SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur
0
03:07

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur

Volgens prof. Koos Malan is daar kennis, wysheid en insig in Flip Buys se nuutste boek, Die pad na Selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuurboek. “Dit is tyd dat Afrikaners besef waar hul plek is en wat hulle te doen staan om daardie plek in te neem en vol te staan. Afrikaners is uitgelewer en […]
Dink of Sink finaal 2019
0
03:38

Dink of Sink finaal 2019

Affies maak skoonskip by Dink of Sink! Na vier streeksuitdunne het die Afrikaanse Hoër Seunskool (AHS) en Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP) koning gekraai by vanjaar se Dink of Sink-skoledebatskompetisie. Die manne van AHS het as die seniorwenners weggestap, terwyl die dames van AHMP as die juniorwenners bekroon is. AfriForum en verskeie media-vennote insluitend Beeld, Volksblad, […]
Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand
0
02:38

Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan doen,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kyk dié video om […]
Forum Nuus: Kuif en Baard
0
02:32

Forum Nuus: Kuif en Baard

Zoë Burger, die dinamiese eienaar van Kuif en Baard, het met Forum Nuus gesels oor die belangrikheid van goeie kliëntediens, passievolle personeel en hoe ’n kliënt danksy die AfriForum Netwerk ’n haarafspraak vanuit New York gemaak het.
Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid
0
01:53

Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid

| FORUM NUUS | As deel van AfriForum se veldtog teen die vernietigende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) het AfriForum vandag sy kommentaar daarteen by die parlementsgebou ingedien. “Die regering moet nie ’n monopolie op mense se gesondheid hê nie. Indien die NGV ingestel word gaan die staat vir jou sê waar, deur wie en watter behandeling jy moet kry,” sê Natasha Venter, AfriForum se veldtogbeampte vir die NGV.
Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV
0
48:42

Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV

Maroela Media het sy lesers gevra om hulle vrae oor die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te stuur. Uit die vrae wat Maroela Media ontvang het, is dit duidelik dat daar talle bekommernisse oor dié plan is. Op die paneel: dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging.
Forum Nuus: #FroueVonds wil verskil maak
0
02:25

Forum Nuus: #FroueVonds wil verskil maak

Dit is nie ’n noodfonds nie, maar ’n hoopfonds. Solidariteit Helpende Hand het dié Vrouemaand ’n fonds bekendgestel wat spesiaal gestig is om veral behoeftige meisies en vroue deur verskeie inisiatiewe by te staan en te bemagtig. “Vroue is die ruggraat van ons samelewing en die hart van die huis en almal weet welstand begin by die huis. Net soos die historiese Susanna Smit bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te trek, is dit nou die tyd om ons land se vroue by te staan en te bemagtig,” sê René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand. Vir meer inligting besoek www.helpendehand.co.za en klik op FroueVonds.
Forum Nuus: Streeksberaad
0
02:31

Forum Nuus: Streeksberaad

Meer as 300 mense van sowat 72 AfriForum-takke in die noordelike provinsies het die afgelope naweek een van die organisasie se streekberade in Centurion bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n kragtige boodskap vir beraadgangers gehad. “Ons het ’n sterk struktuur van byna 10 000 vrywilligers wat help veg en bou aan ’n beter toekoms. Mense wat roepingsgedrewe is en mense wat ’n verskil wil maak. Julle is AfriForum se hande en voete. Ons krag is in ons lede en strukture. Sonder julle kan ons net soveel planne by hoofkantoor maak soos ons wil sonder om suksesvol te wees.”
0
05:08

Swart polisie verkrag blanke man in die openbaar “omdat hy wit is” volgens slagoffer.

Swart polisie verkrag blanke man in die openbaar “omdat hy wit is” volgens slagoffer. Two black cops rape white guy in public, “because he was white”, according to victim. Shocking footage of alleged police brutality in Fourways emerges (WARNING: Graphic images) DOUGLASDALE – A video has emerged which depicts alleged police brutality by members of […]
AfriForum: Nelson Mandela Foundation dishonest; plays a polarising role
0
03:44

AfriForum: Nelson Mandela Foundation dishonest; plays a polarising role

In this video Kallie Kriel, CEO of AfriForum, reacts to the Nelson Mandela Foundation’s indication that it wants to act against Ernst Roets, AfriForum’s Head of Policy and Action, because of his “contempt of court”. This follows after Roets tweeted an image of the old South African flag with a question: Did I just commit hate speech? Roets, who is currently doing his PhD in law, tweeted the image in an academic context on the day that the Johannesburg High Court ruled that the gratuitous display of the flag was hate speech.
Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer
0
03:08

Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof. Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer. Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte. Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.