In die laat 1960s het die SAUK ‘n behoefte gehad aan ‘n koor wat Afrikaanse liedjies kon opneem in die styl van die baie gewilde Günter Kallman Koor, met Rollo Scott wat aan die hoof van die projek gestaan het. Op ‘n dag het Wilhelm (Bill) Fairley ‘n afspraak met Rollo gemaak, en voorgestel dat hy ‘n koor afrig om transkripsie-opnames te maak, en so is Die Serenata Sangers dan gebore. Wilhelm Fairley het baie ondervinding gehad met kore wat hy vir die BBC in Brittanje afgerig het, en was self ook lid van die bekende Kevan Kent sangers. Die Serenata Sangers het sewe albums vrygestel, insluitend twee SAUK Transkripsie plate. Hulle gewildste album was ongetwyfeld “Aandlied Van Die Voëls” wat in 1969 vrygestel is.
Hierdie liedjie is afkomstig vanaf die album “Die Serenata Sangers Bring Hulde Aan Kersfees” wat in 1973 uitgereik is.
