Musiek414 Videos



Hier is jou Top20 vir die week, met ‘n paar verassings !!
Last Push For Radio To Move To Online Public Files.
Die sanger Vernon Barnard deel sy siel in sy debuut-album
“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.
Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.
Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.
Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It Tha
Duet – Jannie Moolman en Kevin Leo – Pretoria
Jannie Moolman en Kevin Leo gaan op n sentimentele reis oor dekades en deel met die gehoor al die groot gunstelinge wat die hart raak.
Datum:- 15 April 2018
Tyd:- 16h15
Prys:- R190.00 – R170.00
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood ?? SA Radio
Makietie te Wellington Op ń Stasie fees
Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!
Datum:- 11 & 12 Mei 2018
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
‘n Kragtige ballade word uitgereik deur Almero
Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.
“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.
“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of w
Nuwe enkelsnit/musiekvideo uit van Chanell van den Bergh
Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.
Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.
Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.
Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wa
Ken jy en onthou jy vir Helenè Bester?
Helenè het in Springs groot geword en aan die Hoer Meisieskool Hugenote matrikuleer. Daarna het sy Bedryfskommunikasie gaan studeer aan die N.W.U. 1995-1998. Nog ‘n interessante feit is dat sy deel was van die Alabama Studentegeselskap (’96 en ’98). In 1997 was sy lid van die N.W.U.-koor o.l.v. Awie Van Wyk.
In 1999 het Helenè haar eerste professionele optrede gehad saam met Mathys Roets, tydens Aardklop. In 2002 is haar eerste platekontrak vir haar aangebied deur Select Musiek. Die gewilde album was getiteld WENS. In 2004 het sy haar volgende album vrygestel, HOU VAN JOU. In hierdie jaar is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer).
In 2005, 2006 en 2007 het sy die voorreg gehad om op te tree tydens HUISGENOOT SKOUSPEL. ‘n Groot hoogtepunt in haar loopbaan. In 2007 stel sy haar derde album vry, naamlik OORGEE. In 2009 sien GROOTSTE TREFFERS VAN HELENÈ BESTER d
Top 20 vir die week: 16 Julie 2018
Dirk van der Westhuizen is vir die vierde agtereenvolgende week in die nommer 1 posisie met sy treffer “Sexy vi my”. Brendan Peyper is af na die 4de posisie toe met sy treffer “Klim jou Everest” en Jay neem weer die 3de plek in met sy treffer “Lê ‘n bietjie langer”. Jan Blohm spring na die 3de posisie met sy treffer “Word wakker”.
Jo Black is terug met sy treffer “Die vrou wat ek liefhet”, en daai liedjie is in op nommer 13. Wynand Strydom was vinnig op die Top 20 met sy nuwe treffer “Gebed”. Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle treffer “Desembers” is uit die Top 20 vir die week.
Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of afwaarts gegaan op ons lys, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Jay – “Lê ‘n biet
Jy ken natuurlik vir Arno Carstens, hier is ‘n kort Bio oor hom
Arno Carstens (gebore 12 Maart 1972) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is ook die hoofsanger van die Springbok Nude Girls- en New Porn-musiekgroepe. Sy eerste Afrikaanse album, Die Aandblom 13, is in 2016 vrygestel.
Arno Carstens is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler wat tans in Kaapstad en Londen gebaseer is. Gedurende sy loopbaan as die hoofsanger van The Springbok Nude Girls, en daarna as ‘n solo-kunstenaar, het Carstens 7 studio-albums vrygestel en 18 toptien-treffers gehad. Hy het 5 SAMA-pryse ontvang en deel gereeld die verhoog met die legendes van die musiekwêreld.
Carstens het op die hoofverhoog by die Isle of Wight-Fees opgetree, verskyn by die Glastonbury-fees, V Festival, T in die Park en Hard Rock Oproep en opgetree as steunkunstenaar vir groepe soos The Rolling Stones, Paul Weller, The Police, Simple Minds, Ultravox en Meat Loaf op Europese toere.
Treffende musiekvideo uit van ADAM en Elizca
Met die uitreiking van ADAM se tweede enkelsnit, Kalmeer, het die manne ernstig geraak en ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika gebring.
“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan,” sê Hugo Ludik.
Die musiekvideo vir hierdie treffende lied, wat vervaardig is deur Fathom Media en finansieël ondersteun is deur Afriforum en Dapper Media, is pas uitgereik. Dit is geskiet by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Cullinan.
Klipwerf Orkes! – Vyftig goue jare vol hoogtepunte
Die Klipwerf Orkes is terug met ’n splinternuwe album, 50 Jaar se Hoogtepunte, en dié album, wat pas vrygestel is, het reeds goue status bereik.
Met hierdie album vier hulle die ongelooflike mylpaal van vyftig jaar in die Afrikaanse musiekbedryf deur hul grootste treffers op een album vas te vang.
Na 20 jaar het die Klipwerf Orkes hulle eerste album vrygestel en daarna aanhangers jaarliks met ’n nuwe album bederf. Met albumverkope van meer as 1,4 miljoen, is dié orkes een van die mees suksesvolle orkeste in Suid-Afrika.
Uit 29 albums het sewe albums platinumstatus bereik en 22 albums goue status. Onder die hoogtepunte van hul loopbaan is verskeie SAMA-benoemings en die erkenning wat hulle deur die ATKV, vir die bevordering van Afrikaanse musiek, ontvang het.
Gedurende hul 40ste bestaansjaar het hulle ook ’n toekenning van die Hantam Vleisfees ontvang vir gewaardeerde bydrae tot die sukses van die fees.
Vir die Klipwerf Or
Hoezit Versoek Program Met Pieter – Potgooi van Donderdag 11 Augustus
[WEN] ‘Altyd in my drome’ by die Brooklyn-teater
Top 20 vir die week: 26 Februarie 2018
Cape Town: Strongbow Private Affair
It’s 2018 and your favorite 90’s and 00’s party is back!!! We doing what we do best – bringing you the sweetest Hip Hop and R&B from years gone by and delivering a production that will blow your mind.
Date:- 31 March 2018
Time:- From 19:00 until Late
Price:- R200-R300 P.P.
We are throwing it back to the golden age of Hip Hop and R&B, taking it back to a time of house parties, walkman and cassettes. We are going back to a time when you watched videos not DVDs, when it was all about Naughty By Nature, Brandy, MJ and a Tribe Called Quest.
We are bringing you a party that is all about the music we grew up loving, the music that they just don’t seem to make any more. The music that made us, who we are.
– Expect a mind blowing stage setup with quirky and innovative visuals that will have you reminiscing like never before.
R
Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg
Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.
Datum:- 26 April 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- R150
Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio
Hugo Nieuwoudt het ’n nuwe ‘Toekomsbladsy’
Die sanger Hugo Nieuwoudt, het pas sy splinternuwe enkelsnit Toekomsbladsy vanaf sy nuwe album Net Soos Die Sneeu, vrygestel. Die snit beloof ook om ’n nuwe bladsy vir sy toekoms te wees…
Toekomsbladsy, ’n Afrikaanse popliedjie, is ’n tipiese liefdesliedjie wat die storie vertel van hoe die seer in enige verhouding uitgevee word, en ’n nuwe skoon bladsy wag omgevul te word. Dit gaan oor die hoop ná die seer.
Die bekende liedjieskrywer en musikant, Johan Brits het die enkelsnit geskryf. Johan is bekend vir verskeie treffers en sien baie uit na Hugo se sukses. Werner Beukes het die vervaardiging behartig en gesorg vir dié kwaliteit produksie. “Die liedjie gaan oor die persoon wat vra dat jy haar in jou vertroue sal neem, en al die seer van die verlede uitvee – om deur alles jou hand in hare te sit en saam die toekoms aanpak,” vertel Hugo.
Volgens Hugo wil hy nes sy vorige snit Ek Wil Lewe Vir Môre, ’n positiewe boodskap oordra
Coenie de Villiers is terug – Pretoria
Coenie de Villiers is terug met `n nuwe album, en die vrystellingskonsert vind plaas by die Atterbury Teater.
Datum:- 14 en 15 Junie 2018
Tyd:- 20:00
Toegang:- R200 – R250
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood
GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538
Kontak:- 012 942 5951
Kaartjies kan bespreek word by SA Radio
Navi Redd tree op te Atterbury Theatre – Pretoria
NO INSTRUMENTS, NO PROBLEM! Navi Redd is terug by Atterbury Teater! Ouer, gryser, wyser en beter as ooit tevore.
Bring jou ma, jou pa, jou man, jou vrou, jou skoonma, jou ouma , jou kinders, jou broer, jou vriende en vyande! Vermaak vir oud en jonk!
Datum:- 28 Junie 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood
GPS Koordinate:- -25.766156,28
Top 20 vir die week: 9 Julie 2018
Dirk van der Westhuizen is vir die derde agtereenvolgende week in die nommer 1 posisie met sy treffer “Sexy vi my”. Brendan Peyper spring na die 2de posisie toe met sy treffer “Klim jou Everest” en Elandré bly in die 3de plek vir die week met sy treffer “Honderd duisend maal”.
Die volgende sangers betree die Top20:- Appel vat die nommer 10 posisie met sy nuwe treffer “Jagter”, en Jo Black betree op nommer 16 met “Een klein klippie”, Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” ook ingekom op nommer 18, en Fatman kom in op die nommer 20 posisie met sy nuwe liedjie “Dorp”.
Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
3. Elandré – “Ho
Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’
Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.
Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!
Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M
Janita Claassen is ‘n legendariese sangeres, sy het ons gegroet, maar haar musiek sal voortleef
Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.
Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.
Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.
In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs
