Dis tyd! Dis tyd vir jou en my om op te staan en hard en duidelik te sê ons het genoeg gehad van die regering wat ons stroop van ons hardverdiende geld en die belastinglas op ons net groter wil maak. Gewone mense kry al hoe swaarder en vind dit al hoe moeiliker om in […]
AfriVriendelik het vandeesmaand opleiding vir entrepreneurs in die Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng aangebied. Tydens dié sessies word entrepreneurs ingelig oor die geheime van entrepreneurskap en verkope, bemarking en sosiale media met die fokus op ’n teikenmark en Facebook, asook kleinsake geldsake met fokus op belasting.
Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het Donderdag (12 Julie 2018) vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn voordat die saak teen hom tot Augustus uitgestel is. Video: ANA
Twee sinkgate het sedert Donderdagmiddag te midde van swaar reënval in Centurion gevorm; een onder ʼn gebou en een in ʼn pad waarin ʼn voertuig beland het.
Louis Loubser is onlangs benoem as die wenner van die eerste AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie, wat vanjaar aangebied is. Loubser, ’n boer van Robertson, is die eienaar en stigter van Tree Hog, ’n innoverende waterbesparing- en besproeiingstelsel.
Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn bejaarde vrou (86) verlede week helder oordag in die oprit na haar huis in Edendale in Johannesburg beroof is. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-bejaarde-helder-oordag-in-oprit-beroof/
Die Brits-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende. – Video: Molaole Montsho/ANA
AfriForum se eerste sportdag in die Stellalandstreek is Saterdag op Vryburg gehou. Sportmanne en -vroue van alle vlakke en ouderdomme het aan die pretloop, bergfietsresies, krieket, rolbal en tennis deelgeneem. Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikkoördineerder vir Stellaland, het die dag as ’n groot sukses bestempel. “Ons almal weet daar is niks soos sport om ’n […]
“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.”
Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
AfriForum Jeug het ’n massavergadering gehou vir studente van die NWU se Potchefstroom-kampus om hul insette te kry oor die moontlike verandering van die universiteit se taalbeleid, asook die verandering van die embleem van al drie kampusse na 'n unitêre pers kleur.
ʼn Veiligheidswag is dood en twee ander beseer nadat ʼn groep swaar gewapende verdagtes Woensdag op ʼn G4S-geldwa buite Standard Bank in Klerksdorp in Noordwes toegeslaan het.
AfriForum se vierde nasionale kongres word die naweek by Buffelspoort gehou. Die boodskap is dat gemeenskappe in die lig van ’n onbevoegde regering, korrupsie, munisipale verval en agteruitgang vinniger planne sal moet maak om meer onafhanklik van die staat te wees. Gemeenskappe moet versnel en beheer van hul eie veiligheid, buurtwagte, kultuur, erfenis en eie […]
Die burgerregteorganisasie AfriForum en sy geaffilieerde ideesentrum Opinor het vandag ’n verslag bekendgestel wat poog om ’n verstaanbare raamwerk, beide teoreties en prakties, te verskaf vir die aanpak van ’n burgerlikeversetveldtog. Hierdie verslag maak ook gebruik van internasionale kenners en is spesifiek tot die Suid-Afrikaanse politieke konteks geskryf. Lees die volledige verslag hier https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Disobeying-the-state-Robert-Duigan.pdf.
AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.” Só sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.
Die waterkrisis in die Kaap het AfriForum genoop om met innoverende planne vorendag te kom en strukture te skep waar inwoners en lede in nood water kan gaan haal.
Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer. Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.