Koos Kombuis – Onder in my whiskey-glas
André le Roux du Toit is op 5 November 1954 in Kaapstad gebore. Sy ma was ’n onderwyseres en sy pa ’n maatskaplike werker, en die gesin het gereeld verhuis sodat Koos op Riversdal, in die Paarl, Wellington, Kuruman, Bellville, Stellenbosch en in Pretoria grootgeword het. Op Stellenbosch was hy in Paul Roos Gimnasium in […]



