SA-nuus616 Videos

Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:52

AfriForum toets riooluitvloei in Kaapse See

Die voortslepende rioolkrisis in die Kaapse See het die burgerregte-organisasie AfriForum genoop om die gehalte van die riooluitvloei in die see te gaan toets. Die burgerregte-organisasie het in 2015 druk begin uitoefen en die gemeenskap gemobiliseer om betrokke te raak om die metrorade te dwing om die rioolprobleem op te los. In daardie stadium is 40 miljoen liter riool daagliks in die see gestort. Dit wil voorkom of die situasie ietwat verbeter het, maar dis steeds ’n reuse bedreiging vir mens en dier.
AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak
0
02:32

AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied. Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word. Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas
0
02:23

AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas

AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld
0
02:17

AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld

AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes. Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma. Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos. Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek
0
00:28

Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek

ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi. Die video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te […]
Real reason for Ochoa’s execution
0
01:01

Nuwe wêreldrekord vir langste ‘drift’

ʼn Ambisieuse Jesse Adams, motorskrywer van The Star Motoring, het onlangs vir Toyota gevra of hulle hom sal help om die wêreldrekord vir die langste drift te oorskry.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2
0
01:44

Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2

Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae
0
01:07

Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae

Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
knysna brand N2 middag
0
00:24

knysna brand N2 middag

Toestande in die Eden-distrik wat Knysna insluit het vererger nadat stormsterk wind sedert Saterdag om 11:00 brande in die omgewing laat opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-knysna-brande-stormsterk-wind-belemmer-brandbestryding/
Knysna-brande
0
01:01

Knysna-brande

Toestande in die Eden-distrik, waaronder Knysna, het vererger nadat stormsterkte winde seder 11:00 brande in die omgewing opgevlam en lugbestryding gekniehalter het. Die video is Saterdag omstreeks 09:00 op sosiale media gedeel van die N2-snelweg buite Jeffreysbaai wat vir verkeer gesluit was.
Knysna-brande: Video van smeulende onderbos
0
00:47

Knysna-brande: Video van smeulende onderbos

Anton du Plessis en dr. Wallace Vosloo het beeldmateriaal waarop ʼn mens kan sien hoe die rook uit ʼn dig beboste gedeelte van die inheemse woud in die Elandskraal-omgewing borrel aan Maroela Media verskaf. Die beeldmateriaal is op 29 April deur ʼn hommeltuig wat oor die woud vlieg, geneem. Die inwoners het glo die brandweer […]
Op soek na SA se gesondheidsamaritane
0
01:42

Op soek na SA se gesondheidsamaritane

Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nomineer-en-wen-op-soek-na-sa-se-gesondheidsamaritane/

Lang herstelpad lê voor vir Piet Botha ná val

Piet Botha (Die foto is gepubliseer met vergunning van die fotograaf, Colin Windell) Die operasie wat Piet Botha, gewilde blues-en-rockmusikant, die afgelope week moes ondergaan nadat hy twee rugwerwels tydens ʼn konsert gebreek het, was suksesvol. Maroela Media het vroeër berig die sanger het twee rugwerwels gebreek toe hy van die verhoog afgeval het tydens […]
AfriForum & Solidariteit – Veiligheidsberaad
0
03:55

AfriForum & Solidariteit – Veiligheidsberaad

Die ongekende reeks aanvalle en moorde op plase, hoewes én in stedelike gebiede sedert die begin van die jaar, het honderde mense verlede naweek na die veiligheidsberaad van AfriForum en die Solidariteit Beweging in Pretoria laat stroom. Die doel van dié veiligheidsberaad was om nasionale veiligheidsmeganismes tussen gemeenskappe, die staat en privaat sektor te bespreek ten einde misdaad te bekamp, met die tema Kom ons maak ons strate veilig. Kundiges het die misdaadsituasie in die land onder die loep geneem en voorstelle en strategieë is bekend gemaak oor hoe gemeenskappe moet saamstaan om hulself beter te beveilig.
knysna brand N2 middag
0
02:52

Brand by Welkom-polisiestasie

‘n Brand het op 8 Mei 2017 by die voertuigeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Welkom in die Vrystaat uitgebreek. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-brand-by-sapd-voertuigeenheid-in-welkom/
Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie
0
01:32

Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie

ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.
‘Hoër belasting kom’
0
02:25

‘Hoër belasting kom’

“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.” Só sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.