Boer345 Videos

image-.jpg
0

Talentvolle Ruby Rouge se eerste snit plaas haar talent in perspektief

Ruby Rouge is een van daardie kunstenaars wat jou beïndruk wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hartroerende opregtheid en meesleurende melodie in haar stem wat jou aangryp en by jou bly lank nadat sy klaar gesing het.

Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die eerste enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album so onvergeetlik maak.

Gaining Perspective is ’n ineteressante popmusiek- en klavierverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie ballade, uit haar eie pen, gaan oor selfaanvaarding en is ’n tema waarby almal sal aanklank vind. “Die liedjie gaan daaroor om jouself te aanvaar ten spyte van wat ander mense se opinies is,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar eerste vrystelling.

“Ek het altyd baie ongemaklik gevoel in my eie vel tot op die dag wat ek genoeg gehad het en ’n liedjie geskryf het daaroor om net jouself te wees en sterk te staan wanneer diegene rondom jou n

image-.jpg
0

Omroeper en sanger, Martin Bester reik nuwe musiekvideo uit

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie. Van ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ’n volwaardige musikant in murg en been.

Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek Het Geweet, is pas vrygestel en is ’n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

Ek Het Geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing.

“Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is.

Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ’n baie groot drone gebruik om als vas te vang – mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar d

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
image-.jpg
0

Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge

Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:

“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”

15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa

image-.jpg
0

Sanger Jacobus Silwer komponeer musiek vir grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek

Judas Iskariot – Die Passiespel, deur die vervaardigers van, Pilatus – ’n kruis in die pad, gaan vanaf 1 April in die Sand du Plessis Teater op die planke wees.

Die teks is deur Gertjan Holtzhausen geskryf, en Jacobus Silwer het splinternuwe musiek en lirieke vir hierdie musiekblyspel gekomponeer. Die temalied, Wegkruipplek, wat ook op Jacobus se gospelalbum gaan verskyn, word eersdaags bekend gestel. Die regie word deur Dr. Niel van Niekerk en Michelle Hetzel behartig, terwyl Jaco Bezuidenhout die musiekregisseur is.

’n Jeug orkes van 50 instrumente, dirigeer deur Heinrich Lategan, sal Judas Iskariot begelei. Dis heeltemal uniek, en word beskou as een van die grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek in Suid-Afrika.

Sowat 70 akteurs, sangers, dansers en ekstras gaan almal op één verhoog te sien wees. Die hoofrolle word deur professionele akteurs vertolk, en die kleiner rolle word deur mense uit die gemeenskap gevul.

image-.jpg
0

Potjie en Mampoerfees – Vanderbijlpark

‘N Dag en nag om alles te vier wat pret is en smaaklik goed is – in Afrikaans – insluitend Lianie May. Baie goed geprysde land kos en drankies van stalletjies aan die oewer van die Vaalrivier.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 11:00

Toegang:- R60.00, Kinders onder 6 word gratis toegelaat, AFSLAG – Kinders 6 tot 12 jaar: R20.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Vanderbijlpark?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
image-.jpg
0

Gehoor van die Gevoel van Veiligheid, hulle het ‘n nuwe album uit

Die groep Gevoel van Veiligheid, het die afgelope twee tot drie jaar tyd in Ruan Graaff se ateljee spandeer om hul nuwe album Man in die maan, te voltooi.

Die titelsnit van die album is ook hul splinternuwe enkelsnit, wat 20 Julie aan die publiek bekendgestel word. Volgens ’n mediaverklaring reik die groep juis die enkelsnit op 20 Julie uit omdat dit ook die dag is waarop Neil Armstrong vir die eerste keer op die maan was.

“Man in die maan vat jou terug na jou kinderdae, toe ons nog in die eenvoudige dinge in die lewe kon glo,” vertel Deon Roos, een van die groeplede.

Gevoel van Veiligheid is in 2011 gestig as ’n akostiese duo. Aan die einde van 2011 is hul eerste enkelsnit Skaterlag uitgereik op die destydse MK-kanaal. Sedert die uitreiking het hulle ’n verhoog met talle Suid Afrikaanse musikante gedeel, nog sewe enkelsnitte uitgereik, ’n paar keer op die kleinkassie verskyn en ’n breuk gevat om hul album te voltooi.

Oor di

image-.jpg
0

Coenie de Villiers en Mauritz Lotz tree op in Sandbaai

Kom luister na Coenie de Villiers en Mauritz Lotz vir die nuutste versameling van Coenie se musiek. Die liedere is stil en suiwer en hy word vergesel met Mauritz Lotz wat sy eie towerkrag daar byvoeg.

Datum:- 8 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Prys:- R150.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R142.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!



Adres

image-.jpg
0

Joe Forster tree op te Rockwood Theatre – Nuwe album vrystelling

Drie jaar nadat sanger-liedjieskrywer Joe Foster die suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat sowaar die volgende stap met hierdié nuwe album. Die album is baie lewendig, eerlik, kragtig, oorspronklik en sy nuwe klank is skaars vergelykbaar met sy solo-debuut vrystelling.

Datum:- 29 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- Gewone kaartjieprys R90.00. Boek ‘n tafel van 10 vir R750- slegs telefoniese besprekings. Kinders onder 12 GRATIS.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moreleta Park, Pretoria?? SA Radio
Battle of Majuba
0
09:21

Battle of Majuba

The Battle of Majuba Hill (near Volksrust, South Africa) on 27 February 1881 was the main and decisive battle of the First Boer War. It was a resounding victory for the Boers. Major-General Sir George Pomeroy Colley occupied the summit of the hill on the night of 26–27 February 1881. His motive for occupying the […]
image-.jpg
0

Juan Boucher breik Goue status

Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal.

En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier. Loer hier onder na die musiekvideo.

Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.

Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.

Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.

image-.jpg
0

Rocco De Villiers, Liewe Hemel Liewe Aarde – Pretoria

Gewilde pianis Rocco de Villiers bring nie net n versameling van die mooiste musiek ter wereld nie, maar ook n nuwe `best of` vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 6 albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, MORE BEAUTIFUL PIANO, STUNNING, COUNTRYKEYS en BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 1 & 2. Elke snit deur die gehoor gekies.

Datum:- 4 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Prys:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
image-.jpg
0

Ghoema Nuus:- ‘n gekroonde groep se nuwe musiekvideo laat die voete jeuk

“Vlugvoetig se musiekvideo is een groot Kaleidoskopiese partytjie van kleur, ritme en genotvolle danspassies – in ’n egte Swing-dansstyl uit die vyftigs! Die liefdesverhaal wat afspeel, is een van hoop vir die sogenaamde bleeksiele wat duidelik met hulle unieke danspassies óók ’n meisie se hart kan verower!

As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het.

Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep/Duo.

Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Joub

image-.jpg
0

Die gewilde Piekniek & Musiek-konserte keer terug – Kaap

Robbie Wessels en sy band sal al sy gewildste treffers met die gehoor deel, insluitende Leeuloop, Mphe Di Hoenor en Halley se Komeet. Robbie is ook welbekend vir sy verskeie rolprente, insluitende die lokettreffer Poena is Koning.

Bobby van Jaarsveld is een van Suid-Afrika se mees gewildste TV en musiek sterre. Hy het al verskeie toekennings as musikant ontvang met treffers soos Spieëltjie en My Alles. Hy is ook bekend vir sy TV rolle, insluitende The Voice SA, In Jou Skoene en is tans in die kykNET-komedie Mense Mense te sien.

Datum:- 4 November 2018

Tyd:- Hekke open om 14:00, die konsert begin om 14:45 en eindig om 18:30.

Toegang:- R175, kinders 12 en jonger is slegs R85


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly naby Zevenwacht??

image-.jpg
0

Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle

image-.jpg
0

Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Datum:- 8 – 14 Julie 2018

Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie

Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 23 Julie 2018

Vandeesweek op ons Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 6 snitte wat die week gestyg het en 11 wat afwaarts gesak het. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Snotkop het ook die week sy verskyning gemaak op ons Top 20 met sy stoute liedjie “Souserig”, daardie liedjie is in op nommer 19. Ek moet sê, sy nuuste album Sous vaar tans baie goed by die musiekkettingwinkels en oortref die aanlyn verkope. Loer gerus hier onder na die musiekvideo.

Die deo Bok van Blerk & Robbie Wessels met hulle treffer “Die sluise van die hemel” is hulle plek kwyt op ons Top 20 hierdie week.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jan Blohm – “Word wakker”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
4. Appel – “Jagter”
5. Tarry

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 6 August 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so bietjie wipplank gery. Die eerste 3 plekke bly dieselfde. Daar was 8 snitte wat die week gestyg het en 6 wat afwaarts gesak het en 5 wat onveranderd gebly het en 1 nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Die man met die sterk stem, Jo Black, bly vandeesweek nogsteeds in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie” en ongelukkig is Karen Zoid van ons Top 20 lysie af met haar treffer “Hoe ek voel”.

Tarryn Lamb wat onlangs haar nuwe album vrygestel het was ook onder die Top 10 Afrikaanse albums wat die afgelope week in kettingswinkels opslae gemaak het. Haar treffers “Mal oor jou” en haar ander treffer wat op ons lys bygevoeg is “Vier woorde” is hier.

image-.jpg
0

It’s Brandewyn en Boerewors Fees in Cape Town, you can’t miss out on this one!

If you missed the 2017 event, not to worry, after the success of the first B&B Fest, we have decided to have this year`s festival over the course of two days.

Date:- 22 & 23 September 2018

Time:- 12:00 – 22:00

Price:- R180.00 includes 5 tasting coupons, No under 18s – Saturday Only, Children under 12: Free for Sunday ONLY, Children (12 to 17 years): R80.00 applicable to Sunday ONLY, Children under 12 admitted free for Sunday ONLY.


Looking for a cozy place to stay nearby in Durbanville?? Click Here !!

Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle? visit SKY.co.za now!

This festival will only be getting better with more Brandy stalls, Mo

2 mas karveel
0

Geskiedenis: Bartolomeu Dias – Die stormheld van Goeie Hoop

Bartolomeu Dias – Die stormheld van Goeie Hoop Bartolomeu Dias en sy manne was, volgens die heersende beskouing, die eerste Westerlinge wat in Suid-Afrika voet aan wal gesit het. Maar in sy lewe was Dias ’n onbesonge mens. Hy is trouens so gering geag dat daar in oorblywende dokumente uit sy tyd omtrent niks van […]
image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge