Afrikaanse musiek946 Videos

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Ou Jan
0
02:16

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Ou Jan

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). Dis ook op ‘n 78-spoed plaat deur His Master’s Voice uitgereik, vermoedelik in die 1950s. BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Vicki du Preez – Ek min jou
0
02:34

Vicki du Preez – Ek min jou

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.
Caroline Grace – Ek Bid Vir Jou
0
03:43

Caroline Grace – Ek Bid Vir Jou

Music video by Caroline Grace performing Ek Bid Vir Jou. (C) 2017 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/W3b0ap
Sarel Fourie’s “Dinky”
0
03:07

Sarel Fourie’s “Dinky”

Sarel Fourie, from the movie Fanie Fourie's Lobola, has just released the title track from his new album, "Dinky." You can buy the album from iTunes or email [email protected] for a signed copy! Twitter: @realsarelfourie Facebook: facebook.com/realsarelfourie
Manie Jackson – Donker Hart
0
03:46

Manie Jackson – Donker Hart

Music video by Manie Jackson performing Donker Hart. (C) 2018 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd - Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd #ManieJackson #DonkerHart #Vevo
Chris Chameleon Theater Tour 2009: Day Three
0
02:21

Chris Chameleon Theater Tour 2009: Day Three

Chris Chameleon's Theater Tour 2009 in Belgium and the Netherlands ... VIDEO BLOG of DAY 3, it's an off day. in this episode, chris goes to zieriekzee on a bicycle, enjoys a beer or two. October 14
Man Overboard
0
03:00

Miskien

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Miskien · Fredi Nest Se My ℗ 2005 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Stef Kruger Auto-generated by YouTube.
Dit Sal Nie Net By Woorde Bly
0
04:25

Dit Sal Nie Net By Woorde Bly

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Dit Sal Nie Net By Woorde Bly · Fredi Nest Begin by My ℗ 2012 SME Africa (Pty) Ltd Released on: 2014-10-24 Composer, Lyricist: Werner Beukes Composer, Lyricist: Jomari Greyling Auto-generated by YouTube.
Ricus Nel – Rebecca
0
02:47

Ricus Nel – Rebecca

Music video by Ricus Nel performing Rebecca (Live). (C) 2018 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd – Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd http://vevo.ly/X34ggz
Look Away
0
03:45

Look Away

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises Look Away · Fredi Nest Wie Is Jy? ℗ 1999 Street Sounds Released on: 2004-12-28 Auto-generated by YouTube.
JAN JAN JAN – Ek Bly ‘n Boer
0
05:08

JAN JAN JAN – Ek Bly ‘n Boer

Music video by JAN JAN JAN performing Ek Bly ‘n Boer. (C) 2020 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under exclusive licence from Boerboel Wear (Pty) Ltd http://vevo.ly/rhskWg
Gert Potgieter – Baba boogie
0
02:06

Gert Potgieter – Baba boogie

Gerhardus Petrus Potgieter is op 14 November 1929 te Watervallandgoed in Johannesburg gebore (deesdae staan dit bekend as Northcliff). Hy het reeds op skool formele sangopleiding ontvang en het met groot sukses die rol van Mordechai in Handel se Esther vertolk. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het aan Helpmekaar Hoërskool, het hy by Die Transvaler […]
Mike du Preez – Minnelied
0
03:45

Mike du Preez – Minnelied

Michael du Preez het sy opname debuut in 1964 by Gallo gemaak met die album “Swing And Sway” waarop hy begelei is deur Billy Prout-Jones op tromme en Cecil Ferra op bas. Met die opneem van sy langspeelplaat “Die Huwelikslied” is hy deur Hennie Bekker se orkes begelei, terwyl Billy Forrest en Ian Martin vir […]
Marie van Zyl – Daar’s ‘n man op die grens
0
03:34

Marie van Zyl – Daar’s ‘n man op die grens

Marie van Zyl is op 15 Desember 1942 in Roodepoort gebore. Selfs as kind het sy verskeie talentkompetisies gewen vir haar sang, en het in die vroeë 1960s formele opleiding in musiek, spraak en drama in Londen gekry by verskeie vooraanstaande instansies, insluitend Trinity College of Music, Royal Academy of Dramatic Art en Stanford College. […]
Louis van Rensburg – Boeremense
0
01:24

Louis van Rensburg – Boeremense

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Ruben Lennox – Toe ons nog kinders was
0
03:54

Ruben Lennox – Toe ons nog kinders was

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Susanna van Saldanha
0
02:00

Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Susanna van Saldanha

James Richard William Rayson is op 13 Desember 1923 in Wynberg, Kaapstad gebore waar sy pa werksaam was by die destydse Spoorweë & Hawens. Die familie het later verhuis na Mosselbaai waar Jimmy in skoolkonserte en tydens byeenkomste van die debatsvereniging gesing het. Na matriek het hy aangesluit by die Weermag en het tydens die […]
Johan van Rensburg & Die Alabama-Ritmegroep – Net ‘n stille uurtjie
0
03:38

Johan van Rensburg & Die Alabama-Ritmegroep – Net ‘n stille uurtjie

Suid-Afrikaanse groep wat deur Johan van Rensburg gestig is terwyl hy musiek regisseur van die Alabama Studentegeselskap was. Lede: 1. Johan van Rensburg – klavier 2. Rudi van Eldik – tromme 3. Louis van Rensburg – ritmekitaar (Johan se broer) 4. Koos Lessing – baskitaar Johan Janse van Rensburg is op 2 Oktober 1944 in […]
Gereformeerde Blues Band – Hillbrow
0
04:00

Gereformeerde Blues Band – Hillbrow

Ralph John Rabie is op 27 Maart 1960 in Johannesburg gebore, maar het in Sasolburg matriek voltooi. Op die ouderdom van 11 het hy by troues begin optree en vanaf 13 het hy sy eie liedjies begin geskryf. Na skool het hy aanvanklik by die Universiteit van Pretoria ingeskryf, maar het na ‘n paar dae […]
Jurie Ferreira met Nico Carstens & Sy Orkes – Die ringetjie
0
02:37

Jurie Ferreira met Nico Carstens & Sy Orkes – Die ringetjie

Johannes Jurgens Ferreira is op 3 Maart 1921 in Ventersdorp in die Noordwes Provinsie gebore. As kind het hy en sy tweelingbroer, Ben, gereeld saam met hulle pa, Jurie Ferreira Sr, gesing terwyl hy hulle op die kitaar begelei het. In 1936, as 15-jarige, het Jurie se pa hom Johannesburg toe geneem vir sy eerste […]