SA-nuus605 Videos

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede
0
02:09

Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede

"Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet."- Dr. Heinrich Matthee
Afrikaans-Vriendelik: Tinteltong Toekennings 2017
0
02:28

Afrikaans-Vriendelik: Tinteltong Toekennings 2017

Innoverende Afrikaanse ondernemings is gister op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon.
Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp
0
02:20

Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp

Volgens Henk Maree, nasionale veldtogkoördineerder van AfriForum, is droogtehulp vanjaar steeds belangrik omdat talle boere nog die gevolge van die afgelope paar jaar se droogte ervaar, ondanks die welkome reëns die afgelope maande. Die publiek kan betrokke raak by die veldtog deur hul naam na 38312 te SMS om R10 tot AfriForum se droogtefonds by te dra.
#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm
0
02:57

#ForumNuus: Eskom-krisis: AfriForum gaan voort om verbruikers te beskerm

Eskom het begin vandeesmaand gedreig om talle munisipaliteite in Noordwes, die Vrystaat, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Mpumalanga se krag af te sny. Dié munisipaliteite skuld die kragvoorsiener meer as R10 miljard. AfriForum het die hof genader in ’n poging om te keer dat duisende huishoudings, waarvan baie betaal, se krag afgesny word. Die Pretoriase hooggeregshof het egter beslis dat Eskom wel die reg het om skuld in te vorder en met die afsny van krag mag voortgaan.