Die van Wyk Broers – Skemerlig boogie

Die van Wyk broers was van Klerksdorp en het bestaan uit:

1. Adriaan (Stompie) op konsertina;
2. Johannes (Hansie) as hoof kitaarspeler;
3. Hendrik (Hennie) op baskitaar.

Hulle het eers vir Jannie van Tonder gespeel voordat hulle besluit het om hulle eie orkes te begin. Aanvanklik het hulle bekend gestaan as Die van Wykies en het dadelik groot sukses behaal en een van die beste orkeste in Klerksdorp, omliggende dorpe en tot diep in die Vrystaat geword. Onder die publiek het hulle bekend gestaan as die twist-konings van die Boeremusiek wêreld, en dit as gevolg van hulle opgewekte twist-, boogie- en kwêla komposisies wat in ‘n besonderse twist-styl aangebied is met die kitaar en konsertina.

Baie van hulle liedjies is gekomponeer deur Stompie en Hansie, en sover bekend het hulle vyf albums uitgereik voordat hulle ontbind het.

Hierdie liedjie is afkomstig vanaf die album “Boogie Party” wat in 1966 uitgereik is.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.