SAUK Radio Bak en proe 22 Julie 2016
Sauk Radio Bak en proe 22 Julie 2016
Goeie dag en hartlik welkom by Bak en proe en die kinderhoekie
My naam is Gottie en dis vir my ‘n voorreg om saam jou te kuier kom ons gryp sommer nog ‘n koppie koffie daar
Eers weer die waarskuwings wat deurgekom het vanoggend
Noodberigte:
R59 Meyerton Update: Please continue to use alternate routes, even of the R59 is open. Strong SAPS force on scene
(22/07/2016: 05:00)
22 Julie 2016
Klipspruit daar by Ogies is n betoging. Wees maar versugtig
22/07/2016. #Midvaal – In Meyerton the R59 has been closed again due to protest action at Johan Le Roux
22/07/2016. Meyerton: Protest action continues. At this stage it’s between Meyerton and de Deur (near Bokkie Delport scrapyard), +- 2KM from R59. Currently the R59 is open. Please avoid!
22/07/2016. Durban. Die Ethekweni metro se busbestuurders staak geen bus vervoer is beskikbaar nie
22/07/2016. Good day all. Please note that there are industrial actions at Ogies close to Klipspruit. Vehicles are thrown with stones
22/07/2016. Port Elizabeth. Zwide Qeqe towards Salamntu>protest action
22/07/2016. Meyerton. Unconfirmed reports they stone cars on R551 Dr Deur Meyerton rd
22/07/2016. Attention:
There’s a strike taking place at the entrance of Naledi Village.People are burning tyres and we understand that a Quantum Kombi is burning as a result of the strike.Please be cautious when travelling on that road to work.
Control. Vandyksdrift pad. Van middelburg af duva toe net voor Middelburg myn.
Dag sê maatjie jy kan seker nie wag om te hoor wat gebeur vandag met Heidi en Klara nie kom ons luister na — waarna ons hoor wat doen hulle daar in die berge
So ja Mq die Juf Rotenmeier is darem maar ‘n draak nê? kom luister Maandag wat verder gebeur en nooi sommer al jou maatjies om saam te kom kuier lekker speel tot Maandag kom ons luister na—- en daarna ‘n paar handelsflitse t
Onthou die fondsinsamelings konsert vir die Mekayla Memorial Streetparty for Leeuhof kids. Die 21 ste Sept skakel Annemarie by 082 492 9172 vir kaartjies
Ons resep vir vandag
Gestopte sesamrys-hoender met braai aartappels

1 heel hoender
15 ml (1 e) hoenderspeserye
15 ml (1 e) olie
RYSVULSEL
500 ml (2 k) gaar jasmynrys
45 ml (3 e) sesamsade, gerooster
45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie
AARTAPPELS
60 ml (¼ k) olie
8 baba-aartappels, gekook en gehalveer
growwe sout
Verhit die oond tot 180 °C.
- Vryf die hoender met die speserye in en besprinkel met die olie.
- Rysvulsel Meng al die bestanddele en stop die hoender daarmee.
- Bind die hoenderboudjies met tou vas sodat die vulsel binne bly.
- Oondrooster die hoender 75 minute of tot gaar.
- Aartappels Verhit die olie en braai die aartappels tot bros. Besprinkel met die sout.
- Sit dit dadelik saam met die hoender voor.
Goedkoop sjokolade-balletjies
Lekkerny vir sommer middernag wanneer Pa die kombuis en yskas omkeer vir iets soets
LEWER 30-35 BALLETJIES
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 10 minute
1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
250 ml (1 k) versiersuiker
125 ml (½ k) kakao
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
klapper om in te rol
- Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
- Plaas in ’n groot mengbak en sif die versiersuiker en kakao by.
- Voeg die botter, vanieljegeursel en appelkooskonfyt by en meng baie goed.
- Rol in bolletjies en rol die bolletjies in klapper. Verkoel tot stewig.
Bron: Huisgenoot resepte
As jy die resepte nie kon neerskryf nie gaan na www.sauk.co.za en loer onder die respte afdeling ek plaas al die resepte daar en daar is reeds ‘n hele paar watertand resepte om van te kies
Ons bring aan die volk uitsendings wêreldwyd:
Huidiglik:
Heerlike musiek 24/7
7vm weeksdae – Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh
10vm – 12 Gooi Mielies met Jaco Viljoen
1nm elke weeksdag – Kinder programme & Bak en Proe met Corrie
Weeksaande Tussen 10nm en 12 Nagskof saam Jaco en Mengelmoes kardoes saam met Gottie
7nm Maandag aande – Werk soek met Pieter van Zyl
8nm Maandag aande – Bosoorlog met Corrie
Waar ons hulde bring aan ons dapper Helde wat maar nog net kinders was en die hoogste prys moes betaal om ons te beskerm teen Terrorisme en Kommunisme en ons mag hulle nooit ooit vergeet nie.
7nm Dinsdag aande – Top 20 met Pieter van Zyl
8nm Woensdag aande – Boere Geskiedenis saam met Gottie
7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter
sms of whatsup hom by 0795116488 met ‘n boodskap met die liedjie van jou keuse
7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie
‘n Nuwe program wat U graag wil voorstel aan U Deksel, of Pot, sou U een begeer.
Ons gaan elke Vrydag aand vir U meer oor die nuwe wêreld van aanlyn afsprake vertel en sommer lekker kuier. Mettertyd sal U sien hoe dit werk, hoe veilig dit is, en hopelik sal dit vir U gemoedsrus gee om aan te sluit en dalk U sielsmaat te vind.
Luister gerus na profiele van dié wat al klaar ingespring het en dalk is daar iemand wat jou interesseer om vlerk te gaan sleep? Maak ‘n nota van hul profielnaam en gaan na Maatjie.com , en teken gratis aan, indien U nie alreeds ‘n lid is nie, en tik die gesogte profielnaam in die soek veld in…
Maatjie.com werk nou ook op smartfone en tablette so jy kan jou sielsmaat sommer op die loop vind, oppas net vir daai paal!
8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie
Speel saam dis pret. Hy speel 10 -12 liedjies waarin woorde deel is van ‘n leidraad en jy moet ‘n sekere letter van die woord vat om aan die einde ‘n dorp of plek naam te vorm met die woorde dit is groot pret en jy kan saam speel op ons klets kamer waar DJ Uiltjie met jou kan gesels terwyl hy die leidrade speel
Natuurlik klop die vrouens die mans loshande met die speletjie kom manne kom!!!!
En dit net so 4 dames wat die klom manne so harde tyd gee reken die manne het nog net 1 musiek mandie uit 12 gewen
2nm Saterdae – Sport saam met Gottie en heerlike boeremusiek genot agterna
7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio
Hou ons Facebook blad dop vir ons program aankondigings en nooi sommer al jou familie en vriende om ons blad te like en saam ons te kuier by SAUK Radio
Help ons om ons erfenis terug te neem!
Kontak ons by nuus @sauktv.com
Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio Folg ons ook sommer op tune in, of jy tik in die Browser op jou foon: www.sauk.mobi wat jou direk na die Tune In bladsy neem.
Indien jy ‘n program wil aanbied en ‘n ekstra geldjie verdien Kontak ons nou of as jou besigheid op SAUK radio wil adverteer kontak ons gerus.
ons epos adres [email protected]
Maak ook gerus gebruik van ons webwerf www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar
Ons het Borge nodig vir ons programme
Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg Kontak ons asb by [email protected]
So Groet ek Gottie, en Corrie sal later, om 7nm, met Potsoek ‘n deksel met jou wees‘n heerlike middag verder totsiens.


