Musiek414 Videos



‘Afrikaans is groot’ deel opwindende nuus
Top 20 vir die week: 19 Februarie 2018
Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit
Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.
Datum:- Vrydag, 11 Mei, om
Tyd:- 17:30 tot laat
Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.
Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.
Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
Daar is ‘n nuwe snit uit van Cordelia en dit is ‘n ‘kragtige boodskap’
Cordelia se splinternuwe enkelsnit, Wees Lief is een waar sy die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ’n diepgaande boodskap in ’n aangrypende mooi musikale pakkie versier!
Die hart van hierdie snit is iets wat al ’n geruime tyd binne Cordelia klop: “Ek wil nog altyd meer as net sing en optree. Ek wil ’n verskil maak”, sê sy. “Die tipe verskil wat mense inspireer om hoop en liefde in alle omstandighede te kies en te lééf.”
Die snit groei van aanvanklik akoestiese snaarklanke en stem, tot die byvoeging van ’n sterk bas- en simfonielyn, tot vol harmonieë en orkes met trom en selfs techno-elemente.
Nes die musiekvideo ten toon stel, werp dit ’n blik op die verskillende nuanses van liefde – van vriendskap, gesins- en familie liefde tot die onbreekbare band van jarelange, Godgegewe liefde tussen man en vrou.
Dit sing van ’n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red u
Sangeres Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album
Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.
“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.
Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.
’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.
Klik op die skakel om na van die ‘snippets’ te luister.
Loer ook hier onder
Optrede te Pretoria – Republiek van Zoid Afrika
NET EEN AAND! Karen Zoid en vriende gaan die huis in hierdie uitsonderlike lewendige vertoning bring.
Datum:- 15 Junie 2018
Tyd:- 20:00
Toegang:- R195 – R500
Verwag sommige van die grootste treffers van haar bekroonde TV-program, asook ‘n spesiale verskyning deur Mielie Senekal en meer.
Adres:- Sun Arena @ Time Square, Menlyn Maine – Sun Time Square, 209 Aramist Avenue, Menlyn
GPS Koordinate:- -25.787990,28.282148
Kaartjies kan bespreek word by Computicket
Met Karen Zoid, Francois van Coke, Kahn Morbee (Parlotones), Jo Black, Ross Learmouth (Prime Circle)
SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
SA Radio
Laurika Rauch met Loki Rothman tree op in Nelspruit (Deel van Innibos Fees)
Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer Blou, as duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Die nuwe weergawe van Blou het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-toekenning gekry vir die luitoon van die jaar).
Datum:- 27 & 29 Junie 2018
Tyd:- 27ste om 19:00. 29ste om 13:30
Toegang:- R142
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u gr
Francois van Coke – Ballito
Na groot aanvraag sal die legendariese kunstenaar Francois van Coke in die Noordkus optree.
Datum:- 27 Julie 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- R150 – R350 (VIP)
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Ballito?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- The Pumpkin Theatre – La Montagne, 100 Compensation Beach Rd, Ballito, Dolphin Coast, 4420
GPS Koordi
Die Harrebaard manne tree op te Drostdy Theatre
As hulle die jongklomp kan laat wals en die ou tannies woes kan laat kuier, sal Harrebaard, die rockgroep wat bestaan uit Pierre van Pletzen, Frank Opperman, Anton L`Amour en Leon Ecroignard, gelukkig wees.
Datum:- 29 Julie 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R120
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Stellenbosch?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Harrebaard is die band wat te sien was
Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’
Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!
“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh
Top 20 vir die week: 6 August 2018
In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so bietjie wipplank gery. Die eerste 3 plekke bly dieselfde. Daar was 8 snitte wat die week gestyg het en 6 wat afwaarts gesak het en 5 wat onveranderd gebly het en 1 nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Die man met die sterk stem, Jo Black, bly vandeesweek nogsteeds in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie” en ongelukkig is Karen Zoid van ons Top 20 lysie af met haar treffer “Hoe ek voel”.
Tarryn Lamb wat onlangs haar nuwe album vrygestel het was ook onder die Top 10 Afrikaanse albums wat die afgelope week in kettingswinkels opslae gemaak het. Haar treffers “Mal oor jou” en haar ander treffer wat op ons lys bygevoeg is “Vier woorde” is hier.
Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie
Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.
Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.
‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)
In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra
ZITA Pretorius met haar nuutste solo-enkelsnit, “LIGTE SKYN”
Top 20 Afrikaanse Liedjies – Net vir jou !!!
Hier is jou Top 20 vir week 2 Oktober 2017
Darling: Musiek Piekniek onder die Sterre met Nedine Blom:
Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!
Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.
Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.
Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.
Datum:- 8 Junie – 9 Junie
Tyd:- Hekke open om 17:00
Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.
Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m
Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood
KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.
Datum:- 3 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R160 – R180
Die duo Coffee Snobs reik ‘n nuwe debuutalbum uit
Musiek vir connoisseurs. Dis die musiek wat die musikale musiekpaartjie Vernette en Marius Wessels – oftewel Coffee Snobs – op hul debuutalbum Aroma (met die pragtreffer Eie land) geskep het.
Nou kry musiekliefhebbers wat gehaltemusiek waardeer, hul tweede album: Lig. “Ek voel ons het ons ware identiteit gevind en dit op hierdie album vasgevang. Oor die algemeen het die album ’n meer akoestiese en organiese aanslag as die eerste album. Dit wat jy op die album hoor, is ook wat jy gaan hoor as jy ons sien optree:. Dis wie ons is,” sê Vernette.
Die album bestaan uit sewe Afrikaanse en twee Engelse liedjies; almal oorspronklike nuutskeppings. Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend in die lirieke voorkom. Vernette sê sy het net een oggend wakker geword en geweet dat die titel Lig moet wees!
“Oor die algemeen is dit ’n baie positiewe album wat ’n boodskap van hoop en ’n toekoms verkondig! Jake Odend
Riana Nel se derde Afrikaanse album is uit
Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd” waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf.
Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. “Jy sal weet” waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook on
Gehoor van Jennifer Zamudio, lees verder en leer haar ken
Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif). Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 25 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 16 jaar professioneel.
Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.
Jennifer is ‘n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms. Dit word foneties as volg uitgespreek “Za-moe-die-hou”. Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is al deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”. Jennifer se talent is raakgesien in die j
Die Nagligte is hier om te bly, verseker!
Die rockgroep, Nagligte, is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir, Nuweling van die jaar en Groep van die jaar.
Hulle het ook al gesig gewys op televisie progamme soos Jou Show met Emo, Bravo, Die Groot Ontbyt, Flits, Pasella en op die glansblaaie van Rooi Rose gekuier.
Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) is terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld, Bly, waarvan die musiekvideo reeds op verskeie televisie kanale gesien kan word.
Nagligte se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek.
Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk. Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Kons
Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom
Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.
Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.
Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.
