SA-nuus335 Videos

Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
0
01:38

Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie

ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel
0
03:51

Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel

Danksy die ingryping van AfriForum se privaatvervolgingseenheid is ’n ouerpaar van Pretoria vandag in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing nadat hulle hul baba sedert die ouderdom van vyf weke in Maart tot Julie 2020 mishandel het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge […]
Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp

AfriForum se Brakpan-tak het onlangs ’n noodhulpkursus as deel van hul #FakkelPleister-projek aan die leerlingraad van die Laerskool Dalview aangebied. Kinders is basiese noodhulpmetodes geleer wat hulle in staat sal stel om hul maats tydens ’n noodsituasie te help. “Die projek sal by 11 laerskole en drie hoërskole in die dorp aangebied word,” sê Gerhard […]
Forum Nuus: Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland
0
03:39

Forum Nuus: Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland

Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer. Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.
AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af
0
04:38

AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af

AfriForum het vandeesweek sy nasionale vullisterreinouditprojek afgeskop deur ʼn wisseltrofee aan die plaaslike vullisterrein in Tzaneen te oorhandig vir die beste munisipale vullisterrein vir 2016/2017. Dié munisipaliteit het in 2016 én vanjaar AfriForum se oudit met lof geslaag te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur, ʼn grootskaalse komposprojek en die herwinning van sowat 200 ton vullis elke maand, waardeur hul jaarliks R7 miljoen se onkostes kan bespaar. Howel die vullisterrein reeds in 2010 gesluit moes word, is sy leeftyd ook met nog 20 jaar verleng.
Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan
0
03:20

Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan. Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.
Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by
0
02:12

Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by

’n Totaal van sowat 900 onderwysers en hoofde het vanjaar die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onderwyskongres bygewoon. Die SOS het ’n groot verskeidenheid kundiges gekry om kongresgangers in die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng oor uiteenlopende onderwerpe toe te spreek.
Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017
0
02:19

Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017

Martin Luther het 500 gelede sy 95 stellings teen die misbruike in die kerk van sy tyd aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. AfriForum Jeug het vandag klipstapel opgerig wat die Reformasie vier wat die begin van ons kerklike tradisies is.
#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm
0
02:57

#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm

Eskom het begin vandeesmaand gedreig om talle munisipaliteite in Noordwes, die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Mpumalanga se krag af te sny. Dié munisipaliteite skuld die kragvoorsiener meer as R10 miljard. AfriForum het die hof genader in ’n poging om te keer dat duisende huishoudings, waarvan baie betaal, se krag afgesny word. Die Pretoriase hooggeregshof het egter beslis dat Eskom wel die reg het om skuld in te vorder en met die afsny van krag mag voortgaan.
Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek
0
00:08

Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek

ʼn MyCiti-busbestuurder is ernstig beseer nadat die bus wat hy bestuur het Maandagaand omstreeks 22:00 in Roodebloemstraat in Woodstock, Kaapstad met ʼn petrolbom bestook is. (Video: ANA)
Mpumalanga se rondloperleeu gevind
0
00:24

Mpumalanga se rondloperleeu gevind

Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind. (Video met vergunning van Jan Combrink.)
Man verskyn ná moord op 5-jarige
0
00:43

Man verskyn ná moord op 5-jarige

Betogers het Donderdag (26 Julie 2018) buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied. Foto: ANA
AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle
0
03:37

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.
AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
0
01:21

AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede
0
02:09

Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede

"Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet."- Dr. Heinrich Matthee
Afrikaans-Vriendelik: Tinteltong Toekennings 2017
0
02:28

Afrikaans-Vriendelik: Tinteltong Toekennings 2017

Innoverende Afrikaanse ondernemings is gister op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon.