SA-nuus605 Videos

Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen
0
02:26

Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen

Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise
0
01:24

Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise

Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
02:27

Forum Nuus: Quo Vadis

Is daar ’n toekoms vir Afrikaners? In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.
Forum Nuus: Nkandla Oorwinning
0
02:09

Forum Nuus: Nkandla Oorwinning

Danksy die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die Nkungumathe-gemeenskap van Nkandla na ‘n jare lange stryd nou ’n skool ryker word. Regter Rashid Vahed het vandag in die hoë hof in Pietermaritzburg in die gemeenskap se guns beslis om die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement te dwing om vir hulle ’n skool te bou. Dít volg nadat dié gemeenskap van Nkandla vir AfriForum in Februarie 2017 om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die Khuba Hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk
0
02:05

Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk

Die jonk en dinamiese entrepreneurs Charl Oberholzer, Jana Nel en Sandri Loubser, is drie van duisende entrepreneurs wie se ondernemings op die AfriForum Netwerk geregistreer is. In dié video gesels die nuwe Forum Tydskrif-voorbladgesigte oor hul besighede en die belangrikheid van netwerk. Wees deel van die AfriForum Netwerk en lys jou besigheid by www.afriforumnetwerk.co.za.
Forum Nuus: Internskap 2019
0
01:17

Forum Nuus: Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop. Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel. Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie. Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by
0
02:12

Forum Nuus: Sowat 900 woon Skole Ondersteuningsentrum-kongres by

’n Totaal van sowat 900 onderwysers en hoofde het vanjaar die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onderwyskongres bygewoon. Die SOS het ’n groot verskeidenheid kundiges gekry om kongresgangers in die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng oor uiteenlopende onderwerpe toe te spreek.
Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef
0
00:13

Motoris gesoek ná jong man ‘wonderbaarlik’ oorleef

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters op 8 Junie 2019 by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in 'n hospitaal gelaat het. Lees meer:
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit
0
02:10

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit

AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei. Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou. Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was. Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit
0
02:05

Forum Nuus: Fokus op onderwys tydens Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit

“Afrikaans is ’n hoëfunksie- amptelike taal in Suid-Afrika en ons kinders is daarop geregtig om onderrig in hul moedertaal te ontvang.” Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Werner Human, adjunkhoof van Solidariteit en Carien Bloem, onderwyskoördineerder by AfriForum, het tydens AfriForum se Quo Vadis-gespreksreeks in Nelspruit Suid-Afrikaanse onderwys en wat die toekoms vir ons kinders inhou, bespreek.
Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Rina Venter in gesprek met Flip Buys
0
30:13

Rina Venter in gesprek met Flip Buys

Dr. Rina Venter het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels oor haar outobiografie, die geskiedenis en wat gedoen kan word om nie die foute van die verlede te herhaal nie. Lees die storie en boekresensie op Maroela Media: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/video-rina-venter-in-gesprek-met-flip-buys/
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Studente takel UV-personeellid
0
00:16

Studente takel UV-personeellid

AfriForum Jeug het Dinsdag ’n klagte teen studente van die EFF Students Command (EFFSC) aan die Universiteit van die Vrystaat aanhangig gemaak nadat ʼn personeellid asook studente vroeër die dag gedurende ’n betoging op kampus deur betogende studente aangerand is.
Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem
0
02:34

Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem

Is jy more op pad stemlokale toe, maar nog steeds onseker vir wie om te stem? Kyk gerus die volgende video en doen die volgende stembepaler om 'n ingeligte besluit te maak: https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/ Die Solidariteit Beweging verteenwoordig egter ’n betekenisvolle meer as 500 000 mense en meen dit is van kritiese belang dat lede in die komende verkiesing gaan stem. “Deur te stem het jy ’n kans om jou stem hieroor te laat hoor.” - Flip Buys