Die orkes van die Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) het aanvanklik bekend gestaan as Pootnote, maar in Julie 1977 is dit herdoop na die Pote Orkes met die volgende lede:
1. Willie van Heerden – baskitaar en sang
2. Theo Taljaard – ritme kitaar
3. Jan Botha – leier kitaar
4. Johan du Plessis – orrel
5. Paw-Paw van Schalkwyk – tromme
6. Anton Strydom – sang
Die Pote Orkes het gereeld by sokkies opgetree.
Hierdie liedjie is in 1977 op die album “Pote Orkes ’77” vrygestel.
