Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?
0
05:57

Forum Nuus: Is vergaderings werklike konsultasieproses of bloot politieke rookskerm?

Die openbare verhore oor of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word, gee landsburgers die geleentheid om aan die grondwetlike proses deel te neem. Die vraag is egter of al die insette en voorstelle werklik deur die ANC-regering in ag geneem gaan word en of hierdie nie maar ’n oënskynlike konsultasieproses is om almal te sus nie. Forum Nuus het van die vergaderings bygewoon. Kyk die video hier.
Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog

Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te hou, terwyl die Kempton Park-tak in samewerking met Mold Empower Serve, oftewel MES, ’n volhoubare herwinningsinisiatief van stapel gestuur het.
Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids
0
03:44

Forum Nuus: Bekendes deel hul stories oor boeliegedrag in nuwe Teenboeliegids

Die akteurs en vervaardigers Donnalee Roberts en Ivan Botha is van die bekendes wat hul tekortkominge en ervarings met boelies in AfriForum se nuwe Teenboeliegids deel. Dié gids, wat vandag bekendgestel is, sluit onder meer tekens af afknouery, regsadvies, aktiwiteite vir leerlinge en ouers, asook advies vir ouers wat vermoed dat hul eie kinders boelies mag wees. Die gids sal volgende week op AfriForum se webtuiste beskikbaar wees om af te laai.
Forum Nuus: AfriForum pak Kanadese mynmaatskappy namens plaaslike stam
0
04:11

Forum Nuus: AfriForum pak Kanadese mynmaatskappy namens plaaslike stam

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat sowel sy teenkorrupsie-eenheid as sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, die saak van die Ndebele Vaaltyn-stam – wat in 2014 strafregtelike klagtes teen die Kanadese mynmaatskappy Ivanplats Myne Bpk., wat deur die miljardêr en mynmagnaat Robert Friedland besit word, aanhangig gemaak het – gaan hanteer. Die strafregtelike klagtes hou verband met onwettige mynbedrywighede, oortreding van omgewingswetgewing en die onregmatige en oënskynlike kulturele oneerbiedige hervestiging van die stam se historiese en voorvadergrafte.
Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal.
Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie
0
03:26

Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie

Die Noordwes-Universiteit se twee Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek teen mekaar te staan gekom in die finale rondte van vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die Afrikaanse Gemeenskaps- en Debatsaksie (AGENDA), die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston
0
02:46

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum
0
01:36

Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum

AfriForum se Naboomspruit-tak het vandag in die Noord-Gautengse hoë hof ʼn hofsaak rakende die swak wyse waarop die Naboomspruit-vullisterrein bestuur word teen Lim 368 Plaaslike Munisipaliteit met koste gewen.
Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal
0
03:03

Kyk: 1000 ruk op na Hoërskool Overvaal

Die Gautengse onderwysdepartement moet ’n lys van “wit skole soos Overvaal” oorhandig sodat “dié probleem van rassisme” by ander skole óók ondersoek kan word. So lui die memorandum wat vandag tydens ’n massa-optog deur sowat 1000 betogers onder leiding van Cosatu aan die Hoërskool Overvaal en Gautengse onderwysdepartement oorhandig is. Die EFF, ANC, ANC-jeugliga en die onderwysvakbonde Cosas en Sadou is van die 12 belangegroepe wat na dié skool in Vereeniging opgeruk het om ’n memorandum te oorhandig wat teen die skool se enkelmedium-taalbeleid beswaar maak.
Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol
0
03:43

Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol

AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad. Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan. Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.
Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.
0
00:24

Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.

Byron Sherman, ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser is nou al amper nege jaar lank in Sjina. Hy is deur die Beijing Universiteit vir Buitelandse Studies se Skool van Asies-Afrikastudies genader om Afrikaans daar aan te bied. In dié video wat hy aan AfriForum gestuur het, is hy en sy klas besig om "Kinders van die Wind" te ontleed.
AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af
0
04:38

AfriForum skop sy jaarlikse nasionale vullisterreinoudit op ʼn positiewe noot af

AfriForum het vandeesweek sy nasionale vullisterreinouditprojek afgeskop deur ʼn wisseltrofee aan die plaaslike vullisterrein in Tzaneen te oorhandig vir die beste munisipale vullisterrein vir 2016/2017. Dié munisipaliteit het in 2016 én vanjaar AfriForum se oudit met lof geslaag te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur, ʼn grootskaalse komposprojek en die herwinning van sowat 200 ton vullis elke maand, waardeur hul jaarliks R7 miljoen se onkostes kan bespaar. Howel die vullisterrein reeds in 2010 gesluit moes word, is sy leeftyd ook met nog 20 jaar verleng.
HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop
0
03:11

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Nantes Kelder, De Goede Hoop se koshuisvader vir 2018, en HK-lede het met Forum Nuus gesels oor wat dié koshuis uniek maak.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
0
04:55

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
SAL/SAA
0
01:05

Omstanders plunder geldwa ná transitoroof

As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.