SA-nuus616 Videos



Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus
Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is.
Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem.
Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.
Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
Opposisie verenig teen Zuma
Duisende mense het Woensdag 12 April vanaf Kerkplein na die Uniegebou opgeruk en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.
AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus
AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry.
Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.
Duisende in Pta-strate, Uniegebou afgesper
Duisende mense het op 4 April 2017 na die strate van Pretoria opgeruk om Zuma se kop te eis.
Rugbyseuns se danspassies bring hoop
“Dit is hoe Suid-Afrika se toekoms lyk, trots Suid-Afrikaans.” Lees meer hier: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/video-rugbyseuns-se-danspassies-bring-hoop/
R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus
AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000.
Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak.
Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.”
Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.
Spur stel beeldmateriaal beskikbaar ná voorval
Die restaurantgroep Spur het Donderdag ʼn gedeelte van kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat Sondag by die Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het, aan die media beskikbaar gestel.
Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein
Laerskoolleerlinge se uitmuntende spelvernuf het volwassenes se monde laat oophang tydens vanjaar se Spel-en-Speel kompetisie in Bloemfontein.
Dié spelkompetisie word sedert 2014 deur die burgerregte-organisasie AfriForum, in samewerking met Volksblad en die Onafhanklike Skool Eduplus, vir beide moedertaal en-eerste addisioneletaalsprekers aangebied.
AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien.
Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was.
Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits.
Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset.
Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede
"Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet."- Dr. Heinrich Matthee
Afrikaans-Vriendelik: Tinteltong Toekennings 2017
Innoverende Afrikaanse ondernemings is gister op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon.
Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp
Volgens Henk Maree, nasionale veldtogkoördineerder van AfriForum, is droogtehulp vanjaar steeds belangrik omdat talle boere nog die gevolge van die afgelope paar jaar se droogte ervaar, ondanks die welkome reëns die afgelope maande.
Die publiek kan betrokke raak by die veldtog deur hul naam na 38312 te SMS om R10 tot AfriForum se droogtefonds by te dra.
#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm
Eskom het begin vandeesmaand gedreig om talle munisipaliteite in Noordwes, die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Mpumalanga se krag af te sny. Dié munisipaliteite skuld die kragvoorsiener meer as R10 miljard.
AfriForum het die hof genader in ’n poging om te keer dat duisende huishoudings, waarvan baie betaal, se krag afgesny word. Die Pretoriase hooggeregshof het egter beslis dat Eskom wel die reg het om skuld in te vorder en met die afsny van krag mag voortgaan.
