ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, wie glo onderwysers is, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.
AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning […]
Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nomineer-en-wen-op-soek-na-sa-se-gesondheidsamaritane/
ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed gooi, word nou van poging tot moord aangekla.
Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se […]
Die meerderheid van die minderheidsgroep in Suid Afrika is moedeloos, onseker en vrees die toekoms. Sonnige Suid Afrika word gekenmerk deur algemene onbevoegdheid en wetteloosheid. Die blatante korrupsie laat ‘n bitter smaak in die landsburgers se monde. Elders in Suid Afrika leef ‘n gemeenskap in ‘n bykans misdaad vrye omgewing waar inwoners spog dat hulle […]
“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan doen,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kyk dié video om […]
Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Asof dit 'n verskil gaan maak, gaan Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, dié party se verteenwoordigers in Pretoria “vandag nog vra” om ’n beroep op die plaaslike owerheid te doen om die EFF te laat pa staan vir die skade wat tydens Woensdag se betogings in Pretoria aangerig is.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sedertdien beeldmateriaal van die aanval op Bonnema, wat deur veiligheidskameras vasgevang is, in ʼn video saamgevat wat versprei word om bewusmaking oor plaasaanvalle te skep. LET WEL: Die gebeure in die video is ontstellend en nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.
Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-polisievrou-boer-glo-op-foon-terwyl-mense-wag/
Kyk ook hier na die video van dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, wat die uitdaging tot die debat met die DA aanvaar.
Lees meer op Maroela Media: https://spens.co.za/mAI
Die familie van die driejarige Poppie van der Merwe het Donderdag trane van blydskap gestort toe Poppie se ma en stiefpa elkeen tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir haar moord in Oktober 2016.
AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad.
Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan.
Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.