Afrikaanse musiek946 Videos

Prinses Delilla
0
02:57

Prinses Delilla

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Prinses Delilla · Fredi Nest 20 Goue Treffers ℗ 2011 South Africa - Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
A Song for All Lovers
0
04:15

A Song for All Lovers

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment A Song for All Lovers · Fredi Nest Sing John Denver ℗ 2015 SME Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: John Denver Auto-generated by YouTube.
Lekkerder By Jou
0
03:16

Lekkerder By Jou

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Lekkerder By Jou · Fredi Nest Hey DJ ℗ 2006 SME Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Don Kelly Composer, Lyricist: Marc Brendon Auto-generated by YouTube.
Ian & DIx – Môre
0
02:19

Ian & DIx – Môre

Ian Mostert is op 11 Januarie 1949 in Kroonstad gebore, en Dix Vorster op 25 November 1948 in Uitenhage, maar sy ouers het na Kroonstad verhuis toe hy 6 jaar oud was. Hulle het ontmoet toe hulle skoliere aan Sentrale Volkskool Kroonstad was, en het vriende gebly totdat hulle hulle skoolloopbaan voltooi het aan Hoërskool […]
Billy Vaughn – Hart van steen (Wooden heart)
0
02:10

Billy Vaughn – Hart van steen (Wooden heart)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Sewus van Rooyen – Voordat my hart breek
0
02:00

Sewus van Rooyen – Voordat my hart breek

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
a Capella Koor – Seun met sy trom
0
02:03

a Capella Koor – Seun met sy trom

a Capella Koor het bestaan uit mooi jong stemme van oor die hele Pretoria – lede wat in alle soorte beroepe gestaan het, maar met een gemeenskaplike doel – om lekker te sing! Elise Rautenbach – stigter en koorleidster. Ds. Nico Rautenbach – koorbestuurder. Oorspronklik was a Capella natuurlik (soos die naam aandui) ´n koor […]
Leslie Greeff – Maanlig op die Vaalrivier se walle
0
02:27

Leslie Greeff – Maanlig op die Vaalrivier se walle

Leslie Eugene Greeff is op 14 April 1921 op Bethanie in Namibië gebore, waar sy pa in diens van die S.A. Polisie was. In later jare het die gesin eers na Uitenhage verhuis waar Leslie sy laerskooldae aan Muir Kollege voltooi het, en toe na Wellington waar hy matriek aan die Hoër Jongenskool in die […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:04

Chris le Roux – Opsitaand

Christiaan Jacobus le Roux is op 1 Desember 1944 in Carnarvon in die Kaapprovinsie gebore en het ook sy skoolloopbaan daar begin. Nadat sy pa oorlede is toe hy nog baie jonk was, het die familie eers na Richmond en toe na Victoria-Wes getrek waar Chris in 1963 matriek geskryf het. Hy was altyd baie […]
Die Mellotones – Daar sal geen klokke lui
0
02:29

Die Mellotones – Daar sal geen klokke lui

Die Mellotones (aanvanklik bekend as die Drie Mellotones) het bestaan uit Leonard “Len” Bobrow, Esky Jawitz en Al Mazin. Hulle het mekaar een aand op ‘n partytjie ontmoet, ‘n paar liedjies saam gesing en net daar besluit om ‘n sang trio te vorm. Hulle het in talle verskeidenheidskonserte opgetree, o.a. “Verskeidenheid Onder Die Sterre”, wat […]
Chris du Toit – Sout en peper
0
02:26

Chris du Toit – Sout en peper

Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Marié du Toit – Die lewe is
0
02:55

Marié du Toit – Die lewe is

Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Op patrollie (On patrol)
0
03:18

Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Op patrollie (On patrol)

Hans Olaf Waldemar Rudiger Felix Januarius Andresen is op 14 Januarie 1902 in Berlyn, Duitsland, gebore en het reeds op skool viool begin speel en sy eerste uitvoering gelewer toe hy 14 jaar oud was. Na skool het hy besluit om die wêreld te verken deur op ‘n swerftog te gaan, en het homself in […]
Gwynneth Ashley Robin – Tesame
0
03:16

Gwynneth Ashley Robin – Tesame

Gwynneth Joubert is op 20 Augustus 1960 in Johannesburg gebore. Reeds op die ouderdom van 9 het sy by haar pa se plesieroord, Robinson Lake naby Randfontein, begin sing saam met verskeie groepe, en dis hier waar Jody Wayne haar “ontdek” het, en vir haar ‘n kontrak met die Teal platemaatskappy beding het. Haar ma […]
Die Kavalier – Kinders van die wind
0
02:23

Die Kavalier – Kinders van die wind

Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Kersvet en konfetti
0
02:35

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Kersvet en konfetti

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Vlooi, vlooi (Steek op die kers)
0
02:10

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Vlooi, vlooi (Steek op die kers)

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). Dis ook op ‘n 78-spoed plaat deur His Master’s Voice uitgereik, vermoedelik in die 1950s, met die titel "Steek op die kers". BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!