SA-nuus605 Videos

Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas
0
01:11

Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas

Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.
Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!
0
02:27

Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!

Die Anker van De Goede Hoop is vandeesweek tydens ’n spog geleentheid bekendgestel en het ten doel om geleenthede te skep om die koshuis te ontwikkel en uit te brei en hoop te gee aan studente wat andersins nie die geleentheid sou hê om verder te studeer nie. Word vandag 'n Anker van De Goede Hoop by www.degoedehoop.co.za
Sabotasie dalk rede vir substasie-brand
0
00:57

Sabotasie dalk rede vir substasie-brand

ʼn Video het aan die lig gekom wat toon dat die oorsaak van die reusebrand by die Eikenhof-substasie, wat talle Johannesburgse woonbuurte sonder elektrisiteit én watertoevoer gelaat het, moontlik die gevolg van opsetlike sabotasie was. (Video: Verskaf)
Speaker in Baai sy pos kwyt
0
00:34

Speaker in Baai sy pos kwyt

Raadslede reageer nadat die speaker van die Nelson Mandelabaai-metro, Jonathan Lawack, Maandagoggend tydens ʼn raadsvergadering uit sy amp verwyder is (27 Augustus 2018). Video: ANA
Bela-Bela-baken brand af
0
00:28

Bela-Bela-baken brand af

ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand. Na wat verneem word, het die brand omstreeks 21:30 by die Rodeos-restaurant en kuierplek van die Bela-Bela Waterfront ontstaan, waarna dit vinnig na die omliggende hout en grasdak strukture versprei het.
Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek
0
00:33

Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek

Brandbestryders moes Donderdag (16 Augustus 2018) na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.
Man verskyn ná moord op 5-jarige
0
00:43

Man verskyn ná moord op 5-jarige

Betogers het Donderdag (26 Julie 2018) buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied. Foto: ANA
Talle treinwaens vat vlam op Kaapstad-stasie
0
00:10

Talle treinwaens vat vlam op Kaapstad-stasie

Miljoene rand se skade is aangerig toe talle treinwaens Saterdagmiddag (21 Julie 2018) by die treinstasie in die Kaapstadse sakesentrum in ʼn brand verwoes is. (Video verskaf deur UNTU.)
Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?
0
05:57

Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?

Die openbare verhore oor of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word, gee landsburgers die geleentheid om aan die grondwetlike proses deel te neem. Die vraag is egter of al die insette en voorstelle werklik deur die ANC-regering in ag geneem gaan word en of hierdie nie maar ’n oënskynlike konsultasieproses is om almal te sus nie. Forum Nuus het van die vergaderings bygewoon. Kyk die video hier.
Duduzane Zuma in die hof
0
00:13

Duduzane Zuma in die hof

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het Donderdag (12 Julie 2018) vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn voordat die saak teen hom tot Augustus uitgestel is. Video: ANA
Boksburg transitorooftog
0
00:16

Boksburg transitorooftog

ʼn Vermeende transitorower is Donderdagoggend doodgeskiet in ʼn gewaagde poging om ʼn geldwa in Boksburg aan die Oos-Rand te beroof.
Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië
0
03:59

Forum Nuus: Suid-Afrikaners deel suksesse en ervarings in Australië

Mense vra dikwels hoe maklik of moeilik is dit om te emigreer? En hoe maklik of moeilik is dit om in die vreemde aan te pas? Twee expats, Johan du Plooy, ’n voormalige dosent by Kovsies en ’n man met ’n liefde vir jag en biltong, en Suzette van der Heijen, wat voorheen in die korporatiewe wêreld gewerk het, deel in hierdie video hul suksesse en ervarings in Australië. Johan is die eienaar van die gewilde Mustafa-winkels in Perth en Suzette die redakteur van die Afrikaanse tydskrif Merise in Perth.
Forum Nuus: Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland
0
03:39

Forum Nuus: Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland

Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer. Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.
Skote klap toe transitorowers toeslaan
0
02:00

Skote klap toe transitorowers toeslaan

Skote het Maandagoggend (18 Junie 2018) in Kaapstad geklap tydens nóg ʼn transitorooftog, dié keer op Jakes Gerwel-rylaan naby Philippi.