Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Kom geniet die Die Melktert Kommissie Live – Pretoria

Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op die verhoog te waag!

Datum:- 6 Oktober 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R170

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Die Melktert Kommissie is `n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar g

image-.jpg
0

Kom geniet die Groot Gees Fees die Afrikaanse lewenstylfees.

Drie noodsaaklike lewenstylelemente, naamlik kos, vermaak en kreatiewe lewe, sal saam gemeng word om ‘n vermaaklike vertoonkas van alles wat plaaslik en lekker is, te produseer.

Datum:- 14 & 15 September 2018

Tyd:- Vrydag: 16h00 tot 22h00, Saterdag: 11h00 tot 22h00

Toegang:- R50.00: Kaartjie sluit ‘n gratis drankie in, bv. Plaaslike bier / glas wyn / koeldrank / water. Kinders onder 10 gratis. Silver Star Beloning Program: Goue kaart: R45.00, Platinumkaart: R42.50, Swart Kaart: R40.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Muldersdrift, Johannesburg?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.
image-.jpg
0

Kom geniet die Menlo-Maskerfees!

Die planke kraak van talent! Die dansers staan gereed om jou asem weg te slaan. Kom word betower deur n fees van Kultuur!

Datum:- 18 – 20 Septgember 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Kom geniet die Swartlandskou Maskerbal – Moorreesburg

Kom geniet Swartlandskou se eerste MASKERBAL, `n heerlike plattelandse atmosfeer met die verruklikste musiek en die lekkerste kos Vrydagaand.

Datum:- 31 Augustus 2018

Tyd:- 18:00 – 23:00

Toegang:- Enkel kaartjies kan nie vir hierdie geleentheid bespreek word nie. Kliënte moet ‘n volledige tafel van 10 beskikbare sitplekke in totaal ter waarde van R2250.00 per tafel bespreek. PRYS DEK ‘N 3 KURSUS AANDETE IN PER PERSOON.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moorreesburg, Wes Kaap?? SA Radio

image-.jpg
0

Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit

Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.

Datum:- Vrydag, 11 Mei, om

Tyd:- 17:30 tot laat

Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.

Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
image-.jpg
0

Kom kuier by die Rocking Potch – Potchefstroom

Rocking Potch is `n Splinternuwe fees wat Co Creative Concerts na Potchefstroom bring. Met stalletjies, `n biertuin, wyn en craft beer tent en van die land se Top Kuntsenaars is hierdie verseker die plek om te wees.

Datum:- 7 & 8 September 2018

Tyd:- 13:00

Toegang:- R250.00: vir alby dae!!


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Potchefstroom?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

A

image-.jpg
0

Kom kuier in Bloemfontein vir die Wolhaarstories sessie

Lam op die spit 3-gang buffet – eet soveel as wat jy wil – met lewendige vermaak, bon vuur en kontant kroeg.

Datum:- 11 – 14 Julie 2018

Tyd:- 18:30 tot laat

Toegang:- R350 p/p/p/d


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Pap met vark kaaings en uie en tamatie smoor
Boerbrood, met botter en tuisgemaakte tam

image-.jpg
0

Kom laat jou sintuie feesvier by die Proe’toria fees

Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!

Datum:- 25 Augustus 2018

Tyd:- 12:00 – 23:00

Toegang:- Kinders Onder 12 Jaar – Gratis, Kinders 12 Jaar tot 18 Jaar – R80.00, Volwassenes R180.00


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankie

image-.jpg
0

Kom ons kyk na ‘n goue oue:- Zirk Bergh

Zirk Bergh was ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler vir wyle Worsie Visser. Hy was bekend vir liedjies soos Ek hou nie van werk nie, Wie’t Al Daai Blomme Geplant en Dis soos dit is by die Weskus.

Hy is op 14 Desember 2013 oorlede nadat hy homself en 3 ander geskiet het.

Diskografie
Die Beste Uit Die Weste…, 2008 CDR/BOWLINE
Zirk Bergh KKNK 2007 DVD, 2008 BOWLINE
Hoe Lank Gaan Velddrif Nog Visvang?, 2007 CDR/BOWLINE
My “bezirkste” treffers, 2004 FANTASIA
My Eie Plaas, 2003 FANTASIA
Teer Strate Vol Gate, 2002 FANTASIA
Ons Ouma Se Pot, 2001 TRIO
Dis Die Weskus, 1999 TRIO
Die Eensame Krokodil, 1997 TRIO

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Zirk Bergh – Wie’t daai blomme geplant in Namakwaland en dan kyk ook na Ysterwiel Krywa

image-.jpg
0

Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer

image-.jpg
0

Kom ons loer ‘n bietjie na Kurt Darren se lewe

Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden, is ‘n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.

Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies “Staan op”, “Meisie meisie”, “Kaptein span die seile”, “Af en af” en “Bloubergstrand se sonsak” (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.

In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings “true tone”-aflaaideuntjie vir “Kaptein” en vollengte-aflaaideuntjie vir “Af en Af”.

SA Radio

image-.jpg
0

Kom ons loer sobietjie na Izak Davel, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burger

image-.jpg
0

Kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap

Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.

Datum:- 18 Augustus 2018

Tyd:- 19:00 to lekker laat

Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?

image-.jpg
0

Kom sokkie saam by Sokkie Is Groot in Pretoria

Sokkie is Groot met Jay en Lianie in Pretoria aangebied. Aanhangers kan die aand om sokkie saam met een van Suid-Afrika se gewildste duetpaartjies, Jay en Lianie. Die Bonnie en Clyde van die Afrikaanse musiekbedryf is deel van die Sokkie Is Groot-konsert wat in Pretoria aangebied word.

Datum:- 8 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- VIP Inskrywing: R150.00, Enkelinskrywing: R60.00, Paartjie: R50.00 elk, R100.00 vir albei (key asseblief kaartjies voor die skou, daar gaan verkope wees by die deur nie)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?

image-.jpg
0

Kom vier Afrikaans in die Vrystaat!!

Dit is amper tyd vir die vierdie Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.

Datum:- 22 September 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R180 – R250:- per persoon met eie kombers of stoel; R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? SA Radio
image-.jpg
0

Koos du Plessis was ‘n wonderlike sanger en ‘n man met baie talente, hier is ‘n Bio oor hom

Koos du Plessis (geb. Rustenburg, 10 Mei 1945 – oorl. Krugersdorp, 14 Januarie 1984) was ‘n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s en ’80’s.

Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, ‘n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou. Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ‘n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.

Du Plessis is op 14 Januarie 1984 in ‘n motorongeluk op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte oorlede, nadat sy Volkswagen Kewer op ’n laagwaterbrug in Knoppieslaagte naby Centurion die pad byster raak terwyl hy ná middernag op pad is na Nick Taylor, sy musiekregisseur.

Slegs drie

image-.jpg
0

Laurika Rauch met Loki Rothman tree op in Nelspruit (Deel van Innibos Fees)

Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer Blou, as duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Die nuwe weergawe van Blou het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-toekenning gekry vir die luitoon van die jaar).

Datum:- 27 & 29 Junie 2018

Tyd:- 27ste om 19:00. 29ste om 13:30

Toegang:- R142


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u gr

image-.jpg
0

Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!

Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.

Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.

Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.

Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dag

image-.jpg
0

Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.

Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.

Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980’s het hy ‘n

image-.jpg
0

Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

image-.jpg
0

Len Muller en sy vrou pen mooiste liefdeslied

“Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” is lirieke uit sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se nuutste enkelsnit, Sterrewals.

Hierdie hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat hy saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het nadat hulle getroud is en is beslis iets waarby oud en jonk gaan aanklank vind.

“Dit is ’n nostalgiese liefdesballade, wat geskryf is uit die oogpunt van ’n bejaarde man wat terug kyk op sy lewe. Drome word nie altyd waar nie, veral as jy nie doelbewus werk daarvoor nie en ek dink dié lied wil vir my en die mense wat daarna luister uitdaag om doelbewus te lewe en nie toe te laat dat tyd sommer net verbygaan nie,” verduidelik die blondekopster oor die betekenis agter sy nuutste treffer.

“Ek dink die snit het ook ’n mooi boodskap, omdat die p

image-.jpg
0

Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’

Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.

Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer