SA-nuus605 Videos

THE BATTLE OF CUITO CUANAVALE
0
02:26

Die nuwe BMW M5

Maroela Media het by die plaaslike bekendstelling van die BMW M5 ‘n paar rondtes van Kyalami gery.
Pukke bekommerd oor toekomstige taalbeleid
0
03:11

Pukke bekommerd oor toekomstige taalbeleid

AfriForum Jeug het ’n massavergadering gehou vir studente van die NWU se Potchefstroom-kampus om hul insette te kry oor die moontlike verandering van die universiteit se taalbeleid, asook die verandering van die embleem van al drie kampusse na 'n unitêre pers kleur.
Trok vat vlam na ongeluk op N3
0
00:19

Sinkgat vorm ná swaar reën

Twee sinkgate het sedert Donderdagmiddag te midde van swaar reënval in Centurion gevorm; een onder ʼn gebou en een in ʼn pad waarin ʼn voertuig beland het.
AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston
0
02:46

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
AfriForum loods landswye #Skoonwater-projek
0
02:10

AfriForum loods landswye #Skoonwater-projek

AfriForum het vandeesweek dié organisasie se #Skoonwater-projek vir 2018 by die Baviaanspoort-afvalwaterbehandelingswerke geloods. Takke regoor die land is ook gemobiliseer om die drink- en rioolwatergehalte te toets in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is.
Tinteltong Toekennings vereer innoverende Afrikaanse sakeondernemings
0
02:51

Tinteltong Toekennings vereer innoverende Afrikaanse sakeondernemings

Innoverende Afrikaanse ondernemings is vanjaar op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon. Die Tinteltong Toekennings word toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans op welke wyse bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.
Vragmotor ploeg in Swart Maandag-motors in
0
00:24

Edith Benson-kinderhuis in brand verwoes

ʼn Verwoestende brand het Dinsdagaand by die Edith Benson-kinderhuis in Durban uitgebreek. Paramedici en die brandweer is omstreeks 20:00 na die kinderhuis in Garbuttweg in Sherwood ontbied waar hulle die huis in ligte laaie aangetref het.
Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum
0
01:36

Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum

AfriForum se Naboomspruit-tak het vandag in die Noord-Gautengse hoë hof ʼn hofsaak rakende die swak wyse waarop die Naboomspruit-vullisterrein bestuur word teen Lim 368 Plaaslike Munisipaliteit met koste gewen.
Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal
0
03:03

Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal

Die Gautengse onderwysdepartement moet ’n lys van “wit skole soos Overvaal” oorhandig sodat “dié probleem van rassisme” by ander skole óók ondersoek kan word. So lui die memorandum wat vandag tydens ’n massa-optog deur sowat 1000 betogers onder leiding van Cosatu aan die Hoërskool Overvaal en Gautengse onderwysdepartement oorhandig is. Die EFF, ANC, ANC-jeugliga en die onderwysvakbonde Cosas en Sadou is van die 12 belangegroepe wat na dié skool in Vereeniging opgeruk het om ’n memorandum te oorhandig wat teen die skool se enkelmedium-taalbeleid beswaar maak.
Battle of Majuba
0
00:33

Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool

Een van die ouers van ʼn leerling van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend tydens ‘n betoging voor die skool deur ʼn betoger geskop. Die betoging hou verband met ʼn hofuitspraak vroeër die week dat die Gautengse departement van onderwys nie die skool kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie.
06 PLAASVEILIGHEID: GLAS SKUIFDEURE
0
00:29

Swart Vrydag-winskopies lei tot vertrapping

Werknemers van verskeie kettingwinkels moes Vrydag bontstaan om die skares inkopiegangers te hanteer wat sedert middernag winkels binnegestroom het op soek na goeie Swart Vrydag-winskopies.