Musiek414 Videos



Kirstenbosch Summer Sunset Concerts Every Sunday To April
Top 20 vir die week: 19 Maart 2018
Cape Town: Strongbow Private Affair
It’s 2018 and your favorite 90’s and 00’s party is back!!! We doing what we do best – bringing you the sweetest Hip Hop and R&B from years gone by and delivering a production that will blow your mind.
Date:- 31 March 2018
Time:- From 19:00 until Late
Price:- R200-R300 P.P.
We are throwing it back to the golden age of Hip Hop and R&B, taking it back to a time of house parties, walkman and cassettes. We are going back to a time when you watched videos not DVDs, when it was all about Naughty By Nature, Brandy, MJ and a Tribe Called Quest.
We are bringing you a party that is all about the music we grew up loving, the music that they just don’t seem to make any more. The music that made us, who we are.
– Expect a mind blowing stage setup with quirky and innovative visuals that will have you reminiscing like never before.
R
Nuwe musiekvideo uit van Burgerd Botha – Die Sterre
Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!
Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.
LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit
Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting. Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.
Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwi
Verf Jouself is die nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss
Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!
Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.
Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.
Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me
Die Harrebaard manne tree op te Drostdy Theatre
As hulle die jongklomp kan laat wals en die ou tannies woes kan laat kuier, sal Harrebaard, die rockgroep wat bestaan uit Pierre van Pletzen, Frank Opperman, Anton L`Amour en Leon Ecroignard, gelukkig wees.
Datum:- 29 Julie 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R120
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Stellenbosch?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Harrebaard is die band wat te sien was
Jou Top20 vir week 23 Oktober 2017
Top 20 vir die week: 12 Februarie 2018
Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!
Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.
Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.
Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.
Datum:- 8 Junie – 9 Junie
Tyd:- Hekke open om 17:00
Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.
Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m
Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge
Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:
“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”
15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa
Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp
Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.
“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om
Kom sokkie saam by Sokkie Is Groot in Pretoria
Sokkie is Groot met Jay en Lianie in Pretoria aangebied. Aanhangers kan die aand om sokkie saam met een van Suid-Afrika se gewildste duetpaartjies, Jay en Lianie. Die Bonnie en Clyde van die Afrikaanse musiekbedryf is deel van die Sokkie Is Groot-konsert wat in Pretoria aangebied word.
Datum:- 8 Augustus 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- VIP Inskrywing: R150.00, Enkelinskrywing: R60.00, Paartjie: R50.00 elk, R100.00 vir albei (key asseblief kaartjies voor die skou, daar gaan verkope wees by die deur nie)
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?
Bekende Afrikaanse musiekgroep groet
Top 20 vir die week: 8 Januarie, 2018
Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein
Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.
Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.
“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”
Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.
Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn
Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’
Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.
Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer
Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het
Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.
Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.
Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv
Van Coke en ‘n paar van sy vriende snoer kragte saam!
Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.
Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.
Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.
As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.
Luister hier onder na van hulle treffers:-
Here is a short Bio of Rudi Claase, a well known singer
Rudi Claase was born on 11 January 1983 and grew up in Vereeniging with his parents and sister. He found that everything in Vereeniging was “taboo” and feels blessed to have known at a young age that music was going to be his forte.
He started playing piano by ear at the age of four. He says his family had two contrasting sides – one being extremely musical and the other, tone deaf which caused a friendly tug-of-war between the musical potential and lack thereof.
At the age of 13 his family moved to Vanderbijlpark, where he attended and matriculated at Transvalia High School. He always considered himself to be the “class clown” and was not very stimulated by the resources at hand. He had a wonderful music teacher, who was his escapology and if it wasn’t for her “hiding” him in her classroom and making excuses for him when he didn’t want to attend other classes, it would’ve hindered him from liberating himself from society and being
Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt
“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.
“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.
Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli
Talentvolle Ruby Rouge se eerste snit plaas haar talent in perspektief
Ruby Rouge is een van daardie kunstenaars wat jou beïndruk wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hartroerende opregtheid en meesleurende melodie in haar stem wat jou aangryp en by jou bly lank nadat sy klaar gesing het.
Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die eerste enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album so onvergeetlik maak.
Gaining Perspective is ’n ineteressante popmusiek- en klavierverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie ballade, uit haar eie pen, gaan oor selfaanvaarding en is ’n tema waarby almal sal aanklank vind. “Die liedjie gaan daaroor om jouself te aanvaar ten spyte van wat ander mense se opinies is,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar eerste vrystelling.
“Ek het altyd baie ongemaklik gevoel in my eie vel tot op die dag wat ek genoeg gehad het en ’n liedjie geskryf het daaroor om net jouself te wees en sterk te staan wanneer diegene rondom jou n
Geraldine se tweede snit is een om nie te ‘mis’ nie
Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landwyd gepryk.
Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op die kykNET Top 20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.
Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid. Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel graag haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.
Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week op radiostasies la
Stellenbosch Craft Beer Festival 2018
The Festival makes its annual return to the quaint student town. Lots of food trucks and live Music and naturally…CRAFT BEER!
Says the organisers of the event, Dawid Fourie, “we started the festival because we like beer and because there’s nothing like this in Stellenbosch.” Locals and visitors will have the opportunity to taste a wide selection of local brews, bound to sate the thirst of all beer lovers.
Date:- 14 April 2018
Time:- From 11:00 until 20:00
Price:- General Access with 500ml Beer Glass:
R 100 General Access with 500ml Plastic Cup:
R 85 Children (12-17):
R 60 Children under 12: Free
Festival-goers get to sample over twenty brews all under one roof. While no single beer-drinking experience is the same, the brews have distinctive flavours and textures so prepare yourself for a taste explosion. One will be able t