Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad

Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.

Datum:- 19 April 2018

Tyd:- 18h45

Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00

“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare

image-.jpg
0

Die sanger Vernon Barnard deel sy siel in sy debuut-album

“Ek wil graag hê dat my musiek soveel as moontlik moet weerspieël van wie ek as mens is. Hoe meer geloof jy in die onderwerp het waaroor jy sing, hoe beter en meer eg is die vertolking daarvan.

Daarom het ek liedjies gekies waarmee ek myself kon vereenselwig en wat ’n opbouende boodskap vir die luisteraar kan bring,” verklap Vernon Barnard oor sy eerste album wat pas vrygestel is.

Deur Jou Oë is iets waarna Vernon-aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Bobby van Jaarsveld sy stoel vir hom gedraai het gedurende die blindeoudisies van die realiteitsprogram, The Voice SA. Die album bied ’n treffende kombinasie van pop- en alternatiewe musiek, in die sanger se kenmerkende styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Tien van die veertien snitte op die album is oorspronklike Afrikaanse werke, waarvan twee, Onthou en Steunpilaar, uit die ster se eie pen kom. Daar is ook ’n Engelse liedjie, I Like It Tha

image-.jpg
0

Die sangeres Chereé is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio oor haar

Chereé (gebore Cheree Desiree Large op 27 Mei 1979) is ‘n Afrikaanse country-sangeres. Haar debuutalbum, Chereé, is in 1999 uitgegee. Van haar treffers sluit in Mamma, Jy het my Hart Gesteel en Dertig Dae In Die Somer.

SA se COUNTRY GIRL Chereé is nou meer as ‘n dekade lank ‘n welbekende naam in die musiekbedryf.

Vandat sy 11 jaar oud was het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiekbedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!

Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree het, groei sy van krag tot krag! Hierdie talentvolle sangeres verskyn deesdae op verkskeie hoë profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

Haar grootste sukses, nietemin, beskryf sy as heelwat meer persoonlik

image-.jpg
0

Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra

image-.jpg
0

Die sangeres Rinel Day maar sing nou in ‘n groep, maar hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor haar

Rinel Day kom 16de in die Wereld met die World Peace Song Contest, met haar Liedjie Vuur met Vuur Veg ,waarin Celine Dion 2de geeindig het.

Rinel Day het reeds 22 nommer 1’s op Radio met haar debuut album “Rinel Day”

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2013 Toekenning in die kategorie – Beste Pop Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar debuut album getiteld “Rinel Day”

Rinel Day is in 2014 aangestel as die Beskermvrou vir Jakaranda Kinderhuis

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2015 Toekenning in die kategorie – Beste Kontemporere Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar album “Dit Staan in die Sterre”

Rinel Day is te sien in Leon Schuster se nuwe fliek SCHUKS…. PAY BACK THE MONEY (In teaters 28 Augustus 2015)

Rinel Day is tans gekies deur Carpe Diem uitgewers om deel te vorm van die nuwe VROUE WAT GLO 2016 dagboek

Rinel Day vorm ook deel van die nuut be

image-.jpg
0

Die sangers Karen Zoid en Johnny Clegg se spesiale oomblik

Karen Zoid en Johnny Clegg het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika sy ikoniese treffer, Great Heart, gesing.

Dit het na afloop van die episode binne oomblikke die gewildste liedjie op die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geraak.

Die komediant Schalk Bezuidenhout en skrywer Erns Grundling was Karen se ander besoekers in haar republiek.

Vir Karen was dit egter veral ’n roerende ervaring om met Johnny, Suid-Afrika se sogenaamde “wit Zoeloe” wat ’n stryd teen kanker voer, te gesels.

“Ek het al met meer as 200 ongelooflike mense onderhoude op Republiek van Zoid Afrika gevoer, waarvan elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier was, maar die tyd saam met Johnny Clegg was heilig en almal in die ateljee kon dit aanvoel,” sê Karen.

“Dit was deurdrenk met lewenswyshede, eerlikheid, respek en emosie. Hierdie is oomblikke met ’n ware legende wat ek vir ewig saam met my sal dra.”

Sedert die vyfde s

musiek – top 20 logo
0

Die Top 20 Afrikaanse Musiek en Kunstenare Lys

Die Top 20 Afrikaanse Musiek Snitte:- Die musiek groep Anders en Hemelbesem neem vandeesweek die eerste posisie in met “Die tyd is nou” 1. Anders ft Hemelbesem – “Die tyd is nou” 2. Leah – “Jou liefde” 3. Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde” 4. Riana Nel – “Jy sal weet” 5. Appel – […]
image-.jpg
0

Dis Familie Piekniek tyd saam met Pieter Koen net in Pretoria

Dit is `n goeie 21 jaar sedert Pieter sy eerste album vrygestel en sy toetrede formeel to die Suid Afrikaanse vermaakliksheidbedryf gemaak het. in April 2001 sluit hy as aanbieder van die destydse “Kuskafee” by kykNET aan en sederdien het hy `n laag lys benoemings, `n sak vol toekennings en `n totaal van 8 albums die lig laat sien.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 10:00 – 17:00

Toegang:- R120.00, R20.00: Kinders 2-12 jaar, Kinders onder 2: Gratis, R20.00: Parkering (SLEGS VIR VERKOOP OP DIE DORP OP DIE DAG)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in Pretoria Sentraal ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

image-.jpg
0

Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!

Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.

Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

radio – top 20 2
0

Dis TOP 20 tyd op SAUK Radio – Week 18 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20, en dit is niemand anderste as Emil Struwig met sy liedjie “Liefde wen altyd” Ongelukkig het ons slegte nuus vir die Karen Zoid aanhangers, sy skuif na die 2de plek toe die week om […]
image-.jpg
0

Dis tyd om so bietjie te skoffel saam met die Kitaarkêrels

Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.

Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.

De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”

Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!

Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met

image-.jpg
0

Dis tyd vir Jacaranda Day 2018: Die warmste kaartjie wat nóg gaan besit!

Is jy gereed om jou hande op die warmste kaartjie van die jaar te kry? Jacaranda Day is terug, en groter as ooit!

Jacaranda FM, bied weer vir jou ’n musikale skouspel met van ons land se gewildste kunstenaars .

Datum:- 2 Junie 2018

Tyd:- 10:00 tot 18:00

Toegang:- R165 volwassenes
R85 kinders onder 12 en vir pensionarise

Parkering:- R60

Jy kan van die volgende kunstenaars tesiene kry:- Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Martin Bester, Jo Black, Refentse, Brendan Peyper, MiCasa, The Parlotones en vele meer sal tydens die geleentheid optree.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘

image-.jpg
0

Dis uiteindelik hier:- ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’

Die gewilde sanggroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Bewe, is vanaf vandag landwyd en ook op digitale platforms beskikbaar. ’n Ekstra bederfie vir bewonderaars is ook hul musiekvideo vir die eerste enkelnit, Sê My (Bewe), wat pas vrygestel is. En dis iets wat jy wil sien.

Dié prettige tong-in-die-kies-video, wat deur Gerhard van Rooyen van GVR Productions vervaardig is, pas perfek by hierdie opgewekte poptreffer wat geïnspireer is deur stigterslid, Hugo Ludik, se eie mislukte pogings om ’n oulike meisie by ’n kroeg raak te loop. Dit is by Presleys in Pretoria verfilm en wys skreeusnaakse tonele van drie ouens, wat by drie ‘dames’ aanlê… maar daar is ’n catch, want die drie dames word ook deur die drie sangers gespeel! En sjoe, lyk hulle nie te ‘oulik’ nie…

Volgens Reynardt Hugo was dit baie pret om die video te skiet, maar ook nogal ’n groot uitdaging omdat hulle elkeen twee karakters moe

image-.jpg
0

Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria

“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.

Datum:- 13 Mei 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R180 – R200


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
image-.jpg
0

Due Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans

Bottomless Coffee moes vir die perfekte dag wag om die video vir hul eerste Afrikaanse liedjie Ek Sal Wag te skiet.

Een van die lede, Lourens Rabé verduidelik: “Ons het Ek Sal Wag begin konseptualiseer rondom die gevoel van winter. Die liedjie was geskryf tydens toer op ’n koue en grys dag in Londen, en ons wou hierdie selfde gevoel vasvang op die video. Ons moes daarom die weervoorspelling dophou siende dit steeds somer was toe ons die video moes skiet. Toe die nodige kouefront uiteindelik op pad was, moes ons alles opsy skuif en dinge vir die maak van die video blitsvinnig reël.”

Volgens Lourens was die weer op die dag self ook maar op en af. Na ’n tydperk van “jakkals trou met wolf se vrou” kon hul net gedeeltelik verfilm as dit bewolk was en moes elke keer stop sodra die son uitgekom het.

“Ons is toe so 18:00 na die Paarl-berg en teen daardie tyd het die wolke behoorlik ingerol. Dit het soos winter in sy volle glorie gevoel.

image-.jpg
0

Duet – Jannie Moolman en Kevin Leo – Pretoria

Jannie Moolman en Kevin Leo gaan op n sentimentele reis oor dekades en deel met die gehoor al die groot gunstelinge wat die hart raak.

Datum:- 15 April 2018

Tyd:- 16h15

Prys:- R190.00 – R170.00


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood ?? SA Radio
0

Durbanville : Blue Tuesday’s @ Die Boer

The LAST Tuesday of every month is Blue Tuesday!... a night dedicated to the true blue-blooded blues lover ...and the music is the kind of stuff you will find in the back-streets of Chicago and New Orleans. South Africa is blessed with an almost unbelievable crop of world-class blues musicians. Dates:- 20 & 27 February 2018 Time:- From 18:30 until Late
0

Durbanville: Blue Tuesday’s @ Die Boer

The LAST Tuesday of every month is Blue Tuesday!... a night dedicated to the true blue-blooded blues lover ...and the music is the kind of stuff you will find in the back-streets of Chicago and New Orleans. South Africa is blessed with an almost unbelievable crop of world-class blues musicians, despite the fact that, in this country it is still very much alive. Date:- 6 March 2018 Time:- From 18:30 until Late
image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Elandre Schwartz – Kleindorp Dromer – net in Sandbaai

Elandre se baritone-stem het `n eiesoortige rykheid en diepte, terwyl dit dikwels ook `n indrukwekkende hoe register verken en ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe geure saamsmelt. Kom luister na hierdie nuwe opwindende jong sanger!

Datum:- 9 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Prys:- R120.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R114.00, Studente: R100.00, Leerdes (6 – 18 jaar): R70.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my