderdag aan Maroela Media gesê. Lees meer hier: https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/video-koben-15-maak-vordering-na-nekbesering/
Rowers steel peperduur horlosies by Menlyn
0
01:20

Rowers steel peperduur horlosies by Menlyn

Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn juwelierswarewinkel Maandagaand in Menlyn Mall in die ooste van die stad beroof is. Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê vier onbekende verdagtes, wat mussies en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan. “Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik […]
Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog

Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te hou, terwyl die Kempton Park-tak in samewerking met Mold Empower Serve, oftewel MES, ’n volhoubare herwinningsinisiatief van stapel gestuur het.
‘Meteoriet’ het sosiale media aan die gons
0
00:14

‘Meteoriet’ het sosiale media aan die gons

ʼn Vermoedelike meteoriet wat Saterdagaand vanaf die Ottosdal-omgewing in Noordwes te siene was, het sosialemediagebruikers behoorlik op hol. (Video met vergunning van Vikus van Zyl)
Mpumalanga se rondloperleeu gevind
0
00:24

Mpumalanga se rondloperleeu gevind

Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind. (Video met vergunning van Jan Combrink.)
Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding
0
00:37

Leerder bang om terug te keer skool toe ná aanranding

ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.
Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids
0
03:44

Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids

Die akteurs en vervaardigers Donnalee Roberts en Ivan Botha is van die bekendes wat hul tekortkominge en ervarings met boelies in AfriForum se nuwe Teenboeliegids deel. Dié gids, wat vandag bekendgestel is, sluit onder meer tekens af afknouery, regsadvies, aktiwiteite vir leerlinge en ouers, asook advies vir ouers wat vermoed dat hul eie kinders boelies mag wees. Die gids sal volgende week op AfriForum se webtuiste beskikbaar wees om af te laai.
Poppie-moord: Trane toe vonnis kom
0
00:46

Poppie-moord: Trane toe vonnis kom

Die familie van die driejarige Poppie van der Merwe het Donderdag trane van blydskap gestort toe Poppie se ma en stiefpa elkeen tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir haar moord in Oktober 2016.
Mangat-moord: Beskuldigdes gevonnis
0
00:33

Mangat-moord: Beskuldigdes gevonnis

Estelle Reddy, Gerhard Papenfus en Kevin Johnson is Dinsdag, 22 Mei 2018 gevonnis vir die moord op Danie Dreyer. Ná die vonnis het Johnson se pa, Bryan Swarts, en sy broer, Lebogang, hom emosioneel omhels en saam met hom gehuil voordat hy by die trappe afgeneem is na die hofselle toe.
Polisie jaag grondbesetters uiteen
0
00:25

Polisie jaag grondbesetters uiteen

Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet
0
01:57

Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet

Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.
Forum Nuus: AfriForum pak Kanadese mynmaatskappy namens plaaslike stam
0
04:11

Forum Nuus: AfriForum pak Kanadese mynmaatskappy namens plaaslike stam

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat sowel sy teenkorrupsie-eenheid as sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, die saak van die Ndebele Vaaltyn-stam – wat in 2014 strafregtelike klagtes teen die Kanadese mynmaatskappy Ivanplats Myne Bpk., wat deur die miljardêr en mynmagnaat Robert Friedland besit word, aanhangig gemaak het – gaan hanteer. Die strafregtelike klagtes hou verband met onwettige mynbedrywighede, oortreding van omgewingswetgewing en die onregmatige en oënskynlike kulturele oneerbiedige hervestiging van die stam se historiese en voorvadergrafte.
Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal.
Leeu gryp man in reservaat
0
01:38

Leeu gryp man in reservaat

ʼn Video van ʼn man wat in ʼn wildreservaat in Limpopo aangeval word, maak opslae op sosiale media.
Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs
0
04:11

Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs

AfriVriendelik het vandeesmaand opleiding vir entrepreneurs in die Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng aangebied. Tydens dié sessies word entrepreneurs ingelig oor die geheime van entrepreneurskap en verkope, bemarking en sosiale media met die fokus op ’n teikenmark en Facebook, asook kleinsake geldsake met fokus op belasting.
Vragmotor ploeg in Swart Maandag-motors in
0
00:31

Skote klap in die openbaar

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het onlangse voorvalle in Howick en Hillcrest ten sterkste veroordeel waar mense oënskynlik na willekeur vuurwapens in die openbaar afvuur.
Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan
0
03:20

Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan. Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.
Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie
0
03:26

Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie

Die Noordwes-Universiteit se twee Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek teen mekaar te staan gekom in die finale rondte van vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die Afrikaanse Gemeenskaps- en Debatsaksie (AGENDA), die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Een kritiek, nog 4 beseer in N2-botsing
0
00:09

Een kritiek, nog 4 beseer in N2-botsing

Die verkeer op die N2-Suid net verby die King Shaka lughawe-afrit in Durban is Dinsdagoggend erg vertraag nadat ʼn vragmotor en drie ligte voertuie in ʼn botsing betrokke was. Vyf mense is in die botsing beseer, waarvan een persoon in ʼn kritieke toestand was. Video verskaf deur IPSS Medical Rescue.
Boek werp lig op geskiedenis van Anglo-Boereoorlog in destydse Wes-Transvaal
0
03:59

Boek werp lig op geskiedenis van Anglo-Boereoorlog in destydse Wes-Transvaal

Kraal Uitgewers het onlangs saam met Pieter de Jager, outeur van hul nuutste boek, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, twee van die historiese terreine wat in die boek bespreek word, besoek. Dié boek sal vanaf Mei beskikbaar wees by Kraal Uitgewers.