Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!
Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.
Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018
Tyd:- 08:00 tot laat
Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek
Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het
Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.
Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.
Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv
‘N kort Bio oor Willem Botha, hy is jonk met baie talent
Willem Botha is ‘n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys.
In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.
In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.[2]
Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.
Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Willem Botha & Andriette Norman – “Hoe Meer Ons Dit Doen”
Plaaslike sanger Roan Ash gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music
Apple Music, wat steeds nuwe talent op die Afrika-kontinent ontdek en ontwikkel, het die Suid-Afrikaanse sanger, Roan Ash gekies om deel te wees van Country Wide, ’n wêreldwye Country Musiek-veldtog wat op 27 Julie afgeskop het.
Die wêreldwye inisiatief sluit The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath (Ierland), Tenille Townes (Kanada) en Australië se Missy Lancaster in.
Ash, wat in Pretoria gebore is, het bekendheid verwerf as deelnemer in die eerste seisoen van The Voice, Suid Afrika.

Sy album Whiskey To My Soul is vroeër vanjaar bekend gestel. Dit volg op sy 2015-debuutalbum The Traveller. Hierdie sanger en liedjieskrywer het vele aanhangers gewen toe hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van Dancing with the Stars ’n pragtige
Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel
Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.
Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.
Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende
Leonard Griebenow en BonFire met hul nuutste snit Wasgoedlyn
SAUK Radio Hoezit Musiek Program met Pieter van Zyl: Potgooi van Donderdag 25 Augustus
[Video] ‘Kaleidoskoop’ vier die lente
Report: Apple Music U.S. Subscriptions To Outpace Spotify.
Juan Boucher breik Goue status
Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal.
En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier. Loer hier onder na die musiekvideo.
Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.
Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.
Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.
Die manne van EON het ‘spunk’
In 2017 het Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON gestig, en bereik reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet, wat tans op verskeie radiostasies en hoog op die rotasielyste is.
Die musiekvideo daarvan is ook nou op YouTube bereik verrassende kykersgetalle. Verskeie Afrikaanse TV-kanale beelsend ook gereeld die musiekvideo.
Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.
Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers het hy konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is
Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!
Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.
Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.
Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.
Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dag
Nuwe snit uit deur Wikus Botma wat gaan oor die kunstenaar se lewe
Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.
Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.
Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so
Andries en Wiaan, oftewel DZL, se passie in musiekvideo vasgevang
Die manne van DZL verras weer eens met ’n splinternuwe musiekvideo waartydens hulle subtiel die kykers se aandag vestig op dit wat hulle na aan die hart lê: natuurbewaring.
“Dit is maar wat deur ons bloed druis en ek dink deur die jare het die publiek gesien natuurbewaring is regtig ’n passie vir ons. Ons word geken vir ons werk binne renosterkringe, maar hierdie keer het ons besluit om die aandag op ’n ander interessante spesie te vestig,” vertel Wiaan Fourie.
Die musiekvideo bevat dele waar die DZL-manne in die Limpopo-provinsie ’n span van die Endangered Wildlife Trust bygestaan het om ’n groep wilde honde na Kwa-Zulu Natal te skuif vir ’n nuwe teelprogram.
Wilde honde is ’n uiters bedreigde spesie en daar is net 6600 in Afrika oor. In lande soos Mosambiek en Angola het die wilde hond populasie uitgesterf as gevolg van die burger oorloë wat in daardie lande plaasgevind het.
“Ons weet almal dat spesies soos renost
Gehoor van Anton Botha, nog nie of dalk het jy, hier is ‘n bietjie meer inligting oor hom
Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan die hart lê.
Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks
Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en is nou ook beskikbaar vir digitale “download” op ITunes.
Nuutste Album/ Produksie: Born to
Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’
Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.
Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.
“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.
Vir die afgelope vier jaar het hy
‘N optreede van die Stellenbosch Universiteitskoor te Hermanus
Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van Suid-Afrika se mees gerekende Jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Hulle het die laaste 82 jaar hulle merk gemaak en het oor die wereld die laaste paar jaar as Wenners by internasionale koorkompetisies uitgetree.
Datum:- 12 Augustus 2018
Tyd:- 14:30
Prys:- R130.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R123.50
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Hermanus ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem
Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.
Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.
Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev
Kom geniet ‘n aand saam met Touch of Class – Pretoria
Touch of Class is een van die gewildste sangpare met Platinum CDs en vele groot treffers. Ruhan du Toit se unieke stem saam met Deon van der Merwe se treffende kitaarklanke vind aanval by jonk en oud.
Datum:- 4 September 2018
Tyd:- 18:15
Toegang:- R200
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
Zita Pretorius se nuutste enkelsnit, “BEGIN WEER”
SAUK Radio Top 20 Afrikaanse Treffers
SAUKRADIO kry nou oor 1,100 luisteraars elke dag! Adverteer nou vir slegs R150 per maand.
Durbanville: Blue Tuesday’s @ Die Boer
‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul
Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.
Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.
Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.
Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.
Volge




