Steeds agter tralies: Vier van die vyf aangekeerde verdagtes in die Donovan Marx-hofsaak het vanoggend (13 November 2026) in die Landdroshof op Ventersdorp verskyn waar verwag is dat hulle aansoek om borg sou doen. Al vier verdagtes het egter hul aansoek om borg vir eers laat vaar en bly in aanhouding, terwyl die ondersoek na dié gewelddadige plaasaanval op Marx voortgesit word. AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, het vandag se verrigtinge bygewoon en verwelkom die feit dat dié verdagtes agter tralies bly.
