ZITA Pretorius met haar nuutste solo-enkelsnit, “LIGTE SKYN”

Zita

Dit is met trots dat ons met julle kan deel dat ZITA Pretorius, Dinsdag 1 Oktober, haar nuutste solo-enkelsnit, ‘LIGTE SKYN’ vrystel aan radio en media landswyd.

ZITA PRETORIUS SE NUWE ENKELSNIT: LIGTE SKYN

Zita Pretorius is terug met haar nuutste enkelsnit, ‘Ligte Skyn’ en ons is opgewonde om hierdie lied vry te stel.

KORT BIOGRAFIE
Sedert Zita die Afrikaanse musiek mark in 2011 betreë het, groei sy van krag tot krag. Zita spog met verskeie albums op haar kapstok en ook ‘n hoop nominasies en toekennings. Sy is vars, oorspronklik and steeds verrassend.

In 2010 is sy, bo verwagting, as die algehele wenner van die Opera-afdeling, asook die algehele kampioen by die Performing Arts se wêreldkampioenskappe in Los Angeles aangewys. Kort daarna het sy ’n duet-album, Die Engele Sing, saam met Rudi Claase opgeneem, wat goue status bereik het, en in 2012 was haar eerste solo-album, Skakerings van Dagbreek, op die rak.
Laasgenoemde is benoem vir ’n Ghoema- asook ’n Tempo-toekenning. Intussen het sy ook al duette opgeneem saam met die Vlaamse sanger, Yannick Bovey, asook verskeie Afrikaanse sangers. Zita het ook ‘n paar konsep-albums opgeneem o.a. De La Creme, saam met Corlea Botha en ook ‘n duet-album, Burgerd + Zita wat benoem was vir ‘n Tempo-toekenning. Zita het onlangs ‘n paar enkelsnitte bekend gestel, onder andere ‘Hoekom maak jou soene seer’ en ‘Begin Weer’

Haar liefde vir musiek het ook baie vinnig in ‘n liefde vir musiekteater oorgespoel. ZITA was genooi om deel te vorm van die Gauteng Opera geselskap as ‘n solois en het in verkeie operaen ander produksies haar verskyning gemaak as deel van hierdie geselskap, o.a. “L’elisir D’amore” en “Cula Msanzi”. Sy was ook te sien as Lilly in “Cradle Under the Shade”, ‘n Naledi genomineerde produksie, Nornia in “Don Pasquale” en Muzetta in Puccini se uitdagende “La Bohemè”. ZITA het in die 2017 produksie van die immergewilde afrikaanse musiekblyspel,
“Houtkruis die Musical”, haar buiging as Katerina gemaak. Haar uiters suksesvolle eenmanvertoning, “ZITA goes Classics” was ook al te sien op die planke van o.a. die Atterbury teater. Sy was onlangs te sien in die Pretoria Staatsteater se pantomime ‘Aspoestertjie’, asook die klug ‘My Oom se Vrou se Plekkie’ wat pas te sien was op die planke by Aardklop.

MEER OOR HAAR ENKELSNIT: ‘LIED
Donker is die afwesigheid van lig. ‘Ligte Skyn’ handel op ‘n palet van donker en lig liefdes ervarings waarmee mense hulle kan vereenselwig. Deur al die swart, donker tye, moet mens onthou dat helder strale van lig sal verskyn en deur die donker breek. Daar is geen beter lig as
liefde nie. Mag die “Ligte Skyn”.

Met ‘n oorspronklike nuutskepping deur Johan Oberholzer, en produksie deur Murray Lubbe, dra haar eerste enkelsnit die stempel van kontemporêre, varsheid. Dit is ‘n reuse produksie waarby van die land se beste musikante betrokke was.

Binnekort beskikbaar op iTunes, Google Play en ander digitale verspreiding.
LIED KREDIETE:
KUNSTENAARS NAAM: ZITA PRETORIUS
LIEDJIE TITEL: LIGTE SKYN
KOMPONIS: JOHAN OBERHOLZER
UITGEWER: UNIVERSAL MUSIC PUBLISHING

(Visited 543 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.