Afrikaanse musiek946 Videos

Words
0
03:50

Words

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Words · Fredi Nest Kom Kry Vir Jou ℗ 2007 SME Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Barry Gibb Composer, Lyricist: Robin Gibb Composer, Lyricist: Maurice Gibb Auto-generated by YouTube.
Maggie
0
03:38

Maggie

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Maggie · Lance James · Fredi Nest Country in Duet ℗ 2011 SME Africa (Pty) Ltd Associated Performer: Lance James & Fredi Nest Arranger, Lyricist: Dennis East Auto-generated by YouTube.
Leoné Lauren (Lauren Copley) – Sien jou môre
1
02:55

Leoné Lauren (Lauren Copley) met Sien jou môre

>Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.
SAUK TV: Orkney Snork nie – seisoen  3 Episode 8 – Ek gaan See Toe
0
04:17

Die Ventertjies – Country Medley (I Recall A Gypsy Woman | Amanda | Some Broken Hearts Never Mend)

#country #instrumental #dieventertjies Digital Download: https://itunes.apple.com/za/album/vanaand-dans-ons-weer/1398292003 ALBUM: Vanaand Dans Ons Weer MAROELA MUSIEK: Facebook: www.facebook.com/maroelam Twitter: @maroelam DIE VENTERTJIES: Facebook: www.facebook.com/dieventertjies VIDEO: Christian Wolf Visuals 1. I Recall A Gypsy Woman (Allen Reynolds | Bob Mc Dill | Robert Lee Mc Dill) © Universal Music Publishing 2. Amanda (Bob Mcdill) © Universal Music Publishing 3. […]
Boet Pretorius Sangers – a. Die ou Kalahari b. Die heidelied
0
03:17

Boet Pretorius Sangers – a. Die ou Kalahari b. Die heidelied

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Billy Vaughn – Maanskyn en rose (Moonlight and roses)
0
02:22

Billy Vaughn – Maanskyn en rose (Moonlight and roses)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Caroline Grace – Breek (Audio)
0
04:12

Caroline Grace – Breek (Audio)

Music video by Caroline Grace performing Breek (Audio). © 2021 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/t2wRWZ
Sewus van Rooyen – Hoogland se baandans
0
02:06

Sewus van Rooyen – Hoogland se baandans

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Caroline Grace – Kortbroek
0
03:07

Caroline Grace – Kortbroek

Music video by Caroline Grace performing Kortbroek.© 2023 Universal Music (Pty) Ltd South Africa
Lance James – Een aand in Desember
0
02:03

Lance James – Een aand in Desember

Lance James Liebenberg is op 18 Julie 1938 in Germiston gebore. Hy het reeds op die ouderdom van 9 sy eerste talentkompetisie in Margate gewen. Nadat hy sy skoolopleiding aan Parktown Boys High voltooi het, het hy in 1954 as aanbiedings-assistent by die SAUK begin werk. Vanaf 1959 tot 1961 het hy in Londen, Engeland, […]
Leslie Greeff – Onthou jy nog?
0
02:40

Leslie Greeff – Onthou jy nog?

Leslie Eugene Greeff is op 14 April 1921 op Bethanie in Namibië gebore, waar sy pa in diens van die S.A. Polisie was. In later jare het die gesin eers na Uitenhage verhuis waar Leslie sy laerskooldae aan Muir Kollege voltooi het, en toe na Wellington waar hy matriek aan die Hoër Jongenskool in die […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:59

Francois Hayes – Ridders van die wapad

Francois Hayes is op 14 Maart 1948 in Oos-Londen gebore as een van ‘n tweeling. Hy het reeds as ‘n jong seun begin sing, en nadat hy aan die Hoërskool Grens matriek geskryf het, het hy hom as onderwyser bekwaam aan die onderwyskollege op Graaff-Reinet. Terwyl hy op kollege was, het hy sy eerste orkes […]
Die Mellotones – Tennessee wals
0
02:15

Die Mellotones – Tennessee wals

Die Mellotones (aanvanklik bekend as die Drie Mellotones) het bestaan uit Leonard “Len” Bobrow, Esky Jawitz en Al Mazin. Hulle het mekaar een aand op ‘n partytjie ontmoet, ‘n paar liedjies saam gesing en net daar besluit om ‘n sang trio te vorm. Hulle het in talle verskeidenheidskonserte opgetree, o.a. “Verskeidenheid Onder Die Sterre”, wat […]
Groep Twee – Totsiens my blondenooi
0
02:17

Groep Twee – Totsiens my blondenooi

Gert van Tonder is op 29 Junie 1941 op Bergplaas, ‘n bosboustasie tussen George en Knysna, gebore en het na skool by die SAUK in Durban begin werk in die byklanke-afdeling. Sias Reinecke is op 23 April 1940 in Johannesburg gebore, het sy skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Rosettenville en aan Hoërskool Fakkel in Johannesburg, waarna […]
Dennis van Rooyen – a. Die donkie b. Daar’s ‘n wind wat waai c. Hasie
0
02:37

Dennis van Rooyen – a. Die donkie b. Daar’s ‘n wind wat waai c. Hasie

Dennis van Rooyen is op 17 Junie 1920 in Pietermaritzburg gebore en het op die ouderdom van ses jaar klavierlesse begin neem. Hy het ook geleer om die orrel te bespeel en was op dertienjarige leeftyd reeds ‘n kerkorrelis. In 1939 was hy die eerste kunstenaar om in Pietermaritzburg die Hammond-orrel by huweliksonthale en ander […]
Marié du Toit – Waar ek staan
0
02:54

Marié du Toit – Waar ek staan

Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Danie Pretorius – Wintertyd is biltongtyd
0
02:34

Danie Pretorius – Wintertyd is biltongtyd

Daniel Johannes Pretorius is in 1915 op Vryburg gebore, en het as tiener reeds die viool en banjo bemeester. Na skool het hy by die polisie aangesluit, maar het later in Johannesburg op die goudmyne gaan werk. In die vroeë veertigerjare het hy teruggekeer na Vryburg om sy pa se steenmakery oor te neem, en […]
Kobus & Hannelie – Kamma, kamma
0
03:19

Kobus & Hannelie – Kamma, kamma

Jacobus de Witt is op 10 Oktober 1945 in Pretoria gebore en het skool gegaan aan Laerskool Menlopark en aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hierna het hy by die Universiteit van Pretoria ingeskryf om homself te kwalifiseer as ‘n geneesheer, en was hy ook een van die stigterslede van die Universiteitskoor. In 1968 […]
Sias Reinecke – Die seewind bring heimweë
0
04:02

Sias Reinecke – Die seewind bring heimweë

Sias Reinecke is op 23 April 1940 in Johannesburg gebore en het op 5 reeds in skoolkonserte begin sing, en op 6 het hy die kitaar en mondfluitjie bemeester. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Rosettenville en aan Hoërskool Fakkel in Johannesburg, waarna hy vir twee jaar lank by die Spoorweë gewerk het. In […]
Roy Memphis – Maar in Amerika
0
02:53

Roy Memphis – Maar in Amerika

Roy Memphis is op 2 Oktober 1948 in Bethlehem in die Vrystaat gebore as Nico van den Berg. Hy het reeds op 6-jarige ouderdom die kitaar bemeester, en het in later jare ook sanglesse geneem. Hy het skool gegaan aan Egerton Primêre en Sekondêre skole in Ladysmith in KwaZulu-Natal, en het op skool reeds verskeie […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Stoppie
0
02:34

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Stoppie

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Vicki du Preez – Vanaand
0
01:55

Vicki du Preez – Vanaand

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.