SA-nuus616 Videos



Man in Mustang maak amok by Pta-vulstasie
ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy amok by ʼn vulstasie in Pretoria gemaak het terwyl dit op ʼn selfoonkamera afgeneem is.
Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae 2
Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.
Wêreldnuus: Boereoorlog Sjokolade, Iran Weier om Uraanverryking te Staak, Russe in Oekraïne, & meer
Skakel elke weeksdag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur saans om na ons Nuus Bulletin te luister. Al begin die pandemie afwaartse neigings toon, is daar teikens dat wêreldvrede meer onstabiel raak. Mens wonder soms hoe wêreldleiers heeldag oor wêreldvrede en internasionale diplomatiek preek, terwyl hulle geheime staatsdienste het soos […]
Forum Nuus: Die Aitsa’s is hier om te bly!
“Die Aitsa’s is hier om te bly!,” sê Willie Spies, voorsitter van Pretoria FM, wat die musiektoekennings aangebied het. Tydens dié spoggeleentheid by AfriForum Teater is hulde gebring aan kunstenaars wat ondanks moeilike tye Afrikaanse musiek se naam hoog gehou het. “Om ’n kunstenaar te wees is soms ’n eensame pad. Toekennings soos hierdie beteken […]
Forum Nuus: Danie en Moskou van Spoegwolf bied nuwe kosprogram op AfriForumTV aan 01-11-2024
Kom reis deur die land saam met Danie en Moskou du Toit van Spoegwolf in die splinternuwe program Ons kos op AfriForumTV waartydens hulle die oorsprong van tradisionele Afrikaanse kosse ontdek. Danie en Moskou deel tydens elke episode staaltjies en ervarings terwyl hulle die heerlikste kos voorberei. Hulle deel ook die resepte sodat kykers hierdie […]
Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024
Forum Sekuriteit, AfriForum se privaat sekuriteitsmaatskappy, se eerste Skerpskutskietdag, wat Saterdag in Pretoria gehou is, was ’n groot sukses. Meer as 600 kaartjies is vir die dag verkoop en skuts kon beïndruk met hul vernuf op die skietbane. Verskeie invoerders en rolspelers in die veiligheidsbedryf het hul ware uitgestal en gedemonstreer. Die AfriForum-veiligheidstudietrust, wat deur […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor rioolstortings in Parys 28-08-2023
AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Tebogo Manele, die waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, in Parys ingedien oor voortdurende rioolstortings in die Vaalrivier. AfriForum het drie jaar gelede ’n samewerkingsooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan, maar ná AfriForum voorstelle gemaak het oor hoe om dienste in die dorp te verbeter, het die munisipaliteit […]
Forum Nuus: Sê nou NEE vir omstrede Bela-wet! 22-02-2023
Die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (ook bekend as die Bela-wet) vir onderwys, en veral Afrikaanse onderwys inhou, duur steeds voort. In 2022 het ’n oorweldigende meerderheid individue en instellings met skriftelike kommentaar standpunt teen die inhoud daarvan ingeneem. Instellings het ook geleentheid gehad om op uitnodiging voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee te […]
Forum Nuus: Jaap Steyn leef voort in laaste boek
So is onse mense is ’n versameling “herbesoeke” wat J.C. Steyn se vernuf as kultuurhistorikus, kampvegter vir Afrikaans en biograaf met ’n uitsonderlike fyn waarnemingsvermoë ten toon stel. Hierin stel Steyn onder meer ondersoek in na die laaste dramatiese dae van die Anglo-Boereoorlog; hy herontdek die lewe van J.D. Kestell; loop die pad tot by […]
Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak
Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 […]
Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel boodskap van hoop
“Ek kan nóú, na my tyd saam met AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid, ander mense bystaan wat ook al deur ’n plaasaanval geraak is. Ek wil hê mense moet weet daar is altyd hoop, ongeag die trauma wat hulle beleef het.” Dalene van Niekerk en Nicky, albei slagoffers van plaasaanvalle, het ondanks die pyn en trauma waardeur […]
Forum Nuus: AfriForum-gemeenskapsbouers slaggereed ná streekskongres 10-02-2026
Die eerste van drie van AfriForum se streekskongresse het die afgelope naweek in Durbanville, Kaapstad, plaasgevind. AfriForum-takke vanuit die Noord-, Oos- en Wes-Kaap het dié geleentheid bygewoon om meer uit te vind oor hul rol as gemeenskapsbouers in hul onderskeie gemeenskappe.
Forum Nuus: Voortrekkers leer oor herwinning by AfriForum se Centurion-tak
Die Voortrekkers se Klapperkop-kommando se Hiëna-span het vandag (2 Oktober) ingespring om AfriForum se Centurion-tak se buurtspan ’n handjie te gee met hul herwinningsprojek, verfwerk by die Wierdabrug-polisiestasie en ’n skoonmaakprojek in Centurion. Dié gemeenskapsdiens is gedoen ter voorbereiding van spanlede se Presidentverkenner-toekenning.
“Tyd vir mobilisering is nou, ons is nie meer alleen nie, ons is reg, en ek weet hoe om ‘n geweer te laai”
In 'n soms emosionele, luidkeels en gefrustreerde toespraak op Kerkplein gister, het Steve Hofmyer, soos Malema gereeld doen, vir die eerste keer heelhartig politieke korrektheid totaal laat vaar en vir sy volgelinge 'n bietjie vertel van wat hulle al lank wou hoor.
Forum Nuus: Só help AfriForum se Trauma Slagofferondersteuningseenheid plaasaanvalslagoffers
AfriForum se Trauma Slagofferondersteuningseenheid, AfriForum se Rustenburg-tak en inwoners van die De Goede Hoop-koshuis het die afgelope naweek bystand verleen aan plaasaanvalslagoffers wat naby Koster, Noordwes woon.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen
Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Bewyse ontvang dat ontvoerde SA joernalis nog lewe
Die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers het dié video as bewys ontvang dat Shiraaz Mahomed, die Suid-Afrikaanse joernalis wat in Januarie 2017 in Sirië ontvoer is, wel nog lewe. (Video verskaf via ANA)
Tehuis-staking: Pasiënt oorlede
Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan aan die Oos-Rand is Maandag tydelik opgeskort nadat ’n pasiënt van dié tehuis oorlede is.
‘Meteoriet’ het sosiale media aan die gons
ʼn Vermoedelike meteoriet wat Saterdagaand vanaf die Ottosdal-omgewing in Noordwes te siene was, het sosialemediagebruikers behoorlik op hol. (Video met vergunning van Vikus van Zyl)
Beeldmateriaal van verdagtes wat op plaas toeslaan
Lees meer hier: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/verdagte-doodgeskiet-na-hy-makkers-op-huis-losbrand/
