Die eerste hofverskyning van vier van die aangekeerde verdagtes in die Donovan Marx-saak het vandag in die Landdroshof op Ventersdorp plaasgevind. Marx is verlede week aangeval op sy plaas tussen Ventersdorp en Potchefstroom. Hy is raakgeskiet, met ‘n mes gesteek en sy ore is afgesny. AfriForum se Kallie Kriel het weer na president Cyril Ramaphosa gekap vir sy weiering om dié wrede aanval te veroordeel.
