Sorg die versorgers

Ons harte is sag vir die weerlose kinders en bejaardes in ons gemeenskap, maar ons vergeet soms om om te sien na die persone wat elke dag in die versorgingsrol staan! As hulle die dag uitbrand of nie meer kans sien nie, het ons eintlik baie groter moeilikheid! Deur een juffrou bietjie te bederf of erkenning te gee, bereik jy indirek ‘n hele klas vol kinders en een maatskaplike werker stap ‘n pad met hoeveel behoeftige of gebroke gesinne – as jy haar net weer bietjie kan oplig, bereik jy soveel gesinne daardeur… En dis hoekom @GROOTfm 90.5 vrydagoggend die 18de Augustus saam met ons vriende van Leriba Hotel, Spar South Rand DC, Christelike Uitgewers Maatskappy, Woordsake en LCN, verteenwoordigers van meer as 30 niewinsgewende organisasies en gemeenskapsprojekte – versorgers, projekleiers, verpleegsters, maatskaplike werkers, onderwyers en polisievroue bederf het met ‘n ontbyt en arms vol geskenke by die Hemingways Restaurant in Centurion!

Na Francois Botha se vertolking van “You raise me up” op die vleuel klavier was daar omtrent nie ‘n droë oog in die gehoor nie en ons spreker, Elizabeth Theunissen se “My Self Matters” aanbieding was presies wat hierdie dien-sonder-einde vroue moes hoor… Louise-Marié Botha het ons gelukkige wenner, Kaptein Deoni van Zyl met ‘n mooimaaksessie bederf en elke vrou het weggestap met ‘n kaas- en beskuitjie hamper en kaasmes te danke aan SPAR, ‘n koffiebeker en gebedsboek van CUM en ‘n hande- en voetroom van LCN! ‘n GROOTfm 90.5 dankie vir Peet du Preez van Leriba Lodge wat die ontbyt geborg het en sy pragtige venue en wonderlike span mense beskikbaar gestel het om hierdie kosbare vroue versorgers vandag ‘n bietjie te vertroetel en te versorg!

(Visited 26 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator: SAUK TV

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.