Dis uiteindelik hier:- ADAM se nuwe album en video laat ‘bewe’
Die gewilde sanggroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Bewe, is vanaf vandag landwyd en ook op digitale platforms beskikbaar. ’n Ekstra bederfie vir bewonderaars is ook hul musiekvideo vir die eerste enkelnit, Sê My (Bewe), wat pas vrygestel is. En dis iets wat jy wil sien.
Dié prettige tong-in-die-kies-video, wat deur Gerhard van Rooyen van GVR Productions vervaardig is, pas perfek by hierdie opgewekte poptreffer wat geïnspireer is deur stigterslid, Hugo Ludik, se eie mislukte pogings om ’n oulike meisie by ’n kroeg raak te loop. Dit is by Presleys in Pretoria verfilm en wys skreeusnaakse tonele van drie ouens, wat by drie ‘dames’ aanlê… maar daar is ’n catch, want die drie dames word ook deur die drie sangers gespeel! En sjoe, lyk hulle nie te ‘oulik’ nie…
Volgens Reynardt Hugo was dit baie pret om die video te skiet, maar ook nogal ’n groot uitdaging omdat hulle elkeen twee karakters moe



