Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!

Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.

Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.

Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.

Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dag

image-.jpg
0

Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.

Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.

Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980’s het hy ‘n

image-.jpg
0

Legendes van Afrikaanse Musiek: Hulde aan ’n goue oue: Gé Korsten

Gé Korsten-aanhangers sal verheug wees om te hoor dat Legendes van Afrikaanse Musiek afskop met die kollig op dié legendariese musiekswaargewig.

Hier is tien dinge wat jy dalk nie van Gé geweet het nie.

1) Hy is in Schiedam, Nederland, gebore.
2) Die eerste keer wat hy gesig gewys het op ’n verhoog was in die operette Lilac Time.
3) Hy is 1952 met Elna Burger getroud en daar is vyf kinders uit die huwelik gebore.
4) Gé se seun, Gérard Korsten, aardjie na sy vaartjie – dié is ’n internasionale violis en dirigent.
5) Wie sou kon raai dat Gé ’n opgeleide elektrisiën is.
6) Gé is die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat meer as ’n miljoen plate verkoop het.
7) Sy grootste treffer en óók sy deurbraak in ligte musiek het gekom met die fliek, Hoor my Lied.
8) Gé het sy filmdebuut in die rolprent Kruger Miljoene gemaak.
9) In 1969 het hy ’n Europese Midem-toekenning ontvang as een va

image-.jpg
0

Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

image-.jpg
0

Len Muller en sy vrou pen mooiste liefdeslied

“Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” is lirieke uit sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se nuutste enkelsnit, Sterrewals.

Hierdie hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat hy saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het nadat hulle getroud is en is beslis iets waarby oud en jonk gaan aanklank vind.

“Dit is ’n nostalgiese liefdesballade, wat geskryf is uit die oogpunt van ’n bejaarde man wat terug kyk op sy lewe. Drome word nie altyd waar nie, veral as jy nie doelbewus werk daarvoor nie en ek dink dié lied wil vir my en die mense wat daarna luister uitdaag om doelbewus te lewe en nie toe te laat dat tyd sommer net verbygaan nie,” verduidelik die blondekopster oor die betekenis agter sy nuutste treffer.

“Ek dink die snit het ook ’n mooi boodskap, omdat die p

image-.jpg
0

Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’

Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.

Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer

image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

Leoné Lauren (Lauren Copley) – Sien jou môre
1
02:55

Leoné Lauren (Lauren Copley) met Sien jou môre

>Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.
0

Lianie May vier ’n dekade met haar nuwe solo-album

Dit het alles begin ná ’n optrede van die groep Eden in Oranjeville. Lianie May het ’n oudisie afgelê in ’n kleedkamer. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut-album in 2007 uitgereik het. Nou is dié Jy soen my nie meer nie sangeres […]
0

Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplementeer mekaar op ’n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ’n hoendervleismooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit. “Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde.
image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
image-.jpg
0

Manie Bodenstein mag ons dalk verlaat het, maar sy musiek lewe nog

Oom Manie Bodenstein (15 Julie 1928 — 17 Oktober 2013) is ‘n bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler.

Hy het van vroeg af in musiek belanggestel en op 8-jarige ouderdom reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.

Diskografie
Van Manie se albums sluit in:

Deur Die Jare 1947 – 1996
Twintig Van Die Beste
Boeremusiek Treffers
Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek
Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek
Boeremusiek Vang Spoed
RSG se Gewildste
So Ry Die Boere (saam met Blackie Swart)

Luister hier onder na een van sy musiekstukke:- Manie Bodenstein – Oom Hans se gemmerdans

image-.jpg
0

Manie Jackson tree op by die Vrystaat Kunstefees 2018 – Bloemfontein

Die 2019 Bok Radio Bootvaart beloof om DIE GROOTSTE partytjie van die jaar te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur 22 Kunstenaars wat oor die 4 dae gaan optree. Alle vermaak op die Deck, in die Crystal Lounge en Disco is gratis.

Datum:- 9 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront

image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

image-.jpg
0

Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!

Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.

Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.

Nie almal gaan v

image-.jpg
0

Melindi Charle is very quiet these days, but here are a few things you need to know about her

Melindi Charle – South Africas Marilyn Monroe. Born in Durban, Melindi began her career in entertainment back at the tender age of 5. Singing and acting were her first calls to the world of entertainment.

After years singing and acting, acquiring numerous certificates in dance, theater and singing she got her big break with her debut E.P. “Ydelmens” back in 1999.

It was apparent from “Ydelmens” release that South Africa had a gem in Melindi. A sultry, sexy, versatile afrikaans pop, rock, folk, easy listening style singer with her blonde curls and superior voice that the limelight would call her soon.

In 2000 came “Fire In The Dark” and so the spark in the dark was lit and the star that is Melindi Charle began to shine

radio – online radio
0

Music Marketing in the Digital World

Our digital world has changed the ‘music’ landscape. Right now there is a lot more music available to audiences than ever before because of digital platforms such as streaming sites and digital audio consumption channels. This has opened up a whole new world of content sharing to even the ‘smallest’ of bands and musicians. It […]
image-.jpg
0

Musiek en vermaak vir die hele gesin:- Super Naweek!!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Datum:- 22 Junie – 24 Junie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag, R60 per kind onder 12 per dag (dit sluit toegang tot alle kinder aktiwiteite in)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Blythedale Event Bowl?? SA Radio

safeimage
0

Musiek Mandjie met DJ Uiltjie, Saterdae om 7nm op SAUK Radio

SAUK Radio bied aan Musiek Mandjie met DJ Uiltjie om 7nm op Saterdag. U mag dit nie misloop nie. Hou pen en papier byderhand – hy speel 10 – 12 liedjies waarin letters in woorde deel is van ‘n leidraad en jy moet ‘n sekere letter van die woord vat om aan die einde ‘n […]