Musiek414 Videos

musiek – top 20
0

Jou Top 20 vir die week, met ‘n paar verassings.

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. En wat ‘n verrasing het ons nie in die week se keuses nie. Ruan Josh en Franja du Plessis is nommer 1 die week met hulle liedjie “Ek wil lewe”, hierdie broer en suster trio mag maar sing. Hoop om hulle vir ‘n hele paar weke op […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20 se nommer #1 plek, en dit is niemand anderste as Appel met sy liedjie “Kom en lê my neer” Ray Dylan maak sy toetrede tot die Top 20 die week met sy liedjie “Vir […]
image-.jpg
0

Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood

KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.

Datum:- 3 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Nuwe snit uit deur Wikus Botma wat gaan oor die kunstenaar se lewe

Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.

Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.

Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so

image-.jpg
0

Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanha

image-.jpg
0

Dis tyd vir Jacaranda Day 2018: Die warmste kaartjie wat nóg gaan besit!

Is jy gereed om jou hande op die warmste kaartjie van die jaar te kry? Jacaranda Day is terug, en groter as ooit!

Jacaranda FM, bied weer vir jou ’n musikale skouspel met van ons land se gewildste kunstenaars .

Datum:- 2 Junie 2018

Tyd:- 10:00 tot 18:00

Toegang:- R165 volwassenes
R85 kinders onder 12 en vir pensionarise

Parkering:- R60

Jy kan van die volgende kunstenaars tesiene kry:- Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Martin Bester, Jo Black, Refentse, Brendan Peyper, MiCasa, The Parlotones en vele meer sal tydens die geleentheid optree.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘

image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

‘N roerende weergawe van Koos du Plessis-treffer word vry gestel deur Wynand Strydom

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.

Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.

Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat op pad is.

Die hele album sal bestaan

musiek – top 20 4
0

TOP 20 – Week 28 Augustus 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ruan Josh en Franja du Plessis het hulle posisie kwyt en Karen Zoid skuif verby hulle tot op die Nommer 1 gleuf. Die Top 20 is julle keuses, dus stem stem stem. Daar is nuwe sangers wat die Top 20 betree, hulle is Monique Steyn, Appel en […]
beardedmen
0

Stellenbosch Woordfees: Jo Black & The Bearded Men

Kom geniet `n buitelugkonsert in die pragtige Stellenbosse natuurskoon en kry iets te ete by die kosstalletjies. Bring net iets om op te sit en `n trui of baadjie om aan te trek. (Geen piekniekmandjies nie) Datum:- 7 Maart 2018 Tyd:- From 18:30 until 19:40 Adres:- At Jan Marais Nature Reserve, Victoria St, Stellenbosch, Western Cape
image-.jpg
0

Cape Town: Strongbow Private Affair

It’s 2018 and your favorite 90’s and 00’s party is back!!! We doing what we do best – bringing you the sweetest Hip Hop and R&B from years gone by and delivering a production that will blow your mind.

Date:- 31 March 2018

Time:- From 19:00 until Late

Price:- R200-R300 P.P.

We are throwing it back to the golden age of Hip Hop and R&B, taking it back to a time of house parties, walkman and cassettes. We are going back to a time when you watched videos not DVDs, when it was all about Naughty By Nature, Brandy, MJ and a Tribe Called Quest.

We are bringing you a party that is all about the music we grew up loving, the music that they just don’t seem to make any more. The music that made us, who we are.

– Expect a mind blowing stage setup with quirky and innovative visuals that will have you reminiscing like never before.

R

image-.jpg
0

Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.

Datum:- 17 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R150 – R175

Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!<

image-.jpg
0

Gehoor van die Gevoel van Veiligheid, hulle het ‘n nuwe album uit

Die groep Gevoel van Veiligheid, het die afgelope twee tot drie jaar tyd in Ruan Graaff se ateljee spandeer om hul nuwe album Man in die maan, te voltooi.

Die titelsnit van die album is ook hul splinternuwe enkelsnit, wat 20 Julie aan die publiek bekendgestel word. Volgens ’n mediaverklaring reik die groep juis die enkelsnit op 20 Julie uit omdat dit ook die dag is waarop Neil Armstrong vir die eerste keer op die maan was.

“Man in die maan vat jou terug na jou kinderdae, toe ons nog in die eenvoudige dinge in die lewe kon glo,” vertel Deon Roos, een van die groeplede.

Gevoel van Veiligheid is in 2011 gestig as ’n akostiese duo. Aan die einde van 2011 is hul eerste enkelsnit Skaterlag uitgereik op die destydse MK-kanaal. Sedert die uitreiking het hulle ’n verhoog met talle Suid Afrikaanse musikante gedeel, nog sewe enkelsnitte uitgereik, ’n paar keer op die kleinkassie verskyn en ’n breuk gevat om hul album te voltooi.

Oor di

image-.jpg
0

Verf Jouself is die nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

0

Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplementeer mekaar op ’n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ’n hoendervleismooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit. “Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde.
image-.jpg
0

Die sanger Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.

Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.

“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.

“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k

0

Durbanville: Blue Tuesday’s @ Die Boer

The LAST Tuesday of every month is Blue Tuesday!... a night dedicated to the true blue-blooded blues lover ...and the music is the kind of stuff you will find in the back-streets of Chicago and New Orleans. South Africa is blessed with an almost unbelievable crop of world-class blues musicians, despite the fact that, in this country it is still very much alive. Date:- 6 March 2018 Time:- From 18:30 until Late
image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Burgerd Botha – Die Sterre

Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!

Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.

LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting. Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.

Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwi

musiek – top 20 4
0

Jou Top20 vir week 23 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Brendan Peyper betree die week se Top20 met ‘n nuwe liedjie genaamd “Vanaand sê ek net ja”. Steve Hofmeyr se liedjie “Feeslied” bly vir die 2de week op nommer een. Loer hier onder vir die gewilde musiekvideo van Brendan Peyper “Vanaand sê ek […]
musiek – top 20
0

Jou Top 20 vir die week – 12 Junie

Die lysie van die Top 20 op SAUK Radio het baie verander, maar daar word gekompeteer vir die no 1 gleuf. Daar is 8 snitte wat beter gevorder het as verwag, en daar is 8 hulle posisies verloor het en 4 kunstenaars het hulle posisies behou. Elvis Blue met sy gewilde liedjie ‘Die brug” is […]
radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir week 12 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, in vandeesweek se SAUKRadio se Top 20 is daar baie ‘rond-gespring’ deur die kunstenaars. Steve Hofmeyr is sy nommer 1 en 3 posisies kwyt en skuif af tot nommer 4. Joshua na die Reën my sy liedjie “2017” kom in op nommer een, nogal vir die tweede […]

CD van die maand (resensie): Chris Chameleon – Jy en ek en ek en jy

Chris Chameleon Vernuwing word dikwels oorspeel, as sou dit die enigste of selfs belangrikste kriterium wees wat ʼn kunstenaar se loopbaan moet kenmerk. Ten onregte word dikwels van ʼn kunstenaar verwag om met elke nuwe CD met “iets nuuts” vorendag te kom. Is vernuwing deurgaans moontlik, wonder ʼn mens. Verruiming is ʼn ander saak. Om […]
radio – top 20 2
0

Hier is jou Top 20 vir week 6 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. ‘N julle nuwe paar liedjies het ons Top 20 betree. Elvis Blue betree die week ons Top 20 met sy splinternuwe liedjie names “Blou”. Len Muller met sy liedjie “Ons is een” en Jay se liedjies “Solank” is ook nuwe snitte tot die […]