top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 23 Januarie 2018

Na slegs een week in die no. 1-posisie maak Jay se liedjie “Solank sal ek jou liefhê” plek vir Ray Dylan se “Uitbasuin” wat ook die titelsnit van sy nuwe album is. Anders se nuwe liedjie, “Bruid”, en Vernon Barnard se nuwe enkelsnit, “Voel”, betree die week se Top 20. Jo Black geniet nog heelwat […]
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 19 Februarie 2018

Twee kunstenaars wat die week uitstaan in ons Top 20 is Jo Black en Kurt Darren. Albei se musiek word nog flink afgelaai op aanlynplatforms soos iTunes. Jo Black se liedjie “Die vrou wat ek liefhet” bly die week in die nommer 1-posisie en Kurt Darren se lied “Haal asem” betree die week die Top […]
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 26 Februarie 2018

Die Afrikaanse sangeres Liezel Pieters se jongste enkelsnit “Sing jou hart uit”, is maar onlangs uitgereik en pronk reeds op treffersparades landwyd. Die liedjie betree die week se Top 20 op nommer 19. Die musiekgroep Anders se liedjie “Bruid”, wat ook die title van hul jongste album is, neem die week die nommer 1-posisie in.
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 5 Maart 2018

Elandré betree hierdie week se Top 20 op nommer 19 met sy liedjie “Die lyn” wat op sy debuutalbum, Kleindorp-dromer. Die album het al goue status behaal. Die musiekvideo van die liedjie is onlangs bekendgestel en is tans onder die top-20 mees afgelaaide liedjies op iTunes. (kyk gerus hieronder na die musiekvideo)
image-.jpg
0

Die sanger Vernon Barnard deel sy siel in sy debuut-album

“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.

Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.

Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It Tha