Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit
0
02:10

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit

AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei. Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou. Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was. Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit
0
02:05

Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit

“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.” Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem
0
02:34

Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem

Is jy more op pad stemlokale toe, maar nog steeds onseker vir wie om te stem? Kyk gerus die volgende video en doen die volgende stembepaler om 'n ingeligte besluit te maak: https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/ Die Solidariteit Beweging verteenwoordig egter ’n betekenisvolle meer as 500 000 mense en meen dit is van kritiese belang dat lede in die komende verkiesing gaan stem. “Deur te stem het jy ’n kans om jou stem hieroor te laat hoor.” - Flip Buys
Forum Nuus: Nuwe boek vertel oor die “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog
0
03:04

Forum Nuus: Nuwe boek vertel oor die “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog

“Die geskiedenis is soos ’n diamant, hy het ’n duisend verskillende kante en daar moet na alle kante gekyk word. Die geskiedenis van die Afrikaners is ook groter as net die geskiedenis van apartheid,” meen dr. Leopold Scholtz, historikus, joernalis en skrywer van Kraal Uitgewers se nuutste boek, In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.
Forum Nuus: AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid

AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het onlangs ’n funksie aangebied vir vrouens wat slagoffers van plaasaanvalle was of geliefdes deur ’n plaasmoord verloor het. “Jou hele lewe is omvergegooi. Jy moet trek en skielik drie kinders alleen grootmaak. Dis regtig moeilik. Met die hulp van familie, vriende, AfriForum en die Here se genade, word dinge wel bietjie makliker,” het Malindi Schoonraad, wie se man verlede jaar tydens ’n plaasaanval doodgeskiet is, tydens dié funksie gesê.
Forum Nuus: Geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy duur volgende week voort
0
01:25

Forum Nuus: Geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy duur volgende week voort

Die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy, wat in Desember 2015 doodgebrand het toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het, sal Maandag in die Wes-Kaapse hoë hof voortduur. Daar word verwag dat persone wat na bewering naby die toneel was op die aand van die voorval en die dag daarna, volgende week sal getuig.
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
01:51

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verduidelik kortliks hoe dag een van die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof verloop het. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk
0
03:39

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.
Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis
0
05:02

Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis

Sowat 'n duisend lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer 4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
02:48

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Die geregtelike ondersoek is uitgestel tot 18 Maart 2019. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.
Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval
0
00:17

Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval

’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas
0
01:11

Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas

Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.