Of jy nou ’n gesoute sakeman is of jou splinternuwe besigheid steeds uit jou ouers se motorhuis bedryf, is dit nooit té laat om jou vaardighede op te skerp nie.
Daarom bied die AfriForum Sakenetwerk vanjaar as deel hul Entrepreneur van die Jaar-kompetisie verskeie webinare en werkswinkels aan om nuwe én ervare entrepreneurs meer oor leierskap, finansies, sosialemediabestuur en vele meer te leer. Sedert 2017 het meer as 250 entrepreneurs vir dié kompetisie ingeskryf en meer as 7 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem.
Skryf vandag in en stap weg met die Entrepreneur van die Jaar-titel, kontant, mentorskappe, ’n splinternuwe netwerk van entrepreneurs, promosiemateriaal en hope blootstelling. Inskrywings sluit 16 September 2021: https://www.afriforumsakenetwerk.co.za/entrepreneur-van-die-jaar-kompetisie/skryf-in/
