SA-nuus616 Videos

Man verskyn ná moord op 5-jarige
0
00:43

Man verskyn ná moord op 5-jarige

Betogers het Donderdag (26 Julie 2018) buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied. Foto: ANA
Mangat-moord: Beskuldigdes gevonnis
0
00:33

Mangat-moord: Beskuldigdes gevonnis

Estelle Reddy, Gerhard Papenfus en Kevin Johnson is Dinsdag, 22 Mei 2018 gevonnis vir die moord op Danie Dreyer. Ná die vonnis het Johnson se pa, Bryan Swarts, en sy broer, Lebogang, hom emosioneel omhels en saam met hom gehuil voordat hy by die trappe afgeneem is na die hofselle toe.
Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’
0
00:17

Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’

Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”. Maar Marelize Horn (19) van Windhoek in Namibië het nooit kon dink haar flater sou só wyd versprei dat dit naderhand die hele Suid-Afrika aan die skater het nie. "Dit voel onwerklik!" het sy aan Maroela Media gesê.
Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie
0
01:38

Maroela maak geskiedenis met nuwe radiostorie

ʼn Groepie bekende radiopersoonlikhede, saam met ʼn nuwe stem of twee, het Woensdagoggend geskiedenis gemaak toe die eerste episode van ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal in Maroela Media se radio-ateljee in Centurion opgeneem is.
Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie
0
03:16

Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (span 1) en Hoërskool Waterkloof (span 1) het gister onderskeidelik in die junior en senior kategorie van die Gautengse been van die AfriForum Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie geseëvier. Dié spanne sal op 19 September in Centurion aan die nasionale eindstryd deelneem.
Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek
0
00:33

Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek

Brandbestryders moes Donderdag (16 Augustus 2018) na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.
Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef
0
00:13

Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters op 8 Junie 2019 by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in 'n hospitaal gelaat het. Lees meer:
Mpumalanga se rondloperleeu gevind
0
00:24

Mpumalanga se rondloperleeu gevind

Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind. (Video met vergunning van Jan Combrink.)
Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk
0
03:39

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.
Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede
0
02:09

Nuwe boek belig kultuurvryheid vir minderhede

"Klein kultuurgroepe beleef wêreldwyd druk van onder meer meerderheidsregerings, maar tog is alternatiewe modelle beskikbaar vir dié groepe om ’n sekere mate van kultuurvryheid te geniet."- Dr. Heinrich Matthee
Real reason for Ochoa’s execution
0
01:01

Nuwe wêreldrekord vir langste ‘drift’

ʼn Ambisieuse Jesse Adams, motorskrywer van The Star Motoring, het onlangs vir Toyota gevra of hulle hom sal help om die wêreldrekord vir die langste drift te oorskry.
SAL/SAA
0
01:05

Omstanders plunder geldwa ná transitoroof

As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.
Icarus – Coenie de Villiers
0
00:37

Ondersoek ná polisielede glo net toekyk

Die SAPD het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn video wat wyd op sosiale media versprei word waarop gesien kan word hoe ʼn man aangerand word terwyl polisiebeamptes in uniform skynbaar net staan en toekyk.
Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.
0
00:24

Onderwyser bied Afrikaanse klas in Sjina aan oor “Kinders van die Wind”.

Byron Sherman, ʼn Suid-Afrikaanse onderwyser is nou al amper nege jaar lank in Sjina. Hy is deur die Beijing Universiteit vir Buitelandse Studies se Skool van Asies-Afrikastudies genader om Afrikaans daar aan te bied. In dié video wat hy aan AfriForum gestuur het, is hy en sy klas besig om "Kinders van die Wind" te ontleed.
Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan
0
03:20

Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan

Angela Harris, ʼn onderwyser van die VSA wat spesialiseer in robotika, het hierdie week in Suid-Afrika twee seminare saam met die Skoleondersteuningsentrum (SOS) aangebied waar sy onderwysers oor die vak toegespreek het. Lees die storie op Maroela Media: https://spens.co.za/nu2