Radio97 Videos

image-.jpg
0

Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge

Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:

“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”

15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa

0

Bobby en Karlien van Jaarsveld se eie TV-program begin eersdaags

“Eerlik, rou en sonder pretensie,” só beskryf Karlien van Jaarsveld haar en haar broer, Bobby van Jaarsveld se TV-reeks. Dís nou die TV-reeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene, wat vanaf 11 Januarie 2017 om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) afskop! Dié program is nie nog ’n program soos Keeping Up With The Kardashians nie. […]
image-.jpg
0

Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.

Datum:- 6 April 2018

Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.

Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
0

Paarl : Mel Botes: Poets, Wine & Song

Digters word gevier, asook hul liedjies, en afgerond natuurlik met wyn! A celebration of the poets, their songs and of course paired with wine! Featuring Mel Botes. Date:- 24 February 2018 Time:- From 20:00 until 23:00 Address:- At Ou Meul Teater, Meulstraat, Paarl, Western Cape Ou Meul Teater, Meulstraat, Paarl, Western Cape, South Africa Price […]
image-.jpg
0

Karen Zoid is binnekort terug op die kassie

Suid-Afrikaners kan hul paspoorte afstof vir ’n onvergeetlike besoek aan die Die Republiek Van Zoid Afrika.

Die splinternuwe seisoen van kykNET se bekroonde geselsprogram met Karen Zoid as aanbieder begin op Donderdag, 10 Mei 2018.

In die nuwe reeks vergroot President Karen haar reeds indrukwekkende kabinet met nóg glansmense, sporthelde, legendariese sangers en ander beroemdes en berugtes.

Republiek van Zoid Afrika is onlangs vir die derde keer as Suid-Afrika se beste geselsprogram aangewys toe dit ’n SAFTA-toekenning hiervoor ontvang het, terwyl die reeks ook al talle Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.

Van die gaste in hierdie reeks is Eben Etzebeth, Refentse, Johnny Clegg, Jo Black, Minki van der Westhuizen, Franz Marx, Patricia Lewis, Yvonne Chaka Chaka en Johan Stemmet.

Carien Loubser, die reeks se vervaardiger en regisseur sê: “Daar is hoendervleis-oomblikke, daar is snaakse oomblikke en daar is diep oomblikke

image-.jpg
0

Die duo Coffee Snobs reik ‘n nuwe debuutalbum uit

Musiek vir connoisseurs. Dis die musiek wat die musikale musiekpaartjie Vernette en Marius Wessels – oftewel Coffee Snobs – op hul debuutalbum Aroma (met die pragtreffer Eie land) geskep het.

Nou kry musiekliefhebbers wat gehaltemusiek waardeer, hul tweede album: Lig. “Ek voel ons het ons ware identiteit gevind en dit op hierdie album vasgevang. Oor die algemeen het die album ’n meer akoestiese en organiese aanslag as die eerste album. Dit wat jy op die album hoor, is ook wat jy gaan hoor as jy ons sien optree:. Dis wie ons is,” sê Vernette.

Die album bestaan uit sewe Afrikaanse en twee Engelse liedjies; almal oorspronklike nuutskeppings. Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend in die lirieke voorkom. Vernette sê sy het net een oggend wakker geword en geweet dat die titel Lig moet wees!

“Oor die algemeen is dit ’n baie positiewe album wat ’n boodskap van hoop en ’n toekoms verkondig! Jake Odend

image-.jpg
0

Yzerfontein ACVV Basaar met Melo3 Musiek-Groep

Kom kuier en koop by ons basaar en ondersteun ons wonderlike diens aan ons ouer mensies op die dorp..

Datum:- 31 Maart 2018

Tyd:- 8:30 tot 13:00

Toegang:- Gratis

3 Vriende wat hulle passie vir musiek met ander wil deel.

Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio

image-.jpg
0

Gebore om wild te wees! SPAR Kirkwood Wildsfees 2018

Drie dae van Born to be Wild-ervarings vir die hele familie by die jaarlikse SPAR Kirkwood Wildsfees is die perfekte begin van die winter-skoolvakansie.

Datum:- 29 Junie – 1 Julie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag (Weekendpas = R350); R70 per kind per dag (Weekendpas = R150), R100 vir SASSA Pensioenarisse – kaartjies wat daagliks by die hek gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kirkwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit

Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.

Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!

Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!

Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”

“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 7 Mei 2018

Nadat Elandré einde verlede maand ‘n Ghoema-toekenning vir die beste Country-album van die jaar gewen het, neem hy die week die nommer 1 posisie in my sy treffer “Die lyn”. Dus skuif daar ‘n bietjie skommeling in ons Top 20 vir die week.

Ons het ook nuwe toetredes vir die week, dit is Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle liedjie “Desembers” en dan Jay met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”.

Mag al die moeders ‘n wonderlike Moedersdag geniet!! Loer hieronder vir ‘n spesiale liedjie net vir julle !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Elandré – “Die lyn”
2. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
4. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
5. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Li

image-.jpg
0

Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar

image-.jpg
0

Die duo DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit, is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, Eas

image-.jpg
0

The EMF Purchases Raleigh’s WSHA From Shaw University.

Christian broadcaster Education Media Foundation continues its recent buying spree with the purchase of WSHA Raleigh-Durham, NC (88.9) from Shaw University for an undisclosed price.

The sale of the station from Shaw, known as the oldest historically black college in the South, has been met with criticism from alumni, with one group saying their offer to buy the station was met with silence.

When news of the intended sale of the radio station surfaced last December, a petition was formed on change.org, which collected nearly 2,000 signatures, the News & Observer reported. A group called “Friends of Shaw” was formed and claims to have made an offer to purchase the station from the University.

“Once we learned of their intent to sell WSHA, a group of alumni actually offered to purchase the station,” 1995 graduate Kesha Monk told the paper. “However, our efforts were blatantly ignored.” Since graduation, Monk went on to a professional career in the r

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 1 Mei 2018

In vandeesweek se SAUK Radio Top-20 is daar 10 liedjies wat hul posisies verbeter het, 8 wat momentum begin verloor het en 2 liedjies wat hul plekke behou het.

Na die Ghoema-musiektoekennings het aanlynverkope van die wenners in verskeie kategorieë die hoogtes ingeskiet. Jo Black se “Skepe” was die mees afgelaaide liedjie in die Afrikaanse kategorie. Sy liedjie “Die vrou wat ek liefhet” bring na nommer 7. Ander Ghoema-wenners soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Appel en Anders, het ook Maandag onder die Top-20 afgelaaide Afrikaanse liedjies geëindig.

Brendan Peyper betree die Top-20 met sy nuwe liedjie “Klim jou Everest” op nommer 15, julle kan na die nommertjie luister volgende week !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Appel – “Boer loop deur my are

image-.jpg
0

Coenie de Villiers is terug – Pretoria

Coenie de Villiers is terug met `n nuwe album, en die vrystellingskonsert vind plaas by die Atterbury Teater.

Datum:- 14 en 15 Junie 2018

Tyd:- 20:00

Toegang:- R200 – R250


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjies kan bespreek word by SA Radio

0

Saldanha: Albert Frost Live at Blue Bay Lodge

Albert Frost is back at Blue Bay Lodge after a super successful show this year. Date of performance:- 10 FEBRUARY 2018 Time of the event:- From 19:00 until 23:00 Place were event will be held:- At Henry Wicht Ave Saldanha, Western Cape, South Africa
image-.jpg
0

Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanha

image-.jpg
0

Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria

“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.

Datum:- 13 Mei 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R180 – R200


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
image-.jpg
0

Due Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans

Bottomless Coffee moes vir die perfekte dag wag om die video vir hul eerste Afrikaanse liedjie Ek Sal Wag te skiet.

Een van die lede, Lourens Rabé verduidelik: “Ons het Ek Sal Wag begin konseptualiseer rondom die gevoel van winter. Die liedjie was geskryf tydens toer op ’n koue en grys dag in Londen, en ons wou hierdie selfde gevoel vasvang op die video. Ons moes daarom die weervoorspelling dophou siende dit steeds somer was toe ons die video moes skiet. Toe die nodige kouefront uiteindelik op pad was, moes ons alles opsy skuif en dinge vir die maak van die video blitsvinnig reël.”

Volgens Lourens was die weer op die dag self ook maar op en af. Na ’n tydperk van “jakkals trou met wolf se vrou” kon hul net gedeeltelik verfilm as dit bewolk was en moes elke keer stop sodra die son uitgekom het.

“Ons is toe so 18:00 na die Paarl-berg en teen daardie tyd het die wolke behoorlik ingerol. Dit het soos winter in sy volle glorie gevoel.