Mense vra dikwels hoe maklik of moeilik is dit om te emigreer? En hoe maklik of moeilik is dit om in die vreemde aan te pas? Twee expats, Johan du Plooy, ’n voormalige dosent by Kovsies en ’n man met ’n liefde vir jag en biltong, en Suzette van der Heijen, wat voorheen in die korporatiewe wêreld gewerk het, deel in hierdie video hul suksesse en ervarings in Australië. Johan is die eienaar van die gewilde Mustafa-winkels in Perth en Suzette die redakteur van die Afrikaanse tydskrif Merise in Perth.
Verskeie winkels in die Durbanse sakesentrum is Woensdagoggend (10 April 2019) beskadig nadat ʼn brand deur ʼn gebou in Queenstraat in dié stad se sakesentrum gewoed het. (Video: Rescue Care Paramedics)
AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen.
AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Versorging is ’n beroep waarop mense dikwels neerkyk totdat hulle dit egter self nodig het. Solidariteit Helpende Hand het onlangs sy eerste groep vroue wat as geakkrediteerde tuisversorgers opgelei is, vereer. Altesaam 17 studente het vanjaar dié tuisversorgingsopleidingsprogram, ’n eerste van sy soort, in onderskeidelik Bloemfontein en Pretoria suksesvol voltooi en hul dienste is reeds […]
AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
Bonné De Bod, aanbieder en vervaardiger, deel haar boodskap aan Suid-Afrikaanse kykers oor die kwessie van renosterstropery. Susan Scott, regisseur van STROOP, het ook ʼn voorbeeld gegee van die werklike krag van sosiale media in die stryd teen die renosterkrisis.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/renosterfliek-kry-staande-applous-van-plaaslike-gehoor/
Brandbestryders moes Donderdag (16 Augustus 2018) na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.
AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het onlangs ’n funksie aangebied vir vrouens wat slagoffers van plaasaanvalle was of geliefdes deur ’n plaasmoord verloor het.
“Jou hele lewe is omvergegooi. Jy moet trek en skielik drie kinders alleen grootmaak. Dis regtig moeilik. Met die hulp van familie, vriende, AfriForum en die Here se genade, word dinge wel bietjie makliker,” het Malindi Schoonraad, wie se man verlede jaar tydens ’n plaasaanval doodgeskiet is, tydens dié funksie gesê.
ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.
Die tweede borgtogaansoek van die drie vermeende moordenaars van Sue Howarth sal op 19 Februarie, presies ’n jaar ná die wrede en brutale aanval op haar en haar man, in die landdroshof in Belfast in Mpumalanga aangehoor word.
AfriForum het vandeesweek dié organisasie se #Skoonwater-projek vir 2018 by die Baviaanspoort-afvalwaterbehandelingswerke geloods. Takke regoor die land is ook gemobiliseer om die drink- en rioolwatergehalte te toets in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is.
AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad.
Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan.
Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.
Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier. (Video: EFF)
’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Dis tyd! Dis tyd vir jou en my om op te staan en hard en duidelik te sê ons het genoeg gehad van die regering wat ons stroop van ons hardverdiende geld en die belastinglas op ons net groter wil maak. Gewone mense kry al hoe swaarder en vind dit al hoe moeiliker om in […]
AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.