Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
image-.jpg
0

Manie Bodenstein mag ons dalk verlaat het, maar sy musiek lewe nog

Oom Manie Bodenstein (15 Julie 1928 — 17 Oktober 2013) is ‘n bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler.

Hy het van vroeg af in musiek belanggestel en op 8-jarige ouderdom reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.

Diskografie
Van Manie se albums sluit in:

Deur Die Jare 1947 – 1996
Twintig Van Die Beste
Boeremusiek Treffers
Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek
Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek
Boeremusiek Vang Spoed
RSG se Gewildste
So Ry Die Boere (saam met Blackie Swart)

Luister hier onder na een van sy musiekstukke:- Manie Bodenstein – Oom Hans se gemmerdans

image-.jpg
0

Manie Jackson tree op by die Vrystaat Kunstefees 2018 – Bloemfontein

Die 2019 Bok Radio Bootvaart beloof om DIE GROOTSTE partytjie van die jaar te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur 22 Kunstenaars wat oor die 4 dae gaan optree. Alle vermaak op die Deck, in die Crystal Lounge en Disco is gratis.

Datum:- 9 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

image-.jpg
0

Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!

Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.

Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.

Nie almal gaan v

image-.jpg
0

Melindi Charle is very quiet these days, but here are a few things you need to know about her

Melindi Charle – South Africas Marilyn Monroe. Born in Durban, Melindi began her career in entertainment back at the tender age of 5. Singing and acting were her first calls to the world of entertainment.

After years singing and acting, acquiring numerous certificates in dance, theater and singing she got her big break with her debut E.P. “Ydelmens” back in 1999.

It was apparent from “Ydelmens” release that South Africa had a gem in Melindi. A sultry, sexy, versatile afrikaans pop, rock, folk, easy listening style singer with her blonde curls and superior voice that the limelight would call her soon.

In 2000 came “Fire In The Dark” and so the spark in the dark was lit and the star that is Melindi Charle began to shine

image-.jpg
0

Musiek en vermaak vir die hele gesin:- Super Naweek!!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Datum:- 22 Junie – 24 Junie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag, R60 per kind onder 12 per dag (dit sluit toegang tot alle kinder aktiwiteite in)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Blythedale Event Bowl?? SA Radio

Nadine het ‘n vertoning te Weiveld

Kom kuier saam met Nadine by Weiveld. Oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek. Weiveld bied ook die HEEL BESTE in klank aan, asook TWEE GROOT skerms.

Datum:- 6 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R50

Sitplekke/ Tafels moet voor 19:30 ingeneem word. Bespreekte plekke word slegs tot 19:30 gehou.


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Adres:- Plot 49, Zwavelpoort, h / v Grahamweg (verlenging van Lynnwoodweg) en Boschkopweg, Pretoria

Kontak:- 071 471 6698

Kaartjies kan bespreek word by Ticketpros


image-.jpg
0

Nataniel is te siene by Roodepoort Theatre

Nataniel keer terug na Bloemfontein vir twee skouspelagtige vertonings wat sy snaaksste Afrikaanse en Engelse stories insluit. Hy is op sy verhoog by die verhoog en sal Floris Louw se nuwe kostuums dra.

Datum:- 23 & 24 Junie 2018

Tyd:- 23 Junie:- 19:00, 24 Junie:- 15:00

Toegang:- R220


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Roodepoort?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou

image-.jpg
0

Navi Redd tree op te Atterbury Theatre – Pretoria

NO INSTRUMENTS, NO PROBLEM! Navi Redd is terug by Atterbury Teater! Ouer, gryser, wyser en beter as ooit tevore.

Bring jou ma, jou pa, jou man, jou vrou, jou skoonma, jou ouma , jou kinders, jou broer, jou vriende en vyande! Vermaak vir oud en jonk!

Datum:- 28 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28

image-.jpg
0

Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word

Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.

Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.

Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]

SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe album bekend gestel deur Jan Blohm dis gevul met liefde, Blues en Rock

Jan Blohm is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.

Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde. Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.

Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om ’n roman te lees en vertel die verhaal van ’n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is.

Jan se toekennings deur die jare is ’n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorsronklik, net soos hy kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Loer hier onder na een van sy treffers op die album:- Jan Blohm – Liefde Maak

image-.jpg
0

Nuwe album uit van dié rebelseun Jan Blohm

Die sanger Jan Blohm se jongste vrystelling, Die Liefde Album, is pas na ses jaar uitgereik. Die Liefde Album is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul blues, rock en poëtry.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, liefde al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe liefde-album homself.

Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ’n doen-ding, nie ’n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames, en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van hierdie produksie is Joh

image-.jpg
0

Nuwe album uit van stout-seun Snotkop

Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, Sous, is geen uitsondering nie.

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong-in-die-kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

Meeste van die snitte het hope tempo en skop, maar daar’s ook ’n paar wat rustiger is vir bietjie asemskep… vir diegene wie se partytjie-lywe bietjie oefening nodig het.

Die sn

image-.jpg
0

Nuwe debuut-album is hier van Jan Bloukaas

‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe bederf vir die oor wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Nadat dié innoverende musikant se treffer, Kaas elke Dag in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, Desember, nie maar ook na sy debuut-album, Lewe, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word.

Alhoewel Desember gaan voortbou op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het, meen hy dat dit beslis ’n dieper kant van homself aan gehore gaan bekendstel. “Die liedjie gaan oor iemand spesiaal, wat vir my gevoel het soos ’n Desembervakansie, toe alles rondom my rof gegaan het. Dit is geïnspireer deur my eie Desember-ervaringe en ek glo dat almal daarmee sal kan vereenselwig, omdat die meest

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit deur Riaan Grobler – ‘Alles’

Die sanger, radio-omroeper en TV-aanbieder, Riaan Grobler se nuwe enkelsnit Alles, ’n kommersiële danstreffer en die titelsnit van sy nuutste album, is pas vrygestel.

Dié liedjie, wat deur Michael de Lange geskryf is, gaan oor hoe jy vir jou geliefde verduidelik wat hy of sy alles vir jou beteken in die vorm van die alfabet. “Dit is ’n lekker liefdesliedjie waarop mens uiteraard baie lekker kan dans ook. Ek het my album so beplan dat dit ’n voelgoed album is met danstreffers, maar tog ’n stukkie nostalgie het,” vertel Riaan.

Volgens Riaan het hy juis besluit op die liedjie omdat dit ‘alles’ op sy album so mooi saamgevat het. “Ek het die album opgeneem in ’n baie persoonlike tyd van my lewe. Die liedjie het dit waar deur ek gegaan het saam gevat – liefde, hartseer, teleurstelling, maar tog ook inspirerend.”

Hy hoop die publiek sal van die liedjie hou aangesien mense gereeld vir die liedjie op sy vertonings vra. “Dit is

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Dawie de Jager, dis BEYOND INFINITY

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nóú is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, BEYOND INFINITY, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. BEYOND INFINITY is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Sharoney en dit gaan harte steel

Suid-Afrika se gunsteling-borrelende blondekop, Sharoney, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sommer diep in luisteraars, van alle ouderdomme, se harte gaan kruip.

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit van Mari Bosman uit en sy vier vrouwees

Mari Bosman het pas haar nuwe enkelsnit, As Vrou, ter viering van Vrouemaand- en dag vrygestel. En nes haar siening van vrouwees, gaan die liedjie liefde en omgee in sy verskillende vorme uitstraal…

“Omdat dit Vrouemaand en binnekort ook Vrouedag is, wou ek graag iets daarbuite sit ter viering van vroulike rolmodelle. Ek wou ook uitbeeld waarna ek streef in my eie vrouwees,” vertel die sangeres, wat die enkelsnit saam met die skrywer Vaughan Gardiner gepen het. Hugo Ludik en Vaughan het die verwerking daarop gedoen.

’n Musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem en vervaardig is, word ook vrygestel en dra nes die liedjie self ’n sterk boodskap aan vroue oor.

Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit vrygestel deur Dawie de Jager

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jo

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit/musiekvideo uit van Chanell van den Bergh

Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.

Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.

Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.

Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wa