Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli

Bekende Afrikaanse musiekgroep groet

Van Coke Kartel (Foto: Facebook) Die Afrikaanse musiekgroep Van Coke Kartel gaan nie meer musiek maak nie. Dié groep het Woensdag in ʼn Facebook-inskrywing gesê hulle het ná “’n dekade van serious wilde rock ʼn roll jols, vyf albums, vyf drummers en talle internasionale toere” besluit om te ontbind. “Ons het 16 maande laas gespeel […]
image-.jpg
0

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.

“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”

Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn

image-.jpg
0

Geraldine se tweede snit is een om nie te ‘mis’ nie

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landwyd gepryk.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op die kykNET Top 20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid. Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel graag haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.

Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week op radiostasies la

Spoegwolf tree op te Atterbury Theatre – Pretoria

Spoegwolf sleep die laaste ses jaar soos `n kersfeesboom uit die woud. Hulle slaan dit op in die Atterbury Teater.

Datum:- 28 April 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R180 – R200

Hul stukkende bos liggies en skadu – as monument vir Suid-Afrikaanse kuns. `n Kuier van Musiek, Moed en Dinge wat Flikker vir 2018.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

‘N kort Bio oor Willem Botha, hy is jonk met baie talent

Willem Botha is ‘n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys.

In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.

In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.[2]

Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Willem Botha & Andriette Norman – “Hoe Meer Ons Dit Doen”

[WEN] ‘Altyd in my drome’ by die Brooklyn-teater

Die opwindende Afrikaanse musiekblyspel, Altyd in my drome, wat gegrond is op die Pierre de Wet-fliek van 1952, word eersdaags weer op die planke gebring, dié keer by die Brooklyn-teater in Pretoria. Dié blyspel, verwerk vir die verhoog deur Neels Clasen en Dawid Boverhoff, het reeds in 2016 sy teater-debuut gemaak met ʼn speelvak van […]
image-.jpg
0

Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.

Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.

Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980’s het hy ‘n

image-.jpg
0

Stellenbosch Universiteitskoor tree op te Hermanus

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van Suid-Afrika se mees gerekende Jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Hulle het die laaste 82 jaar hulle merk gemaak en het oor die wereld die laaste paar jaar as Wenners by internasionale koorkompetisies uitgetree.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 14:30

Prys:- R130.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R123.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

[Video] Kaleidoskoop vertel oor versoening, vergifnis in ‘die goeie’

Kaleidoskoop: Jouba en Anique Jordaan (Foto: Facebook) Die Afrikaanse musiekgroep Kaleidoskoop se jongste liedjie, “Die goeie”, vertel van ʼn boodskap van “vergifnis, versoening en transformasie”. Die groep stel die musiekvideo vir dié liedjie Dinsdag eksklusief op Maroela Media bekend. “Een manier om jou gedagtes te vernuwe is om jou oë op die goeie dinge te […]
radio – online radio
0

Music Marketing in the Digital World

Our digital world has changed the ‘music’ landscape. Right now there is a lot more music available to audiences than ever before because of digital platforms such as streaming sites and digital audio consumption channels. This has opened up a whole new world of content sharing to even the ‘smallest’ of bands and musicians. It […]
image-.jpg
0

Due Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans

Bottomless Coffee moes vir die perfekte dag wag om die video vir hul eerste Afrikaanse liedjie Ek Sal Wag te skiet.

Een van die lede, Lourens Rabé verduidelik: “Ons het Ek Sal Wag begin konseptualiseer rondom die gevoel van winter. Die liedjie was geskryf tydens toer op ’n koue en grys dag in Londen, en ons wou hierdie selfde gevoel vasvang op die video. Ons moes daarom die weervoorspelling dophou siende dit steeds somer was toe ons die video moes skiet. Toe die nodige kouefront uiteindelik op pad was, moes ons alles opsy skuif en dinge vir die maak van die video blitsvinnig reël.”

Volgens Lourens was die weer op die dag self ook maar op en af. Na ’n tydperk van “jakkals trou met wolf se vrou” kon hul net gedeeltelik verfilm as dit bewolk was en moes elke keer stop sodra die son uitgekom het.

“Ons is toe so 18:00 na die Paarl-berg en teen daardie tyd het die wolke behoorlik ingerol. Dit het soos winter in sy volle glorie gevoel.

image-.jpg
0

Het jy geweet Leah het goue status bereik?

Ná al die hoogtepunte van 2016, kan Leah sommer vroeg in 2017 nog een op die kerfstok plaas. Na ’n Ghoema, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en die heruitreiking van haar Wonderwerk CD in Deluxe formaat, kom die nuus dat verkope van die einste album die 15 000 kerf verbygesteek het. Dis reg, goue status vir Leah se Wonderwerk Deluxe-album!

Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kan word, en wat aan Leah al die toekennings besorg het, bevat die Deluxe-album treffers soos Volmaan, en ’n nuwe weergawe van Meer As Niks.

En met ’n nuwe weergawe van Met Jou Klere Aan, beantwoord Leah ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ’n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe-album moet aanskaf.

Een van die vier nuwe liedjies op die album, C’est La Vie, is ook die volgende liedjie wat aan radiostasies gestuur sal word en behoort

image-.jpg
0

Sanger Hanna Boss het ‘n enkelsnit uit:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle

image-.jpg
0

Ontmoet vir Stèfan Bezuidenhout hy is binnekort op almal se lippe

Onthou byvoorbaat die naam Stèfan Bezuidenhout. Die 11-jarige van Pretoria gaan binnekort op almal se lippe wees, wanneer sy debuutalbum die winkelrakke tref.

Stèfan is tans ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Wierdapark. Nadat hy ’n sangkompetisie toe hy slegs nege jaar oud was, sing hy nou saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Leah, Tarryn Lamb en Willem Botha.

Verlede jaar het die jong sanger ’n video op sy Facebook-blad gelaai waar hy Shawn Mendez se Mercy op ’n kalwerbord speel en sing. Die video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 8 000 keer gedeel.

“Ons het glad nie gedink die video gaan soveel aftrek kry nie. Ek het sommer die video met my selfoon by die huis geneem,” het Dewald Bezuidenhout, Stèfan se pa, onlangs aan Maroela Media vertel.

Stèfan werk op die oomblik aan ’n Afrikaanse liedjie. Hy het ook verlede jaar opgtree tydens Classics is Groot en sal vanjaar weer by Clas

SAUK Radio Dinsdag aande 7nm Top 20 met Pieter

Stuur jou stem vir jou liedjie of stuur die liedjie wat jy voel op die top 20 behoort te verskyn na [email protected]  (stemme sluit Vrydae om 2uur ) Gesels saam in die Klets kamer https://sauktv.com/ waar die radio ook speel – neem deel aan die gesprek Gesels saam op ons Skype klets sluit aan by die […]
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 26 Maart 2018

Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel is tans op nommer 6, Appel se liedjie “Boer loop deur my are”, tans op nommer 2, en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed”, want tans op nommer 3 is, is steeds onder die Top-5 aflaaisarsies die week.

Loer gerus hieronder na die musiekvideo’s, net vir jou om te geniet.

Na slegs ‘n week in die nommer 1-posisie, maak Liezel Pieters plek vir Appel se nuwe treffer liedjie “Boer loop deur my are”

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Appel – “Boer loop deur my are”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
5. Kurt Darren – “Haal asem”
6. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Janie Bay ft Hunter Kennedy

[Wen] Gaan vir Goud-konsert draai by Emperors Palace

Bobby van Jaarsveld (Foto: Verskaf) Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Adam en Robbie Wessels is op 20 Mei by Emperors Palace te sien in die Gaan vir Goud-musiekkonsert. Die sangers gaan hul groot treffers by dié geleentheid sing wat beloof om ʼn gróót partytjie te wees. Andi Shaughnessy, Emperors Palace se vermaaklikheids-bestuurder, sê dié konsert […]
image-.jpg
0

Joe Foster het verskillende gesigte “ontmasker” in sy nuwe video

Almal dra maskers – ’n geforseerde glimlag is seker een van die bekendstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel. Niemand wil hê die wereld moet hulle swakheid sien nie.

Dit was juis die idee agter Joe Foster nuwe musiekvideo, vir die snit, Look Away. “Om al hierdie emosies en gevoelens wat mens deurgaan in ’n moeilike tyd, vas te vang op my gesig in karakters, kleur, en maskers, terwyl ek emosieloos voor my uitstaar. Die maskers praat dus oor wat ek binne voel en kontrasteer dit wie ek eintlik is,” vertel Joe.

Die storielyn speel af in ’n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaar bymekaar kom om jou op ’n reis van gevoelens te neem.

CD van die maand (resensie): Deur my venster – Refentse

My hart bly in ʼn taal, die CD waarmee Refentse Morake verlede jaar sy debuut gemaak het, het nie net die aandag van die publiek op dié jong man gevestig nie, maar ook dié van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Vroeër vanjaar het hy vier Ghoemas met dié CD verower: dié van manskunstenaar van die jaar, album […]
musiek – lianie may en J
0

Top 20 Afrikaanse Liedjies – Net vir jou !!!

Die top 20 Liedjies tot sover vir die jaar:- 1.Lianie May & Jay – Da’ Vat hy 2.Len Muller & Joshua na die Reën – Vir die een wat geval het 3. Georic Lomas – Bazaruto 4. Charlize Berg – Braaf 5. Refentse – Sonvanger 6. Neil Somers – Silwerkombers 7. Karen Zoid – Waar […]