image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

image-.jpg
0

Die sanger Vernon Barnard deel sy siel in sy debuut-album

“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.

Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.

Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It Tha

image-.jpg
0

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.

“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”

Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn

top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 19 Maart 2018

Die week neem Liezel Pieters die nommer 1 posisie in met haar liedjie “Sing jou hart uit”. Die instrumentale musiek groep, DECA, het kragte saam met die sanger Len Muller gesnoer vir die liedjie “Oorwin”- en die terugvoer was oorweldigend positief. Hulle betree ons Top 20 op nommer 19.
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 12 Maart 2018

Die week neem Kurt Darren die nommer 1 posisie in met sy liedjie “Haal asem”. Steve Hofmeyr het die afgelope week die musiekvideo “Redsgebed” wat sy jongste enkelsnit op sy album SKREE is.
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 26 Februarie 2018

Die Afrikaanse sangeres Liezel Pieters se jongste enkelsnit “Sing jou hart uit”, is maar onlangs uitgereik en pronk reeds op treffersparades landwyd. Die liedjie betree die week se Top 20 op nommer 19. Die musiekgroep Anders se liedjie “Bruid”, wat ook die title van hul jongste album is, neem die week die nommer 1-posisie in.
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir 13 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. In die nommer 3 plek is Brendan Peyper met sy treffer “Sê ek net ja”. ‘N julle nuwe paar liedjies het ons Top 20 betree. Niks het regtig verander nie, maar daar was ‘n gestoei oor die 19de en 20ste plek. In die […]
0

Lianie May vier ’n dekade met haar nuwe solo-album

Dit het alles begin ná ’n optrede van die groep Eden in Oranjeville. Lianie May het ’n oudisie afgelê in ’n kleedkamer. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut-album in 2007 uitgereik het. Nou is dié Jy soen my nie meer nie sangeres […]