Afrikaanse musiek946 Videos

Leoné Lauren (Lauren Copley) – Mnr Cupido
2
02:19

Leoné Lauren (Lauren Copley) – Mnr Cupido

Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook […]
Die Ventertjies – Waslap Vastrap
0
02:32

Die Ventertjies – Waslap Vastrap

Digital Download: https://itunes.apple.com/za/album/van… ALBUM: Vanaand Dans Ons Weer MAROELA MUSIEK: Facebook: www.facebook.com/maroelam Twitter: @maroelam DIE VENTERTJIES: Facebook: www.facebook.com/dieventertjies VIDEO: Christian Wolf Visuals © 2018 Maroela Musiek & Bestuur
Billy Vaughn – Silwer hare tussen goud (Silver threads amongst the gold)
0
02:17

Billy Vaughn – Silwer hare tussen goud (Silver threads amongst the gold)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Sewus van Rooyen – Die presidentswals
0
01:52

Sewus van Rooyen – Die presidentswals

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Michael de Kock & Sy Orkes – Jan trek uit jou baadjie
0
02:14

Michael de Kock & Sy Orkes – Jan trek uit jou baadjie

Michael de Kock is ‘n skuilnaam vir Con Lamprecht. Johan Conrad Lamprecht is in 1907 in Johannesburg gebore, maar het vanaf die ouderdom van 6 vir vier jaar in Nederland gewoon met sy ouers en het ook daar begin skool gaan. Met hulle terugkeer na Suid-Afrika het die gesin hulle op Colesberg gevestig waar sy […]
Jurie Ferreira – Stil soos die nag
0
03:30

Jurie Ferreira – Stil soos die nag

Johannes Jurgens Ferreira is op 3 Maart 1921 in Ventersdorp in die Noordwes Provinsie gebore. As kind het hy en sy tweelingbroer, Ben, gereeld saam met hulle pa, Jurie Ferreira Sr, gesing terwyl hy hulle op die kitaar begelei het. In 1936, as 15-jarige, het Jurie se pa hom Johannesburg toe geneem vir sy eerste […]
Les Uys – Die ringetjie
0
02:47

Les Uys – Die ringetjie

Leslie Reuben Jack Matthews is op 2 Augustus 1931 in Boksburg gebore en het reeds vanaf die ouderdom van 7 as sopraan in die St. Georges Katedraal-koor in Parktown begin sing, hoewel hy sy loopbaan as ‘n ligte bariton voortgesit het nadat sy stem gebreek het. Hy het matriek geskryf aan Kimberley Seuns Hoër, waarna […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:58

Francois Hayes – Osbraai op Kromdraai

Francois Hayes is op 14 Maart 1948 in Oos-Londen gebore as een van ‘n tweeling. Hy het reeds as ‘n jong seun begin sing, en nadat hy aan die Hoërskool Grens matriek geskryf het, het hy hom as onderwyser bekwaam aan die onderwyskollege op Graaff-Reinet. Terwyl hy op kollege was, het hy sy eerste orkes […]
Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Die heidelied
0
02:39

Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Die heidelied

James Richard William Rayson is op 13 Desember 1923 in Wynberg, Kaapstad gebore waar sy pa werksaam was by die destydse Spoorweë & Hawens. Die familie het later verhuis na Mosselbaai waar Jimmy in skoolkonserte en tydens byeenkomste van die debatsvereniging gesing het. Na matriek het hy aangesluit by die Weermag en het tydens die […]
Chris du Toit – Westewindjie
0
02:29

Chris du Toit – Westewindjie

Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Francois van Heiningen – Die banneling
0
02:23

Francois van Heiningen – Die banneling

Francois van Heyningen is op 23 Mei 1935 op Theunissen in die Vrystaat gebore, en het sy skoolloopbaan op Bultfontein voltooi. Hy het reeds op skool sanglesse begin neem, en het na skool verdere lesse by prof PJ Lemmer in Bloemfontein, asook by Gregoria Fiasconaro in Kaapstad gekry. Nadat hy vir ‘n versekerings- asook vir […]
Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Drakensberge
0
04:09

Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Drakensberge

Hans Olaf Waldemar Rudiger Felix Januarius Andresen is op 14 Januarie 1902 in Berlyn, Duitsland, gebore en het reeds op skool viool begin speel en sy eerste uitvoering gelewer toe hy 14 jaar oud was. Na skool het hy besluit om die wêreld te verken deur op ‘n swerftog te gaan, en het homself in […]
Janita Claassen – Rolbos
0
03:37

Janita Claassen – Rolbos

Janita Claassen is op 30 April 1947 op Warrenton in die Noord-Kaap gebore as Janita Sarie Redelinghuys. Haar pa het in die Vaalharts-distrik geboer en sy het skool gegaan aan die Laerskool Tadcaster op Vaalharts. Haar gesin was baie lief vir musiek en het selfs hulle eie orkes gehad met haar pa wat kitaar gespeel […]
Die Kavalier – Zambezi
0
02:02

Die Kavalier – Zambezi

Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Die Rustenburg Express
0
03:01

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Die Rustenburg Express

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Kaaptoe
0
01:46

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Kaaptoe

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Vicki du Preez – Net ‘n droom
0
03:09

Vicki du Preez – Net ‘n droom

South African artist, born Vicki Groenewald on 2 August 1946 in Westdene, Johannesburg. She was educated at Jubileum Primary School in Mayfair West and at D.F. Malan High School in Crosby. Her father had a jazz band in the 1940s and 1950s, which motivated her to start singing at the age of 3. At school she regularly appeared in concerts and operettas. In 1972 she started singing with various bands, until she met Bez Martin and an audition at the SABC followed, resulting in this transcription record with Theo Erasmus and his Orchestra. In 1976 she was offered a recording contract, and several 7” singles followed, including “Totsiens Aufwiedersehen” which reached #12 on the South African Top 20 in 1977, charting for 7 weeks. She also appeared in various television shows, including Ateljee 4, Treffers, Sing Country, Spies en Plessié and Skemertyd, and regularly performed with her band Vision. This song is off the SABC Transcription Record “Nou Soek My Hart Die Sonskyn”, with Theo Erasmus and His Orchestra, released in 1975.
Intro to Sarel Fourie
0
07:07

Intro to Sarel Fourie

Meet Sarel Fourie, from Fanie Fourie's Lebola (2013). Sarel's Dinky album is available on iTunes and www.chrischameleon.com.