Iets vir die kinders:- In die Land van Kammalielie – Pretoria
`n Reuse storm het die land van Kammalielie getref. Was dit dalk Bambino, die reus van Bitterbos, se allemintige nies wat als begin het? Feetjies en kabouters is wild en wakker weggewaai; een van hulle tot binne-in menseland!
Sal Klara die feetjie, weer haar pad terug Kammalielieland toe vind? Sal iemand in menseland haar kan help om by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom?
Datum:- 30 Juie 2018
Tyd:- 11:00
Toegang:- R80
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood
GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538
Kontak:- 012 942 5951
Kaartjie is beskikbaar by
Kom laat jou sintuie feesvier by die Proe’toria fees
Wat kry jy wanneer jy op ’n Saterdag die beste musiek, smaaklikste kos, lekkerste wyn en oulikste kindervermaak kombineer by een van die gewildste kuierplekke in Pretoria? ’n Onvergeetlike buitelug-feesdag, wat die sintuie sal bederf, en oud en jonk sal saamtrek vir die kuier van die jaar!
Datum:- 25 Augustus 2018
Tyd:- 12:00 – 23:00
Toegang:- Kinders Onder 12 Jaar – Gratis, Kinders 12 Jaar tot 18 Jaar – R80.00, Volwassenes R180.00
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Volgens Leon Pheiffer, stigter van die fees, is dit beslis nie ’n geleentheid om mis te loop nie. “Ons beplan om vir oud en jonk ’n onvergeetlike ervaring te skep. Dié fees gaan nie net aan feesgangers stalletjies met die beste kos, wyn en drankie
Ken jy vir Carlo Dean, hier is ‘n kort Bio van hom
Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.
In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H
‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem
Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.
Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.
Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev
Kom geniet ‘n aand saam met Touch of Class – Pretoria
Touch of Class is een van die gewildste sangpare met Platinum CDs en vele groot treffers. Ruhan du Toit se unieke stem saam met Deon van der Merwe se treffende kitaarklanke vind aanval by jonk en oud.
Datum:- 4 September 2018
Tyd:- 18:15
Toegang:- R200
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
Zita Pretorius se nuutste enkelsnit, “BEGIN WEER”
Dit Wat Saak Maak met Mariska Dalene – Onderhoud met Ivan van der Merwe
Jou Top 20 vir die week!
Dis daai tyd van die jaar kom ons kyk na die Top 40 liedjies vir 2017 hier by SAUKRadio
Yzerfontein ACVV Basaar met Melo3 Musiek-Groep
Kom kuier en koop by ons basaar en ondersteun ons wonderlike diens aan ons ouer mensies op die dorp..
Datum:- 31 Maart 2018
Tyd:- 8:30 tot 13:00
Toegang:- Gratis
3 Vriende wat hulle passie vir musiek met ander wil deel.
Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad
Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.
Datum:- 19 April 2018
Tyd:- 18h45
Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00
“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare
Die sang groep Tussen Sterre betower met aansteeklike lirieke
TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.
TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.
Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.
“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.
TussenSterre se eerste enkelsnit, Wonder Steeds, is beskikbaar op iTunes waarvan die musiekvideo in Julie 2016 vrygestel gaan word.
Loer hier na hulle musiekvideo:- Tussen Sterre – Wonder Steeds
Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag
Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.
Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.
Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”
Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In
Top 20 vir die week: 18 Junie 2018
Country Singer Dylon Austin by Geelbek
Sluit aan by Country Singer Dylon Austin by Geelbek in die Westcoast Nasionale Park.
Datum:- 7 & 8 Julie 2018
Tyd:- 08:00 to laat
Toegang:- Gratis, betaal per ete
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in of naby die Westcoast Nasionale Park?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Op die 7de sal daar braai-buffet wees. Op die 8ste sal daar kerriebuffet wees. Daar sal Boeremusiek wees en ook Afrikaanse musiek treffers word ook uitgevoer!
Adres:- Westcoast Nasionale Park, Geelbek Restaurant, Langebaan, Suid-
Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie
Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.
Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.
Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.
In die 1980’s het hy ‘n
Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word
Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.
Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.
Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]
Top 20 vir die week: 13 August 2018
In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers weer sobietjie wipplank gery en daar is nuwe toevoegings. Kom ons kyk gou wat gebeur het, 6 snitte wat die leer geklim het, 11 wat sobietjie teruggesak het, een wat onveranderd gebly het en 2 nuwe liedjies wat die week die Top 20 betree het.
Tarryn Lamb se liedjie “Mal oor jou” neem die week die nommer 1 posisie in. Dit is natuurlik te danke aan haar debuuralbum wat onlangs bekendgestel is.
Elandré met sy liedjie “Die lyn” en Almero met sy treffer “Monochromie” is hulle plekke op die Top 20 kwyt. Daar die nommer 19 posisie is nou Angel de Lange sin met haar treffer “Juwele” en Jennifer Zamudio is ons nommer 20 posisie met haar treffer “Altyd myne”.
Kom ons s
Pieter Rischmüller beter bekend as Piet Pompies, verras weer met nuwe album
Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.
Hy het nuwe horisonne ontdek, nuwe avonture beleef, die wêreld aan die brand gesing, en gehore vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.
Piet Pompies is nie net ’n sanger, liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ’n uitmuntende afslaer en seremoniemeester vir alle geleenthede, boonop ’n kranige golfer ook. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.
SAUK Radio Top 20 met Pieter van Zyl potgooi. Luister elke Dinsdang aand om 7nm
Opwindende nuus vir Karen Zoid-aanhangers
Cupid’s Arrow Takes Aim At Radio Airwaves.
Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!
Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.
Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.
Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.
Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj
Spoegwolf tree op te Atterbury Theatre – Pretoria
Spoegwolf sleep die laaste ses jaar soos `n kersfeesboom uit die woud. Hulle slaan dit op in die Atterbury Teater.
Datum:- 28 April 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R180 – R200
Hul stukkende bos liggies en skadu – as monument vir Suid-Afrikaanse kuns. `n Kuier van Musiek, Moed en Dinge wat Flikker vir 2018.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio



